Wildbewaarder-kamp: ‘Marteldood’-saak uitgestel

Raymond Buys Foto: news.grouperly.com

Raymond Buys Foto: news.grouperly.com

Die saak teen Alex de Koker, eienaar van ʼn weermag-tipe kamp waar ʼn 15-jarige seun gesterf het, is in die streekshof in Vereeniging uitgestel.

“Die saak sal op 1 Desember hervat,” het Nathi Mncube, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag Donderdag gesê.

Die verdediging hou tans sy saak aan die hof voor.

De Koker en sy medebeskuldigde Michael Erasmus staan tereg op aanklag van moord, kindermishandeling en aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig.

Raymond Buys (15) is in 2011 by die Echo Wild Game Rangers-kamp oorlede. Die hof het op 30 Julie gehoor dat Buys aangesê is om aan te hou met werk, ongeag dat hy van ʼn “seer lyf” en “geswelde hande” gekla het. De Koker het aan die seun gesê sy lyf is seer omdat hy te maer is en nie sterk genoeg is nie. Hy het gesê hy moes die tiener dwing om te eet.

Volgens De Koker het Buys homself doelbewus beseer om nie hoef werk te doen by die kamp nie.

Staatsaanklaer Kobus Jacobs het De Koker uitgevra oor opnames wat hy gemaak het van gesprekke met Buys. Jacobs het transkripsies van die opnames voorgehou. “Jy het merke op jou lyf weens jou eie onnoselheid,” het De Koker aan Buys gesê. Hy het egter gesê hy het nooit gesien dat Buys homself slaan nie. Jacobs sê De Koker het die seun aangerand wanneer hy nie gedoen het wat hy aangesê is om te doen nie. “As dinge skeefgeloop het, het jy geweld gebruik,” het Jacobs aan De Koker gesê.

Volgens Jacobs het die nadoodse ondersoek getoon dat vyf van Buys se ribbes twee tot drie weke voor sy dood gebreek is. Buys het in April 2011 in ʼn hospitaal aan sy beserings beswyk nadat hy die omstrede opleidingskamp vir wildbewaarders bygewoon het. Hy het onder meer skedelfrakture opgedoen tydens die 10 week lange wildbewaringskursus, waartydens hy glo verbied was om met sy gesin kontak te maak.

Gerhard Oosthuizen (19) het in April 2013 in die hof getuig dat hy gedurende die kamp saam met Buys ʼn tent gedeel het. Hy het gesê Buys is in die aande met kettings aan sy bed vasgebind en mag nie badkamer toe gegaan het nie. Buys moes glo ook langs sy bed ontlas en is in ʼn stadium forseer om sy eie ontlasting te eet. Oosthuizen het getuig hy het gesien hoe De Koker en Erasmus vir Buys met ʼn skokstok martel.

Lees ook:
Hof hoor van tiener se marteldood by ‘opleidingskamp’
15-jarige sterf ná omstrede ‘verregse’ wildbewaringskursus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

HEVW ·

As dit alles waar is het ons hier met die verdierliking van die mens te make. Dis onbegryplik dat mens tot so n vlak kan daal, satan het hier duidelik oorgeneem. Vat hul uit die gemeenskap.

SNEL ·

Ek hoop van harte De Koker en Erasmus kry wat hulle verdien. Hoe moet die ouers voel om te dink hulle het hul kinders na hul dood gestuur. Daar waar hul net opleiding en pret veronderstel was om om te hê. Dis niks anderste as moord nie. Mag daai 2 gevoellose mans vir ewig sit. Hulle is gemors wat uit die samelewing verwyder moet word.

PJ ·

Sulke monsters hoort nie in die beskawing nie maar tussen gemors waar hulle van hulle eie medisyne sal terug kry.

Elfie ·

Selfs een van die twee misbroedsels se seuns het teen hulle gedraai en al die goed as die waarheid beskryf – op Carte Blanche. Ek kry die arme ouers so jammer, hulle kan nie afsluiting kry en wens seker hulle kan aan die goed doen wat aan hul seun gedoen is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.