WhatsApp lei glo tot moord: Man hoor oor borgtog

Leon Coetzee in die hof. (Foto: Skermskoot/SABC-video)

Leon Coetzee is Vrydag borgtog geweier in die Pretoria-Noord-landdroshof waar ontstoke lede van die EFF vroeër ʼn staalhek afgebreek het om toegang tot die hofgebou te verkry.

Coetzee word aangekla van die moord op Themba Thabethe, wat in dieselfde kompleks gewoon het.

Volgens Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het boodskappe op ʼn WhatsApp-groep vir inwoners van die kompleks glo tot die voorval gelei.

Daar is glo op ʼn ander WhatsApp-groep gesê Thabethe is korrup en ʼn skermskoot hiervan is op eersgenoemde groep gedeel.

Thabethe het die aand van 26 April glo Coetzee se vrou oor die WhatsApp-boodskap gekonfronteer. ʼn Dodelike konfrontasie het gevolg en Thabethe is verskeie kere met ʼn mes gesteek. Thabethe is op 1 Mei in ʼn hospitaal dood.

Coetzee voer luidens berigte aan hy het uit noodweer opgetree nadat Thabethe aggressief was en sy vrou verbaal aangeval het. Die saak is tot 20 Julie uitgestel vir verdere ondersoek.

Verskeie video’s en foto’s is vanoggend op sosiale media gedeel waarin gesien kan word hoe lede van die EFF hul weg baan na die binnekant van die hofgebou. Geen polisiebeamptes was oënskynlik in sig nie. Staalhekke het onder meer in die slag gebly.

“Die EFF in Tshwane is ontmoedig deur die voortgesette slagting van swart mense aan die hand van arrogante wit rassiste wat geweld teenoor weerlose swart mense pleeg wat opstaan ​​vir hul reg op waardigheid en respek, ongeag ras of velkleur,” sê die party in ʼn verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Ann ·

Snaaks, as ons nasie uitgemoor word deur hulle mag ons niks sê nie. Maar as ons onsself probeer verdedig teen iemand wat aggressief is en jou verbaal aanval, dan wor daar rassis geskree.

Windhond ·

Mens steek nie n ander persoon met m mes as jy of iemand anders mondelings aangeval word nie, dis plein irasionele optrede wat intree as n mens jou humeur verloor, dan gaan jy maar die pyne moet vat want fisiese optrede teenoor iemand wat jou of jou vrou sleg se is nie noodweer of self verdediging nie

Tiptol ·

Mense in ons land is moeg en uitgeput. Dis verkeerd, maar verstaanbaar dat mense aggressief begin optree. Die punt is blank en nie-blank word verskillend hanteer vir dieselfde dade.

Strandloper ·

Stem saam in die geval. Wens tog die wye publiek het dieselfde uitkyk. Dink net wat se wonderlike plek ons land dan sal wees.

Yvonne ·

Hallo, wat dan nou van plaasmoorde, met dikwels gepaardgaande marteling van weerlose mense, insluitend ou mensies en kinders? Wat sal gebeur wanneer ons reageer soos die EFF!?

Grassie ·

Yvonne – ons het te ruggraatloos en sleg geword om so op te tree. Ons word soos skape ter slagting gelei en behalwe om op elektroniese media ‘n bietjie gal te braak aanvaar ons dit maar gelate.

David ·

Hoekom is dit toelaatbaar vir die eff?. Hulle kan blykbaar verwoes en afbreek soos hulle wil. Geregtigheid is nie daar gestel vir blankes nie. Die terroriste regering en hulle comrades mmak soos hulle wil.

M-woord ·

Haha dit is die mees lagwekkendste stelling nog deur die eff-ers. Slaan my met n pap snoek.

Werner ·

Kan nie die stories op die media meer vertrou nie.Dalk het Thabehte Leon aangeval toe Leon hom oor die boodskap konfronteer.Dink ons moet maar wag met die oordele netnou kom die waarheid weer uit soos by Piet Retief.Aangesien verslaggewers nie meer vertrou kan word nie.

Inkpot ·

Nie DALK het Thabete Leon aangeval nie, hy het gaan moeilikheid soek.
Die whatsapp boodskappe het dan juis gegaan oor Thabete wat korrup is.
EK laat my nie vertel dat Leon ‘n mes uitgepluk het toe Thabete vriendelik by hulle gaan kuier het nie en ook nie dat die polisie nou “toevallig” nie by die hof was nie.
As dit nou andersom was het die EFF ‘n heeltemal ander deuntjie gesing. Hulle is ‘n regte klomp moeilikheidmakers wat rassehaat aanblaas en tog te dankbaar is omdat daar so woord “soos apartheid” is waaragter hulle kan skuil en gratis publisiteit kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.