Wie dok op ná diplomaat luukse woonstel beskadig?

SAvlag

Suid-Afrikaanse vlag. Argieffoto.

Dit is nie in dié stadium duidelik wie sal moet opdok vir die skade wat ’n Suid-Afrikaanse diplomaat aan ’n huurwoonstel gedurende sy verblyf in Wene, Oostenryk, aangerig het nie.

Die diplomaat het die gemeubileerde woonstel verlede jaar glo in só ’n beskadigde toestand gelos dat dit €40 000 (sowat R715 000) gaan kos om die woonstel op te knap en die skade te herstel.

Die eienaar van die woonstel, Karl Widy, het onlangs op die Duitse televisieprogram Bürgeranwalt op die televisiekanaal ORF2 gesê al die elektriese toestelle in die kombuis was vernietig en al die waardevolle messeware was weg toe die betrokke diplomaat in Augustus verlede jaar uit die woonstel getrek het.

Daar was geen glase oor nie, die yskas en mikrogolf was vernietig, die venster- en deurrame was beskadig, die wasbak, bad en toilet gevlek, die mure en vloere vuil en gevlek met swart roet en die plek het gewemel van kakkerlakke.

Die diplomaat het in Desember verlede jaar na Suid-Afrika teruggekeer.

Lunga Ngqengelele, woordvoerder van die minister van internasionale betrekkinge en samewerking Naledi Pandor, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die saak is intussen by die departement aangemeld en geniet dringende aandag.

Volgens Ngqengelele het die Suid-Afrikaanse ambassade in Wene verlede jaar aangebied om die skade aan die woonstel te herstel sodat die woonstel in dieselfde toestand as vantevore sou wees wanneer die sleutels aan die eienaar oorhandig word.

Die eienaar het egter deur sy prokureur aangedui dat hy die skade self wou herstel. Die herstelwerk beloop €40 000.

Ngqengelele sê daar word nou regsadvies ingewin oor wie vir dié herstelwerk moet betaal.

Die burgerregteorganisasie AfriForum is van mening dat die diplomaat self vir die skade moet opdok en het Dinsdag ’n brief aan Pandor en die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) gestuur rakende die aangeleentheid.

“Sulke gedrag deur ’n Suid-Afrikaanse diplomaat is onaanvaarbaar en belastingbetalers behoort nie belas te word om vir hierdie skade te betaal nie. AfriForum se standpunt is dat die diplomaat uit sy sak vir die skade moet betaal,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Maroela Media het vroeër vanjaar berig Suid-Afrika is die afgelope vyf jaar byna R10 miljoen kwyt omdat hy die deposito’s verbeur het van eiendom wat oorsee vir diplomatieke doeleindes gehuur word.

Pandor het in Januarie in antwoord op ʼn parlementêre vraag aangedui die R9,3 miljoen wat verlore is, was weens skade aan eiendom, deposito’s wat verbeur is omdat die eienaars dit vir herstel- en instandhoudingswerk moes gebruik, of omdat huurooreenkomste buite die bepalings en voorwaardes van die huurooreenkoms opgeskort is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Laurika ·

Ek kan sommer net raai watter tipe mens so iets sou aanjaag….. die vernedering

Luister ·

Darem kry die Europeërs eerstehands ‘n voorsmakie van Afrika! Ons is egter al lankal sulke dinge gewoond.

Elizabeth ·

Ek wil NIE daaraan gewoond raak nie. Nie my soort mens nie.

Dup ·

Nou wonder ek net wat is die “diplomaat” se volle name en van….? ek kan nie my vraag op ñ minder diplomatiese manier vra nie…..

Steve ·

Vreemd hoe n sekere ras elke keer uitstaan hiermee. Maar dis seker rassisties om die waarheid te praat?

Johanncb ·

Sjoe, ons is ‘n vuil nasie! Ek laat sak my kop in skaamte wanneer SA se naam só deur die modder gesleep word!

Johan ·

Ek onthou dat SA net opgevoede en vooraanstaande mense gestuur het,wat ons land se hoë standaarde kon reflekteer. Kom ANC,stuur nog ń klompie,voeter ons land met ń plank…

Kremetart ·

Ja nee, ken van. Het ook al aan sulke gaste verhuur. Niks is ooit weer dieselfde daarna nie. Nogal presies dieselfde gevolge, kakkerlakke ingesluit.

Blikkantien ·

Wat ‘n absolute skande! Dit wil voorkom asof hierdie diplomaat nog nooit vantevore in beskaafde behuising geleef het nie.

Anel ·

Toe ons oorsee was het ons ons ouers ons nie eens toegelaat om posters teen ons mure te plak nie want dit kon die muurpapier beskadig. My pa was ook diplomaat en ons mag hom nie in die skande gesteek het nie. Ons het 8 jaar in die woonstel gewoon, en ons het honde gehad. Toe ons terugkom, het my ouers self betaal om die matte skoon te maak, al het die eienaars gesê dat hulle dit in elke geval sou vervang want dit was al oud. Sekere mense het net integriteit en ander nie.

Jack ·

Ja.Maar dan vra ek altyd wie verhuur nog enige woning/woonstel/huis aan enige iemand wat jy vooraf weet dit nie sal oppas en skoonhou nie.Ek is BAIE kieskeurig oor huurders al noem hulle my ook ‘n rassis.

Boerkind ·

Hier is net ‘n woonstel verwoes…. daar is egter ‘n land verwoes en die verwoesters (geen gewete of moraal) is steeds in beheer… Hoe klink dit Buiteland??

Elsabe ·

Disgusting!! Hoe kry mens ‘n woonplek in so ‘n toestand? En dit van ‘n DIPLOMAAT!! Ek gril en is geskok.

Pieter ·

Ons dom belasting betalers soos gewoonlik. Dit is n dom vraag

Vrijburger ·

‘Name and shame’ – maak amptenaar se naam bekend.

Charles ·

Die plekkie moes seker maar na die bewoner se standaard gebring word sodat hy tuis kon voel.

Elizabeth ·

Watter tipe mens is hy dan? As jy jouself soos n vark gedra wil ek verseker NIE vir jou gemors betaal nie. Plaas hom op m gemorslys.

marius ·

Aangesien dit my belasting geld is wat aangewend gaan word dring ek daarop aan om sy of haar se gesig te sien .

Lourens CFG ·

Sê asseblief wie die “diplomaat” is.
Hy/sy MOET uit eie sak betaal vir al die skade.

Maggies ·

Dit maak my regtig bekommerd om te besef dat ons land se naam so deur die modder gesleep word.

Pieter J ·

Nou begin buitelanders verstaan met watter probleme sit ons hier in SA.

Francois Le Cochon ·

Gastehuis eienaars in SA sit ook met hierdie probleem. Sekere mense dink potte, panne, glase, messegoed. handoeke, duvet oortreksels en kussings is ingesluit in die prys.

Hennie ·

Naam van die ” honourable memba” asb. Waarom nou sy naam verswyg?

kallie ·

Hoe leef mens so? En ons diplomatieke diens laat sak nie hulle koppe rooi van skaamte nie? Maar eintlik is dit goed : laat die res van die wereld kennis neem watter tipe mens in ons sogenaamde regering sit?

Robert ·

Dit is niks minder as reg dat hyself die skade dra nie. As ek iets so sou opfoeter is dit MY EIE verantwoordlikheid om dit reg te stel !!! Baie maklik om dit te verstaan !!

JM ·

En as “die uwe diplomaat” aangevat word oor sy varkagtige manier van leef, word jy van rassisme beskuldig! Verkeerd is mos reg en reg verkeerd: die nuwe moraal in die land.

Jakes ·

Dit is eintlik nie iets wat my verbaas nie. Is die diplomaat n ANC kader? Heelwaarskynlik.

Dries ·

Beslis verseker, anders sou hy nie n diplomaat gewees het nie. Is seker by sy vorige betrekking geskors, toe kry hy bevordering as diplomaat.

Yvonne ·

Verniel vernietig verbrand…dit is die wagwoorde van die PEOPLE

Elize ·

Hy moet self betaal. Almal moet verantwoordelikheid aanvaar vir hulle doen en late.

Ria ·

Dit is nog n klad op sa se naam. Hoe kan n persoon met geen oovoeding en integriteit n diplomaat wees. Ek sou hom baie diplomaties afgedank het. Hy moet self die skade betaal

Jack ·

Absuluut tiperend van wat ook in ons land gebeur. Geen respek vir ander se eiendom nie. Dit moet as n waarskuwing gaan aan diegene wat dink dat mense wat kan betaal wel ook goeie huurders is. Die teendeel is al soveel keer bewys.

Jackie ·

Pandor is die verantwoordelike minister. Hou haar aanspreeklik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.