Wildreservaat ontken leeu het man gebyt

Argieffoto

Argieffoto

Die eienaars van die Bagamoya-wildreservaat naby Bloemfontein het Woensdag bewerings ontken dat ʼn leeu een van hul gaste, dr. Begbie Hunter, aangeval het.

Beeld het Woensdag berig dat Hunter Maandag deur ʼn leeu by die reservaat aangeval en gebyt is. ʼn Foto is saam met die berig gepubliseer wat Hunter se rug met wonde en dreineringspype wys.

“Niemand is aangeval nie, mense wil dit net nie verstaan nie,” het Sharine Barnard, van die reservaat, aan Sapa gesê. “Die man is nie gebyt nie, hy is gekrap. As ʼn leeu jou byt sal daar niks van jou oorbly nie.”

Hunter het aan die dagblad gesê hy was tussen twee leeumannetjies toe een hom met sy kloue op sy rug bygekom het, en hom na die grond toe gedruk het. Hunter het toe glo die leeu se tande in sy nek gevoel.

Volgens Beeld het Hunter verskeie wonde aan sy rug, nek, arm en been oopgedoen. Daar word berig dat die leeu se tande Hunter se regteroor en skouer deurboor het. Hunter sê die voorval het nie langer as vyf minute geduur nie, voordat Botha Barnard, een van die reservaat se eienaars, die leeu weggelei het. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.