Wildbewaarder-kamp: Moordenaars hoor vandag hul lot

Raymond Buys Foto: news.grouperly.com

Raymond Buys Foto: news.grouperly.com

Alex de Koker en Michael Erasmus, die mans wat skuldig bevind is aan die moord op Raymond Buys (15) ná gebeure by ʼn wildbewaarderkamp, sal Donderdag in die Vereeniging-streekshof gevonnis word.

De Koker (49), die eienaar van die weermagtipe kamp, en sy medebeskuldigde, Michael Erasmus (20), is in Februarie skuldig bevind aan moord, kindermishandeling en aanranding. Die klagtes hou verband met dade wat in 2011 by die Echo Wild Game Rangers-kamp tot die dood van Buys gelei het.

Buys is erg deur die twee mans mishandel terwyl hy in 2011 “opleiding as veldwagter” ontvang het. Hy is onder meer met vuiste, ʼn graaf, ʼn stok en ʼn 60 cm lange rubberpyp geslaan, met ʼn skokstok gemartel en in ʼn stadium gedwing om sy eie ontlasting te eet.

Die dokter wat Buys ondersoek het toe hy ʼn dag voor sy dood in die hospitaal opgeneem is, het gesê dat hy breinskade opgedoen het, in ʼn diep koma was, ʼn gebreekte arm gehad en tekens van nierversaking getoon het.

Lees alle vorige berigte oor Echo Wild Game Rangers op Maroela Media.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Martha ·

Geen tronkstraf kan vergoed wat aan die kind gedoen is nie.

Gina ·

Ek hoop jul sit en stuk in jul eie ontlasting. Die tronkstaf moet n voorbeuld wees vir pa”s daarbuite wat dit alreeds aan hul kinders gedoen het. Maar weet net voor GOD se regstelsel
sal julle nie daarmee wegkom nie. Dis net een te veel vir my. Hoop GOD sal met hul werk daar in die tronk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.