Wie was nog betrokke by PPE-skandaal? vra DA

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die net span wyer in die Gautengse PPE-kontrakskandaal ná ʼn onthullende verslag oor die aanstelling van die Gautengse gesondheidsdepartement se hoof- finansiële beampte, Kabelo Lehloenya.

Volgens Mike Seloane van PSC het ʼn forensiese ondersoek bevind haar aanstelling was onreëlmatig en onwettig toe sy in 2018 spesiaal vir die pos genader is. Sy het ook nie enige sekuriteitklaring ondergaan nie en het dieselfde salaris as ʼn adjunk- direkteur-generaal ontvang, in plaas van ʼn minimum intreevlak-salaris, het Jack Bloom, die DA se skaduminister vir gesondheid in Gauteng, gesê.

“My siening is dat daar beslis wye aandadigheid was in haar aanstelling en die beweerde geknoeiery vir multimiljoen rand se kontrakte vir persoonlike beskermingstoerusting (PPE) met twyfelagtige maatskappye,” het Bloom gesê.

“Ons moet weet hoekom Gwen Ramokgopa, die voormalige Gautengse LUR vir gesondheid, en prof. Mack Lukhele, die huidige hoof van die departement, haar aanstelling as hoof- finansiële beampte goedgekeur het.”

Lehloenya het klaarblyklik politieke verbintenisse, aangesien sy in Mei verlede jaar tot die raad van Denel aangestel is, het Bloom bygevoeg.

“Dit is baie agterdogtig dat die departement volhou dat sy vir ‘persoonlike redes’ bedank het, terwyl hulle weet dat sy binnekort deur die spesiale ondersoekeenheid (SOE) ondersoek sou word oor die PPE-kontrakte. Premier David Makhura kan nie politieke aanspreeklikheid ontglip nie, ondanks sy desperate pogings om homself van die skandaal te distansieer. Hoekom het hy stilgebly toe hy geweet het sy het nie vir persoonlike redes bedank nie?”

Bloom het gesê hy vermoed dit is ʼn gesofistikeerde kriminele sindikaat met hoëvlak politieke samewerking wat waarskynlik al jare lank gesondheidsfondse plunder.

“Dit is ongelooflik dat bitter min nog verander het sedert die R2 miljard se plundertog in die departement 12 jaar gelede onder voormalige LUR vir gesondheid Brian Hlongwa, wat nog steeds nie in hegtenis geneem en in ʼn hof aangekla is nie. Dit is hoekom korrupsie voortduur, omdat ons gewoonlik eindelose ondersoeke het, maar geen tronke vir die oortreders nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Pieter ·

Wie nog….. niemand nie. Ons het mos al mooi geleer, ‘n 20-span kommissie sal aangstel word vir 5 maande teen R1m/mnd elk, en die uitkoms…..geen bedrog is gepleeg.

marius ·

Vlek hierdie goed oop en stuur dit vir die IMF en die res van die wereld sodat hulle weereens kan sien wat se gemors in die land sit en koning kraai .

Deon ·

Ek kan regtig nie onthou wanneer laas ek iets “positief” oor die anc gelees het nie, dis plunder hier en stel kaders aan daar en so gaan die lysie net aan en aan.

daniel ·

Ek verseker almal dat die EFF die ANC in die skadu sal stel, hoe onmoontlik dit ookal mag klink.

Magda ·

Hoop die DA gaan hulle almal in die tronke gooi – of nee stuur hulle almal Robin Eiland toe, sonder besoeke want hulle verdien niks minder nie.

koos10 ·

Magda, daar is net een mens wat die strawwe kan inisieer, ongelukkig is sy kaders en vriende betrokke, so moenie jou asem ophou nie.
Soos ons almal weet is hy die nie persident van die land nie, maar wel die ANC president, en hy kan soos blits verwyder word uit sy pos.

Porseleintjie ·

Niemand het nodig om ‘n deskundige op enige gebied te wees om te sien dat alles waaraan die ANC raak, vuil word nie. Dit stink van verotting die oomblik dat hul by iets betrokke raak. Daar is geen lewe, sukses of vooruitgang nerens te bespeur nie.

4ntj13 ·

Sien die mense wat vir ANC stem nie hierdie dinge nie? Ek wonder soms hoe groot die tronke eintlik sal moet wees om almal wat dit aangehelp het, te kan inhok. Hoe kan ons ʼn kultuur vir verantwoordelike optrede te alle tye, skep uit so iets? Die eindelose ondersoeke en verhore blyk deel van die probleem te wees.

koos10 ·

Ek lees gister ‘n ding. Waar of onwaar kan ek nie sê nie. Stalin het ‘n hoender se vere uitgepluk en die hoender op die grond gesit. Hierna het hy die hoender begin mielie pitte gee, en die hoender het hom gevolg waar hy gaan solank hy dit die pitte gee.
Dit verduidelik die situasie in ons land mooi. Die ANC hou aan om die blankes vir alles te blameer en kry so mense om vir hulle te stem.
As ‘n mens mooi dink het die ANC kiesers nie juis ‘n ander opsie nie. Die DA is wit, die ander partye is gevorm uit faksies van die ANC.
Ons land moet soos die USA begin maak, ons moet direk vir die president stem.

Adeline ·

Wel soos ek al van tevore gesê het …..praat, praat, praat – is deur almal (nuusberigte deur watter nuus kanaal ookal) aan die orde van die dag – daar is geen mag of outoriteit in hierdie land om korrupsie in sy kern vas te vat nie.. daar is niemand in hierdie land wat, van die hoogste korrupte leier in die regering, te kan openbaar en aan die pen te kan ry vir die korrupsie wat in die afdelings onder hom is en die mag het om hom aan die pen te laat ry nie… hulle is almal bokant die wet want selfs ons regstelsel is ook korrup. Nou wonner ek wie gaan dit oopvlek en hulle laat betaal vir hulle verskriklike skrikwekkende dade teen die burgers van die RZA wat die mag het om hulle uit hulle stoele van mag te haal ….. my mening niemand want as dit al so lank aanhou van voor 1993 en al die gepraat en sake kom nêrens – wie is daar in die land wat wel kan optree?????????

Adam Adriaan ·

Hierdie aanstelling van die verskeie ministers is maar nog ‘n rookskerm om die mense te paai en te mislei. Die hele strategie van die ANC werk so. Die pandemie is as handige “tool” gebruik om die bevolking van die RSA eerstens te de-moraliseer. Hierdeur is die samelewing ge-destabiliseer. Chaos het nou ingetree deurdat die ekonomie verwoes is en daar geen geld meer oor is nie, Mense sit sonder werk. Armoede is aan die orde van die dag. Besighede wat jare gevat het om op te bou is bykans verwoes. Nou wil die regering poog om dit te stabiliseer deur outokratiese stelsels in te bring soos wat daar in die media gelek is. Totale beheer moet verkry word oor die bevolking. Die ramptoestand gaan nog verskeie kere verleng word om die beheer oor die bevolking te verkry.

Cornelius ·

Kommunisme was nog altyd die hoof agenda en dit gaan nou op Chinese stelsel gebaseer word.

Cornelius ·

Niks gaan verander nie. Daar gaan ook weinig kom van al die vele ondersoeke. Die Mafia kan iets by die ANC SAKP Alliansie kom leer.

Jacobus ·

Snaaks met watter gemak die ou met die gepeuterde elektrisiteits meter aangekeer is. Bedrag R170 000. Maar almal weet wie die biljoene gescore het in korrupsie, maar niemand tree op nie. Dis uiterste disrespek vir die miljoenes armstes van armes wat dekades lei onder die ANC. Seker omdat dit só gerieflok is om wittes en Apartheis te blameer. Hierdie dinge begin lyk na “misdaad teen die mensdom”. Sal iemand asb opstaan en die ruggraat hê om vinnig g op te tree.?

Persheks Adri ·

Cyril het gesê daar gaan streng opgetree word teen korrupsie ja right tata ma chance ne! Ons wag in spanning vir die kaders om te gaan sit in die tronk…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.