Wildtuin-stropers sit lank

(Argieffoto ter illustrasie: Unsplash)

Die provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, het haar waardering uitgespreek in die manier hoe die hof stropers gevonnis het. Dit volg ná vyf stropers in die Skukuza-streekhof gevonnis is.

Sam Nyagumbi Thobela (50) en Ezekiel Solomon Mafuyeka (27) is op 24 Maart effektief 16 jaar tronkstraf opgelê ná hulle skuldig bevind is op aanklag dat hulle renosters in die Krugerwildtuin gejag het.

Die twee het die Malalane-deel van die wildtuin op 30 Januarie 2020 betree met die uitsluitlike doel om renosters vir hul horings te stroop.

Natuurbewaarders het vreemde spore in die wildtuin opgemerk en dadelik besef daar is betreders. Die twee beskuldigdes is met behulp van ʼn snuffelhond opgespoor en aangekeer. Hulle het twee renosterhorings en ʼn jaggeweer in hul besit gehad. Die jaggeweer se reeksnommer is afgevyl. Hulle is ook met ʼn byl betrap.

Die polisie in Skukuza is in kennis gestel en die twee mans is in hegtenis geneem op aanklag van die jag van ʼn renoster, die onwettige besit van ʼn vuurwapen, die besit van ʼn gevaarlike wapen en betreding.

Intussen is Simon Salomon Mhlanga (43), Morris Paul Chauke (41) en Sam Jack Maluleke (48) op 22 Maart effektief 18 jaar tronkstraf opgelê vir hul betrokkenheid by stropery in die Krugerwildtuin. Die drie mans het op 3 September 2015 die wildtuin by Pretoriuskop betree. Hulle het ʼn witrenoster by Nwatswishaka geskiet en gewond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nie Verbaas

Tot Cyril met sy volgende kwytskelding kom Dan gaan hulle maar net aan waar hulle opgehou het.

Gary

Lekker.

Nico

Hoe lank is lank, 5 jaar.