Wildtuin sukkel met strikke wat verwoesting saai

Johan de Beer wys die buffelskedel aan die media. Foto: Brenda Masilela/ANA

Veldwagters in die Krugerwildtuin het vanjaar al meer as 1 600 strikke in die wildtuin verwyder.

Johan de Beer, hoof van die honde-eenheid in die wildtuin, het gesê die wrede toestelle saai verwoesting onder die diere in die wildtuin.

Volgens De Beer het hulle die afgelope twee jaar ʼn verwoestende opkoms van onwettige jag in die westelike parkgrens tot by Punda Maria gesien. Volgens hom word van die diere gevang vir “bosvleis”. Wanneer groter diere, soos leeus, geteiken word, is dit egter vir moetie.

De Beer het ʼn buffelskedel aan die media gewys om te verduidelik hoe die diere in die strikke gevang word. Die buffel het glo tot vier maande lank met die strik geloop wat in sy skedel ingesny het.

De Beer kon nie ʼn presiese getal gee van die diere wat in strikke dood is nie, maar het gesê hy moes vanjaar al talle diere van kant maak nadat hulle in strikke gevind en ernstig beseer is.

Johan de Beer by van die strikke wat hulle verwyder het. Foto: Brenda Masilela/ANA

“Ons kry baie leeus en hiënas met strikke om die nek en partykeer olifante waar die strikke aan hul pote is. Ons probeer hulle red, maar as hulle te erg beseer is, kan ons niks doen nie en moet ons hulle van kant maak.”

Volgens De Beer is die meeste strikke vir bokke en buffels terwyl stropers renosters en olifante teiken. Hulle vind ook partykeer strikke vir voëls en visse. De Beer het gesê die stropers stel gewoonlik in die nag die strikke naby riviere en drinkgate en kom dan in die oggende terug voor die veldwagters begin patrolleer.

In sommige gevalle kom leeus of hiënas eerste op die diere in die strikke af. “Dit is baie gevaarlik, want een keer het hulle op ʼn leeumannetjie afgekom wat aan ʼn karkas vreet en die leeu doodgemaak.”

De Beer het gesê hy is nie gelukkig met die vonnisse wat stropers opgelê word nie. “Hulle word tot drie of vier jaar tronkstraf gevonnis indien hulle nie ʼn boete kan bekostig nie en partykeer word die saak sommer net geskrap.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Thinus ·

Dis wat gebeur as hulle grense oopmaak tussen SA en Mosambiek. Dan word die park besmet met wettelose Mosambiekers wat geen respek vir die natuur of die wildlewe het nie en dink net aan hulself. Maak die grens toe en implimenteer oordentlike grensbeheer, nie die afgewaterde poging wat die regering aanwend nie.

dries ·

Eenvoudige oplossing vir al die. Kry al die ou wermagslede, tel die werkloses op langs ons strate met weermag voertuie, ontplooi hulle in tent kampe wat hulle moet oprig, ly hulle op. Gee hulle kos en laat hulle iets positiefs begin doen deur hierdie oortreders te jag en uit te roei. Die afgewaterde pogings om stropery te keer sal en gaan nooit werk nie. Wat doen ons weermag, vloot en lugmag troepe?? Ek sal dit verniet doen maar iets moet NOU gedoen word…

Maxie ·

Thinus, dis die wéstilike parkgrens! Wat beteken dis mense van Limpopo wat die kwaaddoeners is.

Frank ·

Iemand is wakker!! Ek bevraagteken egter die 1600. Boere in die Waterberge, byvoorbeeld haal maandeliks ‘n bakkievrag strikke van die veld af.

Jan ·

Dit help niks om werkloses op te lei nie dit sal net meet stropery afgee.die weermag gee ook nie om nie hulle stroop saam…

Anoniem ·

Hy is regtig ‘n yster. Ek het die voorreg gehad om hom ‘n paar maande gelede by Sandbaai te ontmoet. Hy het sommer vinnig ook ‘n paar perlemoenstropers laat spaander.

humor ·

Dit wil voorkom hongersnood is al teeds aan die orde van die dag. Dan wag daar groot moeilikheid. Of gaan dit blood oor selfverryking?

Henk ·

Buitelanders uit arm Afrikalande omring die wildtuin. Daar is geen SAWeermag of SAPolisie teenwoordig in die wildtuin nie. Ons landsgrense is onbewaak.

E.K. die eerste ·

Ek WENS so een van die gemors wat die strikke stel kom self in so een te lande en dat dieselfde met hom gebeur as met die arme diere

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.