Wildpark se hek gesluit weens betogings

Versperrings Woensdagaand in die Addo-omgewing. Foto: SAPD

Voortgesette betogings buite die Addo Nasionale Olifantpark noord van Port Elizabeth het die park genoop om vir ʼn onbepaalde tydperk een van sy hoofhekke te sluit.

Janine Raftopoulos, hoof van kommunikasie by SANParke, het Donderdag aan Maroela Media gesê die park se hoofhek vanaf Addo is gesluit weens betogings deur stakende sitrusplaaswerkers.

“Dit is nog nie bekend hoe lank die hek gesluit gaan wees nie. Besoekers aan die park kan toegang deur die Matyholweni-hek of die hoofhek vanaf Patterson verkry. SANParke sal ʼn aankondiging op sosiale media maak wanneer die hek by Addo weer oop is,” het sy gesê.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder van die Uitenhage-gebied, het aan Maroela Media gesê ʼn groep mense betoog al sporadies sedert verlede week, vermoedelik oor arbeidsverwante kwessies.

“Talle grondpaaie wat na informele nedersettings tussen Addo en Kirkwood lei, word kort-kort met voorwerpe wat aan die brand gesteek word, asook klippe en stompe versper,” het sy gesê.

“Die betogings het gister weer opgevlam en die situasie in die gebied is steeds gespanne. Die betogers probeer na bewering werkers wat nie wil staak nie, verhoed om in en uit die gebiede te kom.”

Swart het gesê daar is ʼn groot polisieteenwoordigheid in die gebied om die situasie te monitor. Beamptes van die polisie-eenheid vir openbare orde is ook in die gebied ontplooi.

“Tot dusver is daar nog geen skade aan eiendom of enige beserings aangemeld nie,” het Swart bygevoeg.

Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.

Versperrings Woensdagaand in die Addo-omgewing. Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jane ·

AG hierdie land sal nooit regkom nie al gee hulle vir ELKE ou ‘n plaas .. dit sal NOOIT reg wees nie, dan gaan hulle weer staak oor implemente en saad en hulp en lenings en dienste. WAT MY DEKSEL Is is die feit dat die KRIMINELE en stakers ALTYD meer regte het as di eeerlikes wat WIL werk en hulle werk WIL DOEN . Wanneer staan hulle nou op?

Gertryda ·

Polisie sien ouens klippe pak maar doen niks
Nee wat dit gaan my verstand te bowe
Ons word gevangene gehou deur die sogenoemde stakers
Waar is my menseregte????

GM ·

Dit raak nou afgesaag. Die polisie word betaal om daar te staan en als te monitor, en hul hande word afgekap deur opdragte van bo. Die kriminele weet dit. Die belastingbetaler het ook regte.

De Villiers ·

Dis sulke goed wat mense laat wonder oor ‘n Volkstaat idee.

Penellope Jones ·

Nie ‘n enkele dag gaan verby waar iemand nie oor iets protesteer met geweld, ens. nie.
Die grootste probleem is dat dit klaarblyklik goedgekeur word deur die “regering” want daar word niks aan gedoen.
Kyk anderkant toe, hoor niks, sien niks, doen niks en spring so hoog as moontlik om die protesteerders gelukkig te en die nagevolge word glad nie in ag geneem nie.
Stemme is te belangrik in die verkiesing(s).

De Villiers ·

Penelope, die regering en die polisie doen juis niks omdat hulle self dit doen, wat hulle by hul ouers en grootouers geleer het. Hulle het oor al die jare nog nie besef watse geweldige negatiewe effek dit op die ekonomie het, en ons internasionale beeld daardeur geskaad word nie.

PJC ·

Die onuitspreekbare nuwe name vir hekke en plekke maak geen sin vir ons wat nie in die omgewing bly nie so hulle kan net sowel sommer sê die hele park is gesluit.

Mrs H ·

In SA is dit nie proteste nie, dis mini oorloë. Wens dit kan onwettig verklaar word. Dis net n opbrengs van meer onbekostigbare probleme van verwoesting, kriminele motivering en moord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.