Wildtuin waarsku besoekers oor staking

Foto: Skermskoot/Google Maps

Die Kruger-wildtuin het besoekers gewaarsku dat hy betroubaar verneem het dat talle van sy personeel glo vandag sal staak.

Die wildtuin sê in ʼn verklaring hy het verneem dat “hierdie arbeid onttrek sal word op Sondae en openbare vakansiedae” weens ʼn arbeidsdispuut. Luidens die verklaring is die bestuur tans in gesprek met vakbondverteenwoordigers om die werknemers se besware op te los.

“Die hekke wat moontlik geraak sal word, is die Phalaborwa-hek, Paul Kruger-hek, Phabeni-hek, Numbi-hek, Malelane-hek en Krokodilbrug-hek.”

Glenn Philips, uitvoerende hoof van die Kruger-wildtuin, het besoekers verseker dat veiligheid- en gebeurlikheidsmaatreëls in plek gestel is om te verseker dat gaste nie enige ongerief hoef te verduur nie. Hy het besoekers wat reeds plek in die wildtuin bespreek het, aangemoedig om nie hul besprekings te kanselleer nie.

“Ons vra om verskoning vir hierdie ongelukkige situasie en enige ongerief wat dit mag veroorsaak terwyl SANParke werk om vinnig ʼn oplossing vir die saak te vind. Daar sal beperkte dienste aan gaste gebied word, maar die bestuur werk hard om die situasie te normaliseer ten spyte van die staking deur die park se personeel,” het hy gesê.

“Die gasvryheidsdiensbestuur by die verskillende kampe sal te alle tye beskikbaar wees om gaste se versoeke te hanteer en te verseker hulle het ʼn goeie ervaring by die Kruger-wildtuin.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Johan ·

Dit is die hedendaagse Suid-Afrika : nimmereindigende wydverspreide oproerige stakings. Ek is nou al só moeg vir hierdie afgesaagde stories…..

Maljan ·

Jy is reg. Daar is mense wat bid om so n werk te kry. Maar velkleur is hopeloos te lig. Die konstitusie sê “Die werker het n reg om te staak.” Het die konstitusie verduidelik dat die reg nie intimidasie, vandalisme, rommelstrooi, aanranding, breek en brand insluit nie? Nee! Te kortsigtig.

Gert van Wierdapark ·

Miskien moet die mini-Ster van Sport ‘n taakspan aanstel om te kyk of “Staak” nie as nasionale sport verklaar kan word nie! Die Skaak-mat situasie wat stakings dikwels in verskeie sektore van die arbeids-mag tot gevolg het, noop so ondersoek. Ek reken dat SA se werkers wat so graag staak, die vermoe het om internasionaal gemaklik met die Goue medaljes in enige Staak-kategorie weg te stap!! He-he-he!

Pieter ·

Dis seker hulle beurt om op Sondae renosters te “poach”. Staak is mos een van ons sterkpunte.

Talie ·

Die regering wil werkskep maar dan wil die wat werk het dit nie doen nie. Wat de heng gaan dit help?

Toeroperateur ·

Staak ? Ek as werkgewer staak ook nou. Nou sit nog werkers sonder werk oor hul staking. Wonder wie sal Parkeraad se werkers betaal as toeriste ook staak ?

Elna ·

Toeriste het al lankal begin staak hier op die kus weens swak diens lewering deur die ANC en die brûe en paaie wat steeds nie herstel is na die vloede nie en so sink die land net al hoe dieper en dieper on die see in. Gee vir die mense wat WIL werk n goeie werk. Hou op om na velkleur te kyk almal is van vlees en bloed gemaak.

SjN ·

Stuur die klomp stakers vir die dag na n begraafplaas sodat hul kan sien al die wat daar lê is toe nie onmisbaar nie. Kry iemand anders wat wil werk.

Andreas ·

En Cyril het vir ons ‘n beter wêreld in China gaan soek.

piet piet ·

Skrap diskriminerende wette teen minderhede en stel mense aan wat wil werk ,die diskriminerende wette vernietig hierdie land se ekonomie.

Andreas ·

Die land is in die algemeen vodde regeer, die vakbonde met hul stakende lede vir elke gril en gier op sleeptou is deels rede dat ons sit waar ons sit. Plaas dat meneer die president en sy regering, ook die party waarvan hy die president is, al hierdie remme wat op die ekonomie ‘n katestrofiese invloed het van ontslae raak.

Maar nee, nou hardloop hy buite rond op soek na iemand wat vir hom ‘n superstad, of ‘n paar kan bou om werkloosheid aan te spreek, en raai wat, die vakbonde klim in, maak daar lede bymekaar dat die bieses bewe, en dan begin stakings daar ook van vooraf aan.

Mens kan tereg vra, wie hou die ekonomie gevange en wie regeer die land?

Maar hy moet die vakbonde gelukkig hou, wat dis waar groot deel van die ANC se stemme lê.

Boy van die Suburbs ·

@ Andreas – Stem! Die uitdrukking mik vir die sterre en val oor die boomtoppe, is nou tipies Cyril se styl! Ou Cyril droom van ‘n Superstad, maar meanwhile back at the ranch stort alles duie!

marco polo ·

Ag nee wat, Kruger wildtuin, wie wil nou sulke gemors ervaar as jy met vakansie is. Ek ry baie eerder Etosha toe in Namibia, waar mense waardeer dat jy kom en jou geld in hul land spandeer.

Hans ·

So vreemd dat mense wat werk het oor onbenullighede staak. Die stakers wil maksimum ontwrigting veroorsaak gedurende vakansieseisoen.

Johanna Botha ·

Alles is in n staking gewikkeld of brand reeds en het reeds nie meer geld nie ! !

Talie ·

Die regering wil werkskep maar dan wil die wat werk het dit nie doen nie. Wat de heng gaan dit help?

Nita ·

Nee, voeter aan met julle gestakery tot toerisme ook in die grond in is en julle nie meer werk het nie. Tussen stakers, rowers, stropers en moordenaars, stort Suid-Afrika al dieper die afgrond in.

Andre ·

Cyril is mos n oud vakbond man. Laat hy met die stakendes praat.

NouHIER ·

Ons is nou in die KNP. Word glad nie geraal deur enige stakings. DieI eerste tyding wat ons gekry het daarvan is hier op MM.

marous ·

Kom asseblief nog kuier …ons kan nie waarborg dat julle by die hekke gaan inkom of kos of water kry nie . Dalk ‘n asblik of twee in jul rondawel , maar kom nog steeds of probeer ten minste . Ons het jul geld nodig om die stakers te betaal

aj ·

Die ANC se kommunistiese vriende in China laat geen stakings toe nie en korrupte staatsamptenare kry die doodstraf … so ook dwelmhandelaars.

Waarom LEER die ANC nie by hulle vriende nie?

O ja … slegs een kind word per vrou toegelaat in China … ! Geen plakkers!!!

Wens die Chinese wil ons verlos van die ANC kaders!

Andreas ·

Laat ek liewer niks sê oor die ingesteldheid van sekere mense oor enigiets nie. Die hier vandag het nie meer ‘n passie vir die onderwys nie, nie die geneeskunde nie, nie die natuur nie, hulle is nie geroepe nie, hulle sal nie veil vir die land gee, veral al is dit ten koste van hulself is nie, niks is verniet nie, hulle gee nie uit hulself nie. Hulle het nie geleer om terug aan die land te gee nie, nee ….

diere. liefhebber ·

dis omdat as daar poste oop is,word die poste gegee vir hul vriende of familie,buitestaanders wat oor die nodige kwalifikasies beskik en beter cv het word nie aangestel,mag hul dan maar sukkel,met hul keuses wat geen aanwins is.

Adri ·

Hoekom hoor ons nooit van sportmanne of vroue wat staak nie. Dink net wat sal gebeur as die hele springbokspan staak minute voor hulle moet opdraf vir ‘n toets. Hulle sal nooit weer rugby speel nie want hulle sal sonder werk sit. Blykbaar is daar nie vakbonde in sport nie. Indien ‘n vakbond vir Nadal aanraai om te staak en om te weier om teen Federer tennis te speel….dit sal interessant wees om die gevolg te sien. Ek daag vakbonde uit om die sportwêreld te betree.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.