Wildbewaarders vind 14 leeus wat ontsnap het

Leeuwelpies by ‘n wildreservaat aangrensend tot die Krugerwildtuin (12 April 2019) (Foto: REUTERS/Siphiwe Sibeko/ANA)

Wildbewaarders het ʼn trop van 14 leeus opgespoor nadat hulle uit ʼn natuurreservaat in Limpopo ontsnap het.

Daar was aanvanklik vermoed dat die trop uit die nabygeleë Krugerwildtuin ontsnap het, maar Isaac Phaahla, woordvoerder van SANParke, het gesê dit is nie duidelik van watter reservaat hulle ontsnap het nie. Maroela Media het vroeër berig SANParke het gesê die leeus is nie ʼn bekende trop van die wildtuin nie.

Inwoners van Phalaborwa en die nabygeleë Foskor-myn is gewaarsku om op hul hoede te wees ná die leeus ontsnap het.

Phaahla het gesê die leeus sal met mikroskyfies toegerus word en geskuif word, maar dit is nog steeds nie duidelik na watter reservaat die leeus geskuif moet word nie. “Hulle moet geskuif word na ʼn plek waar hulle hulself weer kan vestig en waar hulle nie ʼn bedreiging sal wees van die dominante trop nie,” het hy verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hilda Ferreira ·

Hierdie leeus is al vir meer as 2 jaar in ons omgewing. Hulle is gevestig in n bebosde gebied buite Phalaborwa en hou nie n onmiddelike gevaar in vir enige iemand nie. Ons is trots op ons wildlewe en dit sal rerig onnodig en hartseer wees as die trop geskuif word. Ons deel ons lewens daagliks met olifante, luiperde, seekoeie en ander kleiner wildlewe. : ( asseblief #losonsleeus

Lizelda ·

Nee Hilda die mensdom moet mos alewig krap waar dt nie jeuk nie. Pleks dat hulle d mannekrag gebruik het om stropers en moordenaars vas te trek, maar nee…

Sjoe ·

Daar is vanoggend ‘n sekuriteitswag by Foskor deur’ n olifant doodgetrap.
Luiperds word gereeld gesien en hulle vang bobbejane en honde in die dorp.
Een van die dae gaan ons toegangsfooie moet betaal om Phalaborwa te besoek.

Leeukind ·

LOS DIE VREDELIEWENDE NATUUR UIT,

DOEN IETS POSITIEF EN SORG DAT PHALABORWA DORP EN OMGEWING HERRYS UIT DIE “STANK” VAN SWAK DIENS LEWERING

Foxi ·

Ja, los hulle uit! Hulle was net lus vir n lekker ete en n uitstappie.

Lizelda ·

Wonder bo wonder dat d arme 14 leeus nie OOK afgemaai is soos d 2 luiperds id week nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.