‘Wildstroper’ op plaas doodgeskiet

‘n Mes en vuurwapen waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

ʼn Vermeende wildstroper is Maandagmiddag op ʼn plaas in die Hoedspruit-omgewing in Limpopo doodgeskiet.

Lt.kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, het gesê veiligheidsbeamptes van Protrack Security was besig met ʼn patrollie op die plaas toe hulle drie mans in die bosse opgemerk het.

“Hulle het gesien een van die mans dra ʼn vuurwapen en het agterdogtig geraak dat die mans dalk stropers kon wees,” het Netshiunda gesê.

“Die man met die vuurwapen het na bewering op die veiligheidsbeamptes geskiet. Die beamptes het teruggeskiet en dié man noodlottig gewond. Die ander twee kon daarin slaag om tussen digte doringbosse weg te kom.”

Volgens Netshiunda is een van die veiligheidsbeamptes na ʼn hospitaal geneem nadat hy geringe beserings tydens die voorval opgedoen het.

By die polisie aankoms op die toneel het hulle die man se liggaam in ʼn selfgemaakte kampie aangetref. ʼn Vuurwapen, messe, draad om strikke mee te maak, kookgerei, mieliemeel en biltong is op die toneel gevind.

Netshiunda het gesê die oorledene het nie identifikasie aan hom gehad nie en is vermoedelik in sy 60’s.

Die Hoedspruit-polisie ondersoek roetinegewys ʼn saak van moord. Verdere ondersoek sal gedoen word om te bepaal of die man met enige misdrywe verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anoniem ·

Bedryf sy eie slaghuis op die boer se plaas.
Ongelooflik!

honourable member ·

Goeie nuus. Hoe meer van hierdie gemors uitgeroei word hoe beter. Geen respek vir die natuur nie.

Van ·

Okay…………..een vraag, gaan iemand aangekla word van moord in die geval?

Anoniem ·

Net een vragie…..hoekom die artikel aanhaal as “wildstroper” as al die bewyse daarop dui? Ja ek weet onskuldig tot andersins bewys kan word….Of het die eienaar van die plaas vergeet hy het mense wat sy drade kom regmaak, iewers in ‘n selfgemaakte kampie op sy plaas gebly het?

Leahim ·

Weereens sekuriteit doen die werk en raai wat doen die polisie ….ondersoek hoekom het ons die klomp nodig die sekerheid maatskappye het hulle rol reeds oorgeneem en behaal baie beter resultate as hulle.Ek se bemagtig hierdie sekuriteits maatskappye om ondersoeke te doen en direk met die vervolgingsgesag te werk ,privatiseer die tronke en misdaad word aangespreek die klomp in blou weet mos hulle gaan salaris kry ongeag of hulle iets doen of kfc eet

Marius ·

Weereens… Hoekom moet daar eers iemand amper dood geskiet word voordat dit optrede kan regverdig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.