‘WhatsApp-verkragter’ vasgetrek

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Man wat na bewering vroue deur WhatsApp bevriend, na hom toe gelok en verkrag het, is Donderdag in Tongaat in KwaZulu-Natal vasgetrek.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het van die 30-jarige verdagte te wete gekom nadat hy vroeër die dag twee vroue in die Fairbreeze-gebied glo ontvoer en een verkrag het.

“Die verdagte het die vroue deur WhatsApp bevriend en hulle werk belowe. Hy het hulle na hom toe gelok waarna hy hulle ontvoer en na ʼn afgeleë gebied in suikerrietlande geneem het,” het Gwala gesê. “Die man het albei vroue vasgebind en een van hulle verkrag. Die ander vrou kon daarin slaag om te ontsnap en het die polisie in kennis gestel. Met die polisie se aankoms by die misdaadtoneel het die man reeds gevlug.”

Gwala het gesê die polisie het ʼn lokval vir die man gestel en hy is laat Donderdagmiddag in hegtenis geneem nadat hy weer ʼn vrou deur WhatsApp na hom toe probeer lok het. Die man het vermoedelik verskeie kere vantevore met dieselfde modus operandi vroue verkrag en beroof.

“Aanklagte van verkragting, roof en ontvoering is teen die man aanhangig gemaak. Hy sal binnekort in die hof verskyn,” het Gwala gesê. Sy het vroue wat slagoffers in soortgelyke omstandighede was, aangemoedig om dit by die polisie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

janneman ·

Hel Lance, hoe spring jy my nou voor! Wat sal SARS se manne se as hulle n so aftrekking in my belasting opgawe sien “R2 000 donation to defend Judge Mabel againts black rape culture claim”?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.