Wilde skietery in Doornfontein, JHB

Hoek van Davies- en Rockeystraat in Doornfontein, Johannesburg Foto; Google Maps

Hoek van Davies- en Rockeystraat in Doornfontein, Johannesburg Foto; Google Maps

Een vrou is dood en minstens vyf ander mense, waaronder drie kinders, is Saterdag beseer tydens ʼn skietery in Doornfontein in Johannesburg.

“Drie volwassenes en drie kinders is tydens die skietery beseer,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Paramedici het dadelik een van die vroue probeer bybring, maar sy is op die toneel dood verklaar.”

Een volwassene en een kind is in ʼn kritieke toestand en die ander volwassene en twee kinders het ernstige beserings opgedoen. Die pasiënte is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn hospitaal geneem is.

Kapt. Doniah Mothutsane, woordvoerder van die polisie, het gesê die skieter het by ʼn woonstelblok in Daviesstraat opgedaag en lukraak begin skiet. Die polisie is steeds op soek na die verdagte.

Die motief vir die skietery is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

Ek glo die wapens was gesteel en dit is wat die gemors dan doen, skiet onskuldige mense. En wat gaan die polisie doen? Dis kultuur, ons vermoor en skiet maar mense so. Niks snaaks nie né ANC regering. Solank hierdie onskuldige gesinne net betaal dat zuma in nkandla woon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.