Wildbewaarder-kamp: Uitspraak in moordsaak verwag

Alex de Koker en sy vrou Johanna op 19 Februarie in die Vereeniging-streekshof Foto: Werner Beukes/SAPA

Alex de Koker en sy vrou Johanna op 19 Februarie in die Vereeniging-streekshof Foto: Werner Beukes/SAPA

Uitspraak sal na verwagting Vrydag in die Vereeniging streekshof gelewer word in die hofsaak van Alex de Koker en Michael Erasmus na die afsterwe van ʼn 15-jarige seun.

Die twee mans staan tereg op aanklag van moord, kindermishandeling en aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig wat in 2011 by die Echo Wild Game Rangers-kamp tot die dood van Raymond Buys gelei het.

Erasmus het vroeër getuig dat De Koker hom gevra het om die skuld te dra vir die mishandeling by die kamp. Hy het ontken dat hy Buys met ʼn stuk rubberpyp, ʼn graaf en ʼn sekel aangerand het, maar hy het erken dat hy hom geslaan, geskop en een keer met ʼn besemstok geslaan het.

Erasmus voer aan Buys is mishandel in opdrag van De Koker en dat hy die seun slegs aangeval het terwyl De Koker teenwoordig was.

Buys was uitgehonger, ontwater, het breinskade opgedoen, ʼn skedelbreuk, ʼn gebreekte arm en het kneusplekke en sigaretbrandmerke oral oor sy liggaam gehad.

Prokureurs vir die verdediging en die staat het op 19 Februarie hul slotbetoë gelewer.

Lees alle vorige berigte oor Echo Wild Game Rangers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

rudi ·

Geen tronkstraf sal genoeg wees vir die barbare nie, dis nou hier waar die doodstraf perfek sou werk.

Charles ·

Dankie Vader dat dit nie my kind was nie ek het simpatie met die ouers maar niks met sy boelies nie ons mag nie oordeel nie maar ek hoop vir n ordenlike uitspraak Lewenslank plus n week dit was n KIND

Neptunus ·

Op die oog af ‘n spul damduikers, die hele spul. Ek voorspel so 20 tot 25 jaar effektief, hoewel hy meer verdien.

Riaan Slabbert ·

Maroela, het jul n verteenwoordiger daar? Kan julle ons asb op hoogte hou van die uitspraak asb? Ek het baie belang daarby…

CHRISTA ·

Dis sulke tye wanneer hulle die Bybelse straf van steniging moet terugbring sodat die hele dorp se mense die barbare kan stenig. As ander dan sien wat met sulke moordenaars gebeur, sal hulle dalk twee keer dink voordat hulle ook so iets aanvang.

Riana Malan ·

Hierdie seun het ‘n verskriklike dood gesterf. Mag mnr vd Vyfer kry wat hy verdien. Miskien kan iemand een van sy ore afkap en sommer een been of arm ook. Ek het regtig ‘n afsku aan hom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.