WhatsApp-gebruikers gewaarsku teen ‘gevaarlike’ slenter

Twee voorbeelde van die slenter (Foto: Verskaf)

Die internasionale lugredery Emirates Airlines het Donderdag bevestig ʼn boodskap wat op WhatsApp en sosiale media versprei word en gebruikers in kennis stel van kaartjies wat hulle glo gewen het, is ʼn slenter.

Die lugdiens het telefonies aan Maroela Media gesê WhatsApp-gebruikers moet op hul hoede wees vir dié boodskap aangesien dit vals is en die lugdiens niks daarmee te make het nie.

In dié boodskap stel Emirates kwansuis gebruikers per WhatsApp- of SMS-boodskap in kennis dat die gebruiker twee kaartjies met die lugdiens gewen het. Die gebruikers word daarna gevra om ʼn kort vraelys in te vul om sodoende die kaartjies te ontvang.

“Daar is talle foutiewe inligting in die verklaring,” het ʼn woordvoerder vir Emirates gesê. “Die boodskap lui dat die maatskappy sy 70ste verjaarsdag vier en daarom gratis kaartjies weggee, terwyl die maatskappy in werklikheid eers in 1985 gestig is. Daarbenewens het Emirates eers in 1994 vlugte na Suid-Afrika ingestel.”

Volgens die woordvoerder het die lugdiens ook geen kommunikasie uitgestuur waarin hy mense vra om ʼn vraelys te voltooi nie. “[Die boodskap] is onwaar en ons kan dit ten volle bevestig as ʼn slenter. Mense moet baie waaksaam wees oor sulke gevaarlike boodskappe van misdadigers wat moontlik van hulle wil steel.”

Ander lugdienste soos onder meer British Airways en KLM word ook by dieselfde slenter betrek. Dieselfde boodskap waarin die lugdiens se naam net aangepas is, word op sosiale media versprei.

Internasionale media het intussen ook bevestig dat dié slenter in onder meer groot dele van Europa kop uitgesteek het.

Sosialemediagebruikers wêreldwyd is gewaarsku om die boodskap uit te vee en nié die skakel na die sogenaamde webwerf te volg nie omdat misdadigers moontlik toegang kan kry tot persoonlike inligting soos bankbesonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ella ·

Daar is ook dieselfde boodskappe wat lui British Airways en SAL.

Jaques ·

Daar is ‘n spreekwoord wat lui;
As dit goed is om waar te wees, dan is dit heel moontlik…

Karen van Zyl ·

Wanneer gaan mense besef dat niks verniet is nie? as jy nie in ‘n kompetisie is nie gaan jy nie dalk iets wen nie finish en klaar?

t ·

Ek kan regtig nie dink daar is nog enige iemand , enige plek wat val vir hierdie tipe slenters nie. Kyk mense nie nuus nie, lees hulle nie koerante nie, praat hulle nie met mense nie?

B ·

Ek het Woensdag so boodskap ontvang op whatsapp van ‘n ‘Lizelle le Roux’. Kan nie dink mense val vir dit nie.

ST ·

Haai julle! Ekt ook nou net geval vir dit, oeps! Gelukkig het hulle geen bankbesonderhede gevra nie maar net algemene goed soos versekering….

Room Piet ·

Shoe, verwag byvoorbeeld vals versekering eise, gebasseer op jou verskafde inligting (dus deur / names jou) en miskien eise, klagtes en hofsake teen jou as ge-impliseerde.

Verstom ·

Daar is so baie van hierdie “wen” goed. Jy kan ‘n foon wen deur Samsung, Woolies, PnP ens. het al deur my whatts app gegaan. Ek delete die goed.

Koos ·

Hierdie slenter is baie ‘gevaarlik’. Julle moet passop vir die ‘gevaar’

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.