Wildbewaarder-kamp: ‘Marteldood’-saak hervat

Raymond Buys Foto: news.grouperly.com

Raymond Buys Foto: news.grouperly.com

Die saak teen die eienaar van ʼn weermagtipe kamp waar ʼn 15-jarige seun gesterf het, hervat Maandag in die streekshof in Vereeniging.

Die verdediging hou tans sy saak aan die hof voor.

Ales de Koker, kampeienaar, en sy medebeskuldigde Michael Erasmus staan tereg op aanklag van moord, kindermishandeling en aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig wat verband hou met die dood van Raymond Buys (15) by die Echo Wild Game Rangers-kamp in 2011.

Die hof het in Julie gehoor dat De Koker slegs ʼn karakter-profiel van Buys gedoen het, en nie die ander kinders wat saam met hom in die skool was nie, omdat hy glo “baie probleme gegee het”. Hy het gesê ondanks die seun se klagtes oor ʼn seer lyf en dat sy hande opgeswel het, is hy aangesê om met sy werk voort te gaan. Hy het die seun gesê sy lyf is seer omdat dit “te maer” is en nie sterk genoeg is nie.

De Koker het gesê hy moes die kind gedwing het om te eet. Volgens hom het Buys homself doelbewus beseer om werk by die kamp te vermy.

Staatsaanklaer Kobus Jacobs het gesê die nadoodse ondersoek het getoon dat vyf van die tiener se ribbes twee tot drie weke voor sy dood gebreek is. Hy is in 2011 in die hospitaal oorlede.

Lees alle vorige berigte oor Echo Wild Game Rangers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

pop ·

Is die De Koker ooit bevoeg om in die samelewing te wees wat nog te se losgelaat tussen kinders. Hy verdedegig nog wraggies sy optrede deur te se die kind was lui. Ons weet natuurlik hoekom hy so n kamp bedryf, oor hy so n klein mannetjie is, ne!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.