Wildbewaarder-kamp: De Koker sit lank

Moordbeskuldigde Alex de Koker en sy prokureur op 19 Februarie in die Vereeniging-streekshof Foto: Werner Beukes/SAPA

Moordbeskuldigde Alex de Koker en sy prokureur op 19 Februarie in die Vereeniging-streekshof Foto: Werner Beukes/SAPA

Alex de Koker, wat skuldig bevind is aan die 15-jarige Raymond Buys se moord, is Donderdag in die Vereeniging-streekshof gevonnis.

Landdros Retha Willemse het De Koker tot 25 jaar tronkstraf gevonnis en sy medebeskuldigde, Michael Erasmus, tot drie jaar korrektiewe toesig gevonnis vir sy aandeel in Buys se moord by die Echo Wild Game Rangers-kamp in 2011.

Die twee is skuldig bevind op aanklag van moord, kindermishandeling en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Willemse het gesê De Koker het nie in die hitte van die stryd opgetree nie en was in beheer van dei “tragiese voorval”. “Jy was die persoon in beheer van die tragiese voorval en jy kon dit gestop het, maar jy het nie,” het sy gesê. Sy het gesê De Koker is skuldig daaraan dat hy sistematies ʼn “weerlose kind” gemartel het en verseker het dat hy nie kon ontsnap nie.

Selfs ná ʼn onsuksesvolle selfmoordpoging, het De Koker nie sy fout raakgesien nie, het sy gesê. In plaas daarvan het De Koker gesprekke met Buys op band vasgelê om die hof te mislei.

De Koker is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van moord en vyf jaar vir kindermishandeling, waarvan hy gelyklopend twee jaar tronkstraf sal uitdien vir aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Phillip Venter, De Koker se prokureur, het gesê sy kliënt sal nie aansoek doen om verlof tot appèl nie.

Willemse het gesê Erasmus was bykans self ʼn kind toe hy, in die ouderdom van 18, die misdade gepleeg het. Hy het ʼn 12 jaar opgeskorte vonnis ontvang op aanklag van moord wat dadelik in werking sal tree indien hy binne die volgende vyf jaar enige oortredings begaan.

Buys het ʼn maand, nadat hy in ʼn hospitaal in Vereeniging opgeneem is, aan sy beserings beswyk. Hy was 10 weke lank by die kamp.

Venter het ter versagting van vonnis gesê die feit dat De Koker reeds vier jaar in aanhouding was, moet in ag geneem word tydens sy vonnisoplegging.

Erasmus se prokureur, Chris “Dagga” Smith, het gesê ʼn verslag deur ʼn korrektiewe beampte het bekend gemaak dat daar “baie versagtende omstandighede” bestaan om korrektiewe toesig te regverdig.

Een van De Koker se ondersteuners het “Sterkte Alex!” geskree toe hy in die hof ingelei is.

Erasmus is ondersteun deur sy pa en vrou, met hul sewe week oue dogtertjie.

Buys is deur die twee mans mishandel. Hy is geslaan en met ʼn graaf, stok en 60 cm lange rubberpyp aangerand. ʼn Dokter wat hom ondersoek het, het gesê hy het breinskade opgedoen en is in ʼn diep koma. Hy het ook ʼn gebreekte arm en het tekens van nierversaking opgedoen.

Lees alle vorige berigte oor Echo Wild Game Rangers op Maroela Media.
Bron: Ockert de Villiers, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tammy ·

Baie dankie vir n gepaste straf. Nou is De Koker waar hy hoort, hoop net nie hy slaag daarin om sy mede- gevangenis ook tot die slegste te beiinvloed nie. Hy klink vir my na n manupileerder.

Alki ·

Elke hond kry sy dag, uiteidelik de koker jou suurstofdief, ons almal het lank gewag vir die dag, baie dankie vir geregtigheid wat uiteindelik geseëvier het, mag hy verrot in die tronk en NOOIT lewendig daar uitkom nie !!!!!!!!!!!!!!!!!

Lou ·

Die ma het hom by die kamp afgelaai sodat De Koker van hom ‘n man kan maak. Sy het nie kontrole uitgeoefen nie. Nou gee sy voor sy is die slagoffer. Sy moet saam met De Koker gaan sit.

scalla ·

Hoop de koker probeer die selfde mentaliteit op sy mede gevangenes toepas, hy wil mos in beheer wees

jaycee ·

Vir my is dit duidelik dat De Koker nie gerehabiliteer kan word nie. Hou hom in die tronk totdat hy sy laaste asem uitblaas, wat hopelik met die “hulp” van mede-gevangenes gou sal gebeur. Die marteling van Buys het blykbaar oor ‘n tydperk gestrek en ek wonder net waar was sy ouers in daardie tyd want hoe is dit dat hulle niks agtergekom het nie.

Elaine ·

Lou ek stem saam met jou hoe gaan enige een ‘n week sonder om hulle kind te sien jammer maar dit is nie reg van haar kant af nie. Ek sukel om my kind vir ‘n aand by my suster te los wat nog te se van 10 weke “Come on”

Hannelie ·

Dank Vader hoop hy “geniet” sy sit alhoewel hy langer verdien. Hier het geregtigheid darem geskied. EN ek stem saam met Lou die ma speel nou die slagoffer. Hoekom het jy jou kind in die eerste plek daar gaan aflaai??? Hoekom???? Geen ma doen dit nie! Mens maak nie so van jou kind ‘n man nie, opvoeding by die huis, dis waardit begin!

Eliza-beth ·

Elke hond kry sy dag… en die brakke kry twee. Hier kry die brak 25 jaar. Is dit genoeg? Nie regtig nie, ‘n lewe is soveel meer werd as dit maar toemaar, dis minstens iets!

Eish! ·

Kyk ek hoop die man vrot in die slegste omstandighede wat daar is. Tog het die ma ook skuld. Daar is ‘n tyd wat jy jou kinders moet laat gaan, maar jy moet altyd seker maak dat als reg is met hulle. En dan kan kinders nog ‘n ouer se omgee wegklap met ‘n ek maak wat ek wil houding. Tog ‘n ouer moet seker maak en eers laat los as hy/sy regtig niks meer kan doen vir ‘n kind nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.