Wilde jaagtog, skietery in ooste van Pretoria  

(Foto: Brinant)

ʼn Poging tot ʼn inbraak het Donderdag tot ʼn jaagtog en wilde skietery in die ooste van Pretoria gelei met een verdagte wat gewond is en twee wat in hegtenis geneem is.

Lede van die Brinant-veiligheidsmaatskappy het ʼn wenk ontvang dat drie verdagtes in ʼn wit Audi by ʼn huis in Faerie Glen probeer inbreek. ʼn Ooggetuie het op die vermeende rowers geskree waarna hulle in die Audi op die vlug geslaan het.

Een van Brinant se nommerplaat-kameras het die Audi se nommerplaat afgeneem en daar is vasgestel dat die motor in verskeie huisrooftogte in Pretoria gebruik is.

(Foto: Brinant)

Die verdagtes het in die rigting van Garsfontein gevlug en lede van Brinant se taktiese-reaksie-motorfietseenheid het hulle agternagesit en in Jacqueline-weg opgespoor. Die verdagtes het op Brinant se beamptes losgebrand.

Brinant se reaksiebestuurder en taktiese-reaksiebestuurder het intussen van die teenoorgestelde kant af gekom. “Die verdagtes het ook op hulle losgebrand en alle hel het tydens die skietery losgebars,” het ʼn woordvoerder van Brinant gesê.

(Foto: Brinant)

Die Audi is op die hoek van Delfi-laan en Solomon Mahlangu-weg tot stilstand gedwing en die drie verdagtes is voorgekeer. Een van die verdagtes is ernstig gewond tydens die skietgeveg. Daar is op twee vuurwapens beslag gelê en daar is vasgestel dat die voertuig in Maart tydens ʼn huisroof gesteel is.

Kapt. Dave Miller, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, die besit van gesteelde goedere en die besit van huisbraaktoerusting.

“Ons ondersoek die moontlikheid dat die verdagtes met ander misdade in die ooste van Pretoria verbind kan word,” het Miller gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Kokerboom ·

Verskeie verskonings: Geen voertuie, geen brandstof, KFC, geen ammunisie, skofte geruil, nie lus, bang..ens

Keelvol ·

Interessant dat julle nie self betrokke by die saak is nie, maar eerder veilig by die huis sit en kritiseer.

Tino ·

Retoriese vraag, sien tot dusver dink een persoon hulle kan nog op die SAPS steun

Nicholaas ·

Uitstekend, om te dink ons polisiemag was eens op n tyd so puik, welgadaan aan die sekuriteits maatskappy.

Aai ·

Baie goeie polisiebeamptes werk nou vir daai sekuriteits maatskappye.

Pierre ·

Die arme man wou seker maar net `n geldjie kry om vir hom n belt te gaan koop.

Ovelia ·

Kan die hof net iets doen met di verdagtes? Mense gee hul lewens op die spel net om di verdagtes los te laat deur borgtog en dan doen hul net weer wt hul gedoen ht. Asb maak n plan mt die howe

Hennie J ·

Sopas verneem die hoedman pionne was wel oppad na die toneel, maar is weens stadige diens by die kfc ietwat vertraag. #fake news

Surfer ·

Baie goed gedoen, geluk aan die sekuriteits maatskappy. As die polisie daar was het hulle weer weg gekom. LOL.

Jakes ·

Dis puik werk deur die privaat sekerheidsmaatskappy want sou die polisie dieselfde uitslag kon bewerkstellig?

Antoinette ·

Ek se ook baie dankie. Ek reken dis dieselfde 3 wat 2X inwoners in my onmiddelike nabyheid aangehou en beroof het, en nou die aand in ‘n kompleks en in Jacquelinestraat. Ek hoop van harte hulle gaan baie lank sit. Hierdie omgewing is sat van al die misdaad.

Hennie ·

Eintlik “useless” SAPS se werk, maar nou ja. Baie geluk aan die sekerheidsmaatskappy!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.