WhatsApp-losprys: Ontvoerde vrou word steeds vermis

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 21-jarige vrou van Vlakfontein, Johannesburg, wat glo Vrydag ontvoer is, word steeds vermis, het die polisie in Gauteng Dinsdag bevestig.

“Ons is steeds op soek na die vrou,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder vir die polisie, gesê.

Maroela Media het vroeër berig sy is die oggend weg om werk te gaan soek. Die vrou se ouma het omstreeks 17:45 ʼn WhatsApp-boodskap ontvang om te sê dat sy binne 24 uur R30 000 moet bring, anders sal sy nie weer haar kleinkind sien nie. Die boodskap het ook besonderhede bevat waar die geld afgelaai moet word.

Die polisie kon die plek opspoor vanwaar die boodskap gestuur is, maar die vermeende ontvoerders was nie meer in die omgewing nie. Hulle het ook nie by die plek, waar die geld afgelaai moes word, opgedaag nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van ontvoering.

Lees ook:
Ontvoerders eis losprys van R30 000 op WhatsApp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Philip ·

Is sy regtig ontvoer……………. OF ……………. Het sy dalk weggeloop?? Werk gaan soek?? Ek sien ‘n slang in die gras!!

jjobson ·

is i LOSPRYS i waarborg vir LEWE. Geld wat stom is maak dood wat lewendig is,want i BEK praat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.