‘Wie gaan SAL-sakereddingsplan betaal, min. Gordhan?’

(Foto: Maroela Media)

Die DA eis meer duidelikheid oor wie gaan opdok vir die plan wat die sukkelende Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se sakeredders voorgelê het.

Alf Lees, ʼn DA-lid van die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor), sê die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het nou al herhaaldelik gesê die geld is beskikbaar om die “skokkende” sakereddingsplan te finansier.

Die departement het Donderdag gesê R2,2 miljard is dadelik beskikbaar om vrywillige skeidingspakkette aan SAL-werkers te betaal.

“Wat is die oorsprong van dié geld? Ons weet dat die noodbegroting wat die minister van finansies, Tito Mboweni, verlede maand voorgelê het geen voorsiening gemaak het vir enige finansiering aan die SAL nie.

“Dit sal immoreel wees om reddingsboeie vir die SAL te finansier terwyl die ekonomiese afsonderingskrisis miljoene Suid-Afrikaners in armoede gedompel het,” het Lees gesê.

Les Matuson en Siviwe Dongwana se voorgestelde sakereddingsplan benodig finansiering van R33 miljard oor die volgende drie jaar. Dié geld sluit R6,4 miljard in om bedryfsverliese vir ʼn nuwe lugredery te dek. Lees sê daar is egter geen waarborg dat die redery in die vierde jaar nie meer ʼn verlies gaan ly nie.

“Dit is onvermydelik dat die SAL – tensy dit geprivatiseer word – steeds ʼn bron van ANC-kaderontplooiing, wanbestuur en korrupsie gaan wees.”

Lees sê die DA gaan enige poging deur die ANC-regering teenstaan om verdere geld aan die SAL uit te deel en sê die finansiering van die beleërde redery kan nie eens naastenby as ʼn noodsituasie bestempel word nie.

Vier vakbonde en werkers wat nie by vakbonde geaffilieer is nie het die afgelope week aangedui dat hulle die vrywillige skeidingspakkette wat die SAL aanbied, wil aanvaar.

Sou die redery gelikwideer word, gaan werkers ʼn maksimum van R32 000 per persoon ontvang ás die geld beskikbaar is en in ʼn proses wat tot twee jaar kan duur.

Die SAL het die afgelope 14 jaar ʼn verlies van sowat R28 miljard gely.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hennie ·

Kom ons begin by die begin! 26 jaar gelede was SAL ‘n kragreus in SA en ook in die wêreld….vandag net ‘n ashoop van diefstal, korrupsie en totale wan (lees géén) bestuur. ‘n Patetiese mislukking! En wie moet ons bedank? Slegs en alleenlik die ANC regering. En nou wil dieselfde ekonomiese terroriste ‘n nuwe SAL skep en bestuur…ewe skielik, oornag, het die nagmerrie bestuur, en ja ook die regering ontpop in briljante kenners en redders! Maar hokaai!! Dié redders het geen idee hoe om so ‘n entiteit suksesvol te bedryf nie, maar GÉÉN idee nie. Dit het hulle reeds bewys! En het hulle die miljarde beskikbaar om mee te begin….geheel en al GLÀDNIE! Of verwag die narre dat die burgery weer moet bydra? Dis tyd dat elke belasting betaler, wat ons desnoods ‘n aandeelhouer maak in elke staatsentiteit nou sy stemreg opeis en sodoende hierdie ongemagtigde vermorsing van ons belleggingsgeld te STOP! ONS SÊ, STOP DIT NOU!! Ons gaan nie verder belê in hierdie bodemlose put van mislukking nie!!

Cherokee ·

Jy’s seker nie ernstig as jy sê die begin was 26 jaar gelede nie.

Stofdonkie ·

So met die 33 miljard kan SAL dalk nog bestaan het vir nog 14 jaar?

marius ·

Die wit werkersklas gaan daarvoor betaal . Al twintig van hulle ….

Misky ·

Die “skip” is vol gate en sink al lankal. Dit kan nie gered word nie – hou op geld ingooi, dis onvermydelik!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.