Wildtuin-veldwagters vas vir stropery  

Veldwagters in die wildtuin. Foto: SANParke/Facebook

Twee veldwagters van die Krugerwildtuin is in hegtenis geneem weens beweerde betrokkenheid by renosterstropery.

Volgens William Mabasa, woordvoerder van die wildtuin, was die twee veldwagters in Houtboschrand, noord van Satara, werksaam.

Die twee verdagtes is Maandagoggend in hegtenis geneem ná ʼn ondersoek deur SANParke se omgewingsmisdaad-ondersoekeenheid en die polisie. Hulle word daarvan verdink dat hulle in Mei vanjaar ʼn witrenoster geskiet en onthoring het.

Toeriste het verlede maand skote gehoor in die Houtboschrand-omgewing waarna ʼn renosterkarkas in die veld gevind is. Die twee verdagtes was in die area ontplooi ten tyde van die voorval.

Glenn Phillips, uitvoerende bestuurder van die wildtuin, het die ondersoekspan geloof en gesê daar is geen plek vir korrupsie en kriminaliteit in hul geledere nie. “Ons is baie teleurgesteld dat van ons lede die vertroue van Suid-Afrikaners en natuurliefhebbers verraai.” Die twee verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Intussen is nog drie vermeende stropers Maandag in hegtenis geneem nadat veldwagters verdagte spore agternagesit het. Die verdagtes was in besit van ʼn hoëkaliber-jaggeweer, toerusting wat vir stropery gebruik word en ammunisie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

corne ·

mooi net jammer die renoster is nogsteeds dood. Hoop hulle word swaar gestraf.

hendrik ·

Nou wat anders het jy verwag. Ek is geskok dat dit nie die eerste plek is waar jy begin soek het nie.

Nettie ·

@Alida – ek kan nie méér met jou saamstem nie.

Kyk net wie en wat IS vandag “wildbewaarders” – en nou veralgemeen ek. Natuurlik is daar nog wildbewaarders en werknemers van SANParke wat werklik die bewaring van fauna en flora in hul bloed het. Maar, soos die gesegde gaan, ‘almal het hul prys’ – dit was maar seker in hierdie geval so?

Lee ·

Wys jou weereens dat jy hulle nie kan vertrou nie. Sodra hulle ‘n quick buck kan maak is hulle in op die deal. Kry ander ouens om te help vir wie bribes en geld nie als is nie. Swak!!!

1+1 ·

Dit is ook ‘n geval van erfgoed is swerfgoed. Ons gaan dit in ‘n toenemende mate ervaar.

Andrea van Vuren ·

Stel wit werklose jong mans aan om die werk te doen.

DV ·

Dit is baie jammer dat binnekring mense so die pad beuster raak.
Dit maak dit net moeilikder om hulle was te trek.

SjN ·

Die makste hond byt die seerste, inside job soos by meeste misdade, maak n voorbeeld van die betrokke asb.

Theresa B ·

Geld is ook alles in diè se oë. Ek wonder hoeveel van hulle is betrokke by die uitmoor van die arme diere. Dink ek sal my hande saamslaan………………….

Colleen ·

Daar is nog baie van hulle. Daar is gereeld veeartse of veldwagters betrokke.

Michael ·

Sien jy nou .Nou besoek jy en jou gesin die wildtuin vir n lekker weg breek.maar jy kry n probleem daar en jy soek hulp en jy vra die wild bewaarders vir hulp net daar beroof hulle jou of moor jou en jou famielie uit .as hulle dit aan diere kan doen wat se kans het die besoekers dan.

GM ·

Ek is verbaas dat sulke nuus enige iemand verbaas. Het hul regtig gedink almal is daar omdat hul diere liefhet en hulle wil beskerm? Vir meeste is dit net ‘n werk, ‘n manier om kos op die tafel te sit. In meeste beroepe word die mense ook so min betaal, dat ‘n klein bedraggie omkoopgeld sommer BAIE aanloklik is. Die vraag is, wat is die oplossing? Mense sal altyd meer en meer geld wil hê, hulle sal altyd geïntimideer of gedreig word as hul nie saamspeel nie. Hulle moet aan die stropers doen wat die stropers aan die arme diere doen.

Anoniem ·

Hierdie veldwagters moet ekstra swaar gestraf word. Hulle het presies geweet hoe bedreig die renosters is.

Jan Seerot ·

Ek verstaan die konsep van hoëkoeëlbaan- en laekoeëlbaan wapens. Die vraag is egter of ons praat van wapens van ‘n groot kaliber of wapens met ‘n hoë kaliber?

ANNET VENTER ·

Ha ha … hul gaan niks oorkom nie … regtig ? dis mos hoe dit werk in SA !!

Tracy ·

Armoede of swak salarisse sal altyd omkoopgeld aantreklik maak, maar selfs ryk, hooggeplaaste amptenare en veeartse is betrokke. Die waarheid is dat gierigheid die werklike dryfveer agter hierdie wreedaardigheid is, daar moet baie meer gepraat word oor die oorsake van korrupsie en minder verskonings gesoek word. Korrupsie op alle vlakke van die samelewing is onaanvaarbaar, en die leiers in die samelewing moet die boodskap begin uitbeeld en gierigheid luidkeels verwerp. As jy hierdie boodskap egter probeer uitbeeld in jou ontwerperssnyerspak met jou R10 000 ontwerpershorlosie aan en wegry in jou R1 000 000 se luukse motor, alles gekoop met jou “temderpreneur” geld, sal jou boodskap ie veel gewig dra nie.

lewies ·

‘n Foto lieg nie. Dankie dat julle nie die karkas wys nie.

Abe ·

Johanna B.
Leunverklikker (poligraaf toets) is totaal onbetroubaar.

Gatvol ·

Sal graag wil weet wat die verskil tussen ʼn renosterstroper en ʼn perlemoenstroper. Renosterstroper word in hegtenis geneem as hulle met toerusting gevang word waarmee renosters gestroop word. Perlemoenstroper loop oop en bloot met hulle toerusting in die strate en die strande ( wat toe is vir skubaduik!) en mag net gevang word as hulle onder die hoogwatermerk is. Kom ook niks oor as hulle nie met die perlemoen aan hulle gevang word nie. Daar word self op mense geskiet. Hulle gaan oop en bloot met bote uit, duik met lugbottels en laai die duikers voor beamptes op sonder dat daar ʼn vinger verroer word. Renosterstroper word geskiet. Perlemoenstropers kom weg.!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.