‘Wil ons vlieg of wil ons eet?’

‘n Paneel van rolspelers vanuit verskeie landbousektore het die media toegespreek oor die impak van die voortslepende droogte in die land. Foto: Nichelle Steyn.

Die regering maak ’n plan om met elke begroting geld vir sukkelende staatsinstansies soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en Eskom te bestem, maar landbou se noodkreet val op dowe ore. Die begroting vir landbounavorsing word selfs die laaste tien jaar gesny. Dit beteken ál minder geld is beskikbaar om nodige navorsing te doen wat landbou kan help om met klimaatsveranderinge soos die droogte kop bo water te hou. Daar word ook nie naastenby genoeg geld beskikbaar gestel om boere te ondersteun tydens die voortslepende droogte nie. Dit is van die bekommernisse wat boere met belanghebbendes in die landboubedryf opgeneem het.

“Ons moet besluit: Wil ons eet of wil ons vlieg,” maan Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA. Belanghebbendes in verskillende landbousektore het onlangs ’n mediakonferensie gehou waartydens hulle boere se noodkreet omtrent die droogte met die media gedeel het. Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, het gesê die droogte is nie net die boere se probleem nie, maar dié van alle Suid-Afrikaners. “Ons moet hande vat en boere ondersteun sodat ons land vorentoe kan beweeg en voedselsekerheid behoue kan bly.”

Een van die landboubedrywe wat grootliks deur die droogte geraak word, is die wildbedryf. Adri Kitshoff-Botha, uitvoerende hoof van Wildbedryf Suid-Afrika, het gesê dié bedryf in die Noord-Kaap trek die swaarste. Meer as 80% van wildboere in dié provinsie het handdoek ingegooi en as dit nie vinnig reën nie, gaan daar net 5% oorbly. Sy meen die droogte het reeds ’n impak op die toerismebedryf. “Op plase van 30 0000 hektaar en groter hang die reuk van dooie diere in die lug en kan ʼn mens die aasvoëls sien sirkel waar diere gevrek het. Jagters wil nie diere skiet wat op hul laaste is nie, en toeriste wil nie wild in so ’n toestand besigtig nie.”

Wiehahn Victor van die inmaakvrugteprodusente-vereniging het gesê boere in die vrugte- en wynbedryf trek net so swaar. “Daar is oral foto’s van diere wat swaar trek, maar bome trek ook swaar en vrek, nes die diere.” Hy meen veral steenvrugte gaan vanjaar jaar kleiner wees. “Die gehalte van vrugte op die mark neem af, en die persentasie van vrugte wat uitgevoer kan word neem ook af. Dit beteken Suid-Afrika kan nie meer die markte waaraan ons vrugte voorsien het, behou nie.” Hy meen werksverliese in dié bedryf is baie hoog. “As daar nie vrugte aan die bome is nie, is daar nie werk vir die plaaslike gemeenskappe se mense nie. Dit skep verdere armoede in plattelandse gebiede waar mense reeds swaar trek.”

Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die rooivleisprodusente-organisasie, meen die droogte is ’n humanitêre ramp, veral in die plattelandse gebiede in die Noord-Kaap waar die boere die plaaslike ekonomie aan die gang hou. “Baie mense vra nie eens meer vir voer nie, maar eerder vir iets om te eet en in sekere gevalle probeer boere om net ’n basiese kudde waarvan 30% oor is, aan die gang te hou, met die hoop op reën.”

Dr. Chris van Dijk, uitvoerende hoof van die melkprodusente-organisasie, meen dit raak al hoe moeiliker om kop bo water te hou. “Boere se hoofuitgawes soos voer bly styg weens die droogte wat die winsmarge net verder laat krimp. Nie baie lank terug nie was daar 4 000 melkboere in die Vrystaat, nou is daar net 60 oor.” Hy meen dit raak al hoe moeiliker om in die binneland melk te produseer. Tans word 85% van die land se melk in die kusgebiede geproduseer en daar is net 1 300 kommersiële melkboere landwyd oor. Ons wil graag die boere wat nog in die bedryf is, hier hou.”

De Villiers meen boere het nie net geld nodig nie, maar ook emosionele steun. “Dit is baie moeilik om moed te hou in hierdie omstandighede as boere nog uit ander oorde ook aangeval word.” Hy meen ons land se boere gaan nog lank nie lê nie en maak daagliks planne om beter te boer. “Ons boere probeer hul bes om hul metodes aan te pas by klimaatsveranderinge en maak die nodige aanpassings om minder water en hulpbronne te gebruik.”

Schutte is dit ook eens dat ons land van die beste boere ter wêreld het en al gaan dit moeilik, moet boere alle hulpbronne tot hul beskikking gebruik om meer effektief te boer. “Die regering moet ons ondersteun en veral die informele boere oplei om uit die staanspoor natuurbewaring toe te pas.”

Christo van Rheede, adjunk uitvoerende direkteur van Agri SA, pleit by die publiek en die private sektor om boere te ondersteun. “Agri SA het ’n droogtehulpfonds gestig juis vir die doel. Ons sorg dat die geld by die boere wat dit die nodigste het, eerste uitkom en dat dit regverdig uitgedeel word. Al die geld word direk aan die boere geskenk.”

Besoek gerus hul webwerf om boere só te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Piet Pompies ·

Ons hetmos nie Boere nodig nie – ons kan mos alles by Spar en Pick & Pay kry.

Hulle het duidelik nie Zimbabwe se les geleer nie

Johan ·

Piet, die gemiddelde Afrikaan is dood gelukkig en tevrede om in omstandighede soos Zim te leef. Kyk gerus na die res van Afrika…. wat gaan SA anders maak?

ore ·

Sekere deel van ons samelewing glo mos vleis,melk en groente kom uit die supermarkte uit en nie van die landbouers nie,Om te vlieg verleen status,want almal weet van jou.Jy word deur ‘n horde wagte beskerm en alaml sien hier is ‘n VIP maar op die plaas is dit maar net die boer en sy werkers.Geen glans daaraan om boere te beskerm nie,as daar nie kos is nie sal VVO help.Daarom is SAL belangriker as landbou.

Stelling ·

Ek sal liewer my belasting geld vir boere gee wat darem vir my en talle ander iets beteken. My belasting geld gaan aan n regering wat WERKLIK NIKS vir my beteken nie!

Stefan ·

Indien die Suid Afrikaanse Regering wel hulp aan die kommersiële boer beskikbaar stel, sal dit ‘n wonderwerk wees.
Sou so ‘n wonderwerk wel plaasvind, sal die hulp uiters beperk en selektief toegeken word – net om te kan sê dat hulle wel doe landbou ondersteun het.

Die SA Regering is finansieel bankrot.

Die mees prominente rede hoekom die SA Regering nie hulp aan die landbou sektor salvtoewys nie, vis deur die droogte en gepaardgaande ondergang, word die kommersiële boer outomaties van die plaas af gedwing.

Die Regering kan finansiële bystand verleen, op voorwaarde dat dit gepaart gaan met swart ekonomiese bemagtigings vennootskappe.

Duisende boere sal geen ander uitweg hê as om te sê: “‘n Halwe eier is beter as ‘n leë dop”.
Die ideale geleentheid om grondhervorming vinniger en met heelwat minder teëstand uit te voer.

Hoekom sal die Regering boere op plase hou, as hulle juis die boere van die plase wil verwyder.

Pieter ·

Ja omri onderhandel julle maar met die klomp terroriste wil sien hoe ver gaan julle kom dit is ons blankes se eie skuld ons mies tien jaar terug standpunt in geneem het die ANC maak met ons blankes net wat hulle wil en dan se ons nog dankie ook

Andrea van Vuren ·

Dan is daar ook nog landbou organisasies wat hand om die blaas met Ramaphosa is. Agriforum aan wie se kant is julle?

Kraaibakke ·

Vlieg hier weg eet en worry later hoe kwater ,dis wat hulle oor worry.

Ian ·

Nee wat ek kom van Sutherland af en daar gaan dit swaar.

Maar ek voel nie veel vir die onnosele regering nie asook nie hul volgelinge nie. Ek sal altyd vir my en my familie kan sorg want ek kan en weet dis my plig. So hoe gouer hulle hom afbrand tot daar niks oor is nie hoe beter. Viva ANC

Vlieg, dankie ·

….verseker nie met SAL nie, maar terugkom sal ons nie.

Ons vlieg, dankie ·

….verseker nie met s.a.l. nie, maar terugkom sal ons nie.

Feite ·

Ek weet nie wat moet die staat nog versuim om te doen sodat boereorganisasies die boodskap kry dat die staat nie n saak met koloniale boere of met voedselsekerheid het nie. Die ANC se ideologiese drogredenasie is om van koloniale boere ontslae te raak en die grond te vat. Kos sal doodeenvoudig ingevoer word totdat opkomende boere genoegsame kos produseer. Die ANC wil ook op grond wat onteien word en minerale het, begin myne opsit vir werkskepping van 2000 werkers per myn. Die boereorganisasies en burgerregte organisasies het duidelik nie lekker opgelet in die klas nie!

Boerseun ·

Die naiwiteit van blankes in SA is steeds oorweldigend:
Mineraalregte en water is weggeneem
Skole is verengels
Godsdiens is weggeneem
Afrikaans is uit universiteite
Wapens is weggeneem
Blankes word afgele
Die ekonomie sluit blankes uit
Gesondheidsorg sal verander
Blanke eiendom sal sonder vergoeding onteien word
Nou hoekom sal die regering Boere help?

Steeds word ons nie wakker nie! Huldig ons die posisie dat ons dieselfde waardes deel?

KrokodilBotha ·

Kos en vleis kom van Spar. Reen koop hulle in n bottel. Dans daar ook 7 de laan wat mense te besig hou. En dit is nie eers die staat waarvan ek praat nie. Godsdiens sal ek liewers niks oor se nie. Fase hou kop bo water het ingeskop. Ergste is daar is wat glo aan n reenboog land.

Hexadane ·

Waar is wapens weggeneem?
Godsdiens is uit skole en universiteite verwyder, dit beteken nie dat dit nie meer bestaan nie. Dit is Juis nou wat wat mense as famielies dan die Woord moet studeer en lees en wardes by die huis bou en voorbeeldig moet optree in die samelewing.

Madeleine ·

En moenie vergeet van die biljoene vir die SAUK nie. Hierdie regering is lyk my net plein stupid.

Kabous ·

Hier is die hoofrede waarom die SAA so belangrik vir die ANC is:

Vanity – excessive pride in or admiration of one’s own appearance or achievements…

Hier is die hoofrede waarom die ANC SA landbou minag:

An inferiority complex consists of feelings of not measuring up to standards, a doubt and uncertainty about oneself, and a lack of self-esteem. It is often subconscious and is thought to drive afflicted individuals to overcompensate, resulting either in spectacular achievement or extremely asocial behavior.

PieterJohannes ·

Dit is maklik om kop bo water te hou want daar is nie water nie! Om te oorleef:Wel dit is moeilik.

KrokodilBotha ·

Piet. Van dag een af is ons Zimbabwe. Het net langer tyd gevat oor hier meer geld was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.