Limpopo-wildboer vermoor, verdagte reeds vas

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 51-jarige wildboer is Saterdag in die vroeë oggendure op sy wildplaas in die Rooiberg-omgewing, tussen Thabazimbi en Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo, vermoor.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die boer het geslaap toe ʼn onbekende aantal verdagtes toegang tot sy plaashuis verkry en hom oorweldig en vermoor het.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat die boer verwurg is. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om presies te bepaal hoe hy dood is,” het Ledwaba gesê.

Die verdagtes het met die boer se kluis van die toneel gevlug.

Die Rooiberg-polisie is oor die voorval ingelig en is dadelik na die toneel. ʼn Volskaalse soektog na die verdagtes is van stapel gestuur en ʼn 29-jarige verdagte is in Bela-Bela gearresteer.

“Die gesteelde kluis, met ʼn vuurwapen, ammunisie en kontant is kort daarna in ʼn veld buite die dorp opgespoor.”

Die soektog na die ander verdagtes duur voort.

Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Bela-Bela-landroshof verskyn op aanklagte van moord en die besit van vermeende gesteelde eiendom.

Die oorledene se naam is nog nie bekend gemaak nie.

Lees die opvolgberig hier: Ses vas vir moord op Limpopo-wildboer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Olgadene ·

Die boer wat vermoor is in die plaas aanval is sover my kennis strek in die Thabazimbi distrik vermoor. Naby die plaas waar die Res egpaar aangval was en Petro Res vermoor is. Dit is die 3de moord net in die omgewing.

olgadene ·

Skies julle. Ek seker verkeerd. Die plaasmoord is 11km van my af, en 6 km van waar Petro Res op hul plaas vermoor is.

Peet J ·

Ek wonder maar net hoe het hulle in die huis gekom was daar nie honde, alarms, sekuriteitshekke of waarskuwings middele nie Dit blyk dat hulle nou as bendes begin optree want hulle is gewoonlik meer as een. Waarom is die boer se lewe geneem hy is in sy slaap oorval en verwurg wat ‘n klomp lafaards.

Nyki ·

Su huis is baie maklik bekombaar en hy kan nie regtig terug baklei. Hy is nie ten volle mobiel nie, a.g.v n ongeluk n paar jaar gelede.

Genis ·

Solank daar net nie aan die taal gevat word nie nê. Dan is almal in rep en roer. Een vir een word ons vermoor, waar is ons woede en verontwaardiging?

Riaan ·

Nee kyk hulle het ons soos paddas in koue water gegooi en nou 20jaar later begin daai water warm word en ons is aan die slaap gevang
Skruk wakker ons word dag vir dag uit gemoor

Niel ·

Ek is verbaas dat boere nie meer paraat is nie? Selde hoor mens van ‘n boer wat aanvallers geskiet het? Ek sou alarms instaleer, met rewolwer onder my kussing slaap. Honde in die huis kan ook ‘n verskil maak

Vlooi ·

Siener van Rensburg het voorspel dat daar duisende wit mense vermoor gaan word voor daar redding gaan kom

Gatvol ·

Gee hom vir die gemeenskap dat ons n voorbeeld van hom kan maak
Ek weet wraak kom ons nie toe nie maar die klippe gaan uitroep as dit so aangaan
Ons is terug by die tyd toe babas se koppies teen die wawiel stukkend geslaan is

Uitgemoor maar mos nie my probleem! ·

Net gister lees ek die kommentaar van sommige wat gaan begin opstaan teen die plaasmoorde en maar net weer vandag nog n blanke plaasmoord…..praat praat praat maar net my volkie..praat praat praat.

Poplap ·

Moenie langer huiwer nie, vertel ons wat jou oplossing vir die probleem is.

Danie Kok ·

Dis waar dat die moorde op ons mense ongebreideld voortgaan terwyl ons op sosiale media protesteer. Wat is die oplossing? Ek glo dat ons moet eerstens as Afrikanervolk terugdraai in ootmoed en berou oor ons sondes na die lewende God van die Bybel. Daar kom ‘n stryd tot die dood toe vir ons mense, as ons nie na Hom toe gaan vir leiding, wysheid en innerlike krag nie is ons gedoem tot uitwissing. Die beginpunt van ons stryd om oorlewing is by God. Die vraag is, hoeveel Godgelowige Afrikaners is nog oor?

Eddie Shawe ·

Feedback Farm attack Thabazimbi:total of six suspects were arrested by HPG unit,including deceiced girlfriend,and another 3 white suspects and 2 blacks will keep you updated on when they will appear in court case still under investigation no further information available.

Eddie Shawe ·

Daar word meer ophef gemaak oor die aanvalle in Parys as wat die plaasmoorde in Suid Afrika gemaak word.

patrys ·

Dis di boer se vriendin en ha seun. Di vriendin se vriendin en n vriend en hulle 2kleurlinge gehuur om daad te pleeg. Al 6 gearristeer

js ·

Mag ons almal iets leer uit die geval. ‘n Vuurwapen in die kluis help jou niks.

Hou daai ding gelaai en naby!

Sophia ·

Hierdie was nie n normale plaasmoord nie. Dit was deur blankes wat hy geken het beplan en georganiseer. Hierdie arme man kon honself nie eers teesit weens liggaamlike gebrek. Wanneer gaan die doodstraf terug gebring word.

Peter ·

Hier sit ek nou in Londen en na hierdie vreeslike aanvalle in Parys – wonder die Britte wanneer is dit hul beurt. Almal se gebede en medelye word uitgestort aan die Franse…
Wat nogal my meer as hierdie aanvalle vreeslik hinder…is die feit dat so baie Suid Afrikaners gou is om te vra hoekom die wereld nie kennis neem en hulp aanbied met ons moorde in SA nie……………. wel die WERELD gaan nie ons probleme in SA uitsorteer vir ons as ons dit nie self kan of wil doen nie. Almal WEET wat in SA aangaan………. almal PRAAT en redeneer……maar die mense kan en sal nooit saamstaan om dit uit te sorteer nie…!
Daai storie van die padda’s in die kookwater – dis heeltemal van toepassing om ons mense….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.