Wildbewaarders vas oor renosterstropery

Argieffoto

Argieffoto

Twee wildbewaarders het Maandag in die Bosbokrand-landdroshof verskyn nadat hulle glo met vier renosterhorings, ter waarde van ongeveer R2 miljoen, betrap is.

“Sibusiso Mahlawule (26) en Enous Mabunda (44) staan tereg op aanklag van renosterstropery,” het kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, gesê. “Hulle is by die Skukuza-kamp in die Kruger-wildtuin in hegtenis geneem.”

Hulle aansoek om borgtog is afgekeur en hulle moet Woensdag weer in die Skukuza periodieke hof verskyn.

William Mabasa, woordvoerder van SANParke, het intussen bevestig twee veldwagters is Saterdag by Nwanedzi in die Kruger-wildtuin in hegtenis geneem vir hul vermeende betrokkenheid by renosterstropery. “Die inhegtenisneming volg ná ʼn gestroopte renosterkarkas op 16 Junie in die gebied gevind is.”

Fundisile Mketeni, uitvoerende hoof van SANParke, het gesê die beamptes word by die Skukuza-polisiestasie aangehou hangende ʼn verdere ondersoek. Hulle het ook Maandag in die hof verskyn.

“ʼn Veldwagter van Satara en ʼn tegniesedienste-toesighouer in Skukuza is op 9 Junie in hegtenis geneem,” het Mabasa bygewoon. Hulle het ook reeds in die hof verskyn.

“Ons is deurlopend paraat en dit het tot die inhegtenisnemings gelei,” het Mketeni gesê. “Die bewaarders is geskors en die inhegtenisnemings is die gevolg van deurlopende ondersoeke deur SANParke oor renosterstroopaktiwiteit in die wildtuin. Ons wil die wildbewaarders, SANParke se omgewingsmisdaad-ondersoekeenheid en die Suid-Afrikaanse Polisiediens geluk wens vir hul goeie werk en hulle daaraan herinner dat dit ʼn stryd is wat ons nie kan bekostig om te verloor nie, ons moet baklei vir ons erfenis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

tammy ·

Wat n skande!!! Het hulle vir Sanparke gewerk? Sies man. Hartlike dank aan die wakker ouens wat hulle vasgetrek het. Uitstekende werk.

Wat-ek-lees ·

Hulle gee uitvoering aan ‘om wolf skaapwagter te maak’.
So is hulle oral te vinde in ons samelewing en hierdie wolwe het enige (vel)kleur.

Leon Pit ·

Dit gaan in alle departemente so vol onbetroubare,onbevoeg en vol selfverryking en korrupsie. Hulle hoort nie in so n belangrike pos te werk nie. Sterkte Ou Renoster kry een in jou gebied en vermorsel hom.

henry ·

Hulle behoort alle veldwagters te poligraaf op n gereelde basis anders sal dit nie uitgeroei word nie!

Veritas ·

En die hele wêreld se Bambi-junkies huil oor die renosters wat uitgemoor word. Dit is voorbladnuus regoor die wêreld. Van die duisende boere wat oor die laaste paar jaar in Suid-Afrika vermoor was, word daar niks gesê nie. Ons lewe voorwaar in ‘n vreemde, onverstaanbare wêreld.

koos ·

Ek sal graag wil weet waar en hoe mens agterdogwekkende gebeure in die Kruger Wildtuin rapporteer?. As ‘n gereelde besoeker in die Wildtuin het ek by geleentheid op ‘n verlate stukkie pad, ‘n bakkie alleen sien staan. Dit het geen Parkeraad kentekens gehad nie en was vir my agterdogwekkend, veral toe ek ‘n paar uur later weer daar verby is en dit steeds op dieselfde plek staan. Ek het ook ‘n paar fotos en video opnames van besoekers wat doodeenvoudig by ‘n bepaalde dam uit hulle voertuig geklim het en oral rondgestap het!. By wie meld ek sulke gebeure aan, met die besliste wete dat ek nie die Duiwel by die Satan aankla nie?. Gaan ek nie dalk gevikitmiseer word as ek ‘n klag lê nie, want dan het bepaalde mense my kontakbesonderhede?. Sal graag antwoorde wil hê, asb?!

rudi ·

Kruger is getransformeer net soos al die stelsels wat die renoster moet beskerm. Ons kan maar net toekyk en huil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.