Wildbewaarder-kamp: Twee vlugtig in hof

Raymond Buys Foto: news.grouperly.com

Raymond Buys Foto: news.grouperly.combuys

Alex de Koker, die eienaar van ʼn weermag-tipe kamp, en sy medebeskuldigde Michael Erasmus, het Donderdag vlugtig in die streekshof in Vereeniging verskyn.

De Koker en Michael Erasmus staan tereg op aanklagte van moord, kindermishandeling en aanranding met die doel om ernstig te beseer ná die dood van Raymond Buys (15) by die Echo Wild Game Rangers-kamp in 2011.

Die staat en verdediging het albei hul slotbetoë ingedien.

Tydens die beskuldigdes se vorige hofverskyning op 3 Desember het Erasmus onder kruisondervraging gesê De Koker het vir hom gesê hy sal vir hom ʼn nuwe werk op ʼn nuwe plaas, ʼn motor en geld gee as hy die skuld sou dra vir Buys se mishandeling.

Die saak is tot 27 Februarie uitgestel wanneer uitspraak gelewer gaan word.

Lees alle vorige berigte oor Echo Wild Game Rangers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lilla Foord. ·

Uiteindelik! Na soveel jaar. Uitspraak!
Mag geregtigheid geskied! Soveel leed wat Raymond se ouers al moes deurmaak.

SNEL ·

Ek stem saam, hoop nou die hofsaak beweeg na n punt toe en dat die twee kry wat hulle verdien . Dis vreeslik wat hulle aan daai arme kind gedoen het en ook wat sy ouers nou moet deurmaak.

lorayne ·

Hoe uitgeslape kan mens wees? Die lee belofte van ‘n nuwe werk op ‘n nuwe plaas, ‘n motor en geld? Lekker lag ek nou!
As jy in ‘n tronk sit vir moord sal jy nooit van die aanbod kan gebruik maak nie! Erasmus? praat jou hart uit want die gewig van ‘n leuen
trek mens in die grond in!
Mag jy in vrede rus Raymond Buys . . .

Leeutjie ·

Ek lag ook saam met jou Lorayne. Daai De Koker het daardie arme outjie ook voor die bus ingegooi!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.