Die boodskapdiens WhatsApp is weer beskikbaar nadat dié diens Vrydagoggend wêreldwyd onderbreek is.
Gebruikers van reg oor die wêreld het Vrydagoggend net ná 10:00 verbindingsprobleme met WhatsApp ervaar. Die fout het glo by ʼn bediener van die boodskapdiens gelê.
WhatsApp, wat deur Facebook besit word, word deur meer as een miljard mense in 180 lande reg oor die wêreld gebruik.
Buiten vir Suid-Afrika, is groot dele van Europa, Maleisië en Indonesië deur dié tegniese fout geraak.
Die hutsmerk #WhatsAppDown is Vrydagagoggend op Twitter begin nadat talle sosialemediagebruikers hulle tot Twitter gewend het om die probleem aan te spreek.
WhatsApp het in Mei vanjaar ʼn soortgelyke verbindingsprobleem ervaar.
Die boodskapdiens het vroeër vandeesweek bekend gemaak dat hy dit nou vir gebruikers moontlik maak om boodskappe wat aan ander gebruikers gestuur is, uit te vee. Gebruikers het sowat sewe minute om ʼn boodskap uit te vee wat op albei gebruikers se toestelle sal verdwyn waarna dié opsie nie meer beskikbaar sal wees nie.
WhatsApp het nog nie amptelik gereageer op Vrydagoggend se verbindingsprobleme nie.
Bron: The Independent
Knap gedaan WhatApp!
Dit was wonderlik . Dankie .