Die valke het Woensdag agt verdagtes in hegtenis geneem nadat hulle glo die wiele van Transnet se treine by die Koedoespoort-depot in Silverton afgesteel het.
Die ondersoekspan het gereageer op inligting wat hulle ontvang het oor verdagte misdadige aktiwiteite by dié treinstasie, waar wiele glo van treine afgesteel word.
“Daar word beweer dat een van die verdagtes glo ʼn veiligheidswag omkoopgeld van R18 000 beloof het indien hy toegang gee aan trokke wat ʼn bedrieglike toegangskaart tot die hekke van die stasie het,” het kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, gesê.
Dit het toe later aan die lig gekom dat die einste verdagte die toegangskaart gedupliseer het om dit moontlik te maak vir trokke wat treinwiele in staalhouers vervoer om wiele na sy skrootmetaal-onderneming, Bras Investment Company, in Centurion te vervoer.
Die agt verdagtes, twee vroue en ses mans tussen 52 en 26 jaar oud, is op dieselfde tyd in hegtenis geneem terwyl hulle die misdaad pleeg. “Toe die polisie die treinstasie en die skrootwerf deursoek, het hulle afgekom op vier houers propvol treinwiele, ʼn vurkhyser, waentjies, ʼn mikrobus en elektroniese toebehore,” het Mulamu gesê.
Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van diefstal en die besit van vermoedelik gesteelde goedere. Die ondersoek duur voort.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Seker n eerste en enigste in die wereld!
Hierdie edn vat die koek …en die skroothandelaar?
Ons is verby die punt waar die soort misdaad as ‘n misdaad gesien word. Dit is nou ‘n kultuur.
Ek het amper nie meer lag of huil oor vir die land en die ANC nie. Die NP het 40 jaar gehou. Asseblief maak die ANC se verblyf net 30 jaar!
Dit was al laaaaankal tyd gewees om skrootwerke te reguleer……