Wildtuin waarsku teen malaria

Argieffoto. Foto: Pixabay.

Die Krugerwildtuin het gaste gewaarsku om voorsorgmaatreëls te tref teen malaria voor hulle die park besoek.

William Mabasa, woordvoerder van SANParke, het gesê die park is in ʼn malariagebied geleë, hoewel dit as ʼn lae-risiko-gebied beskou word.

“Ons het al swaar reën gehad vanjaar en daar lê oral poele water. Ons ondervind dus tans ʼn paar malariagevalle, veral in die noordelike dele van die park,” het Mabasa gesê.

“Dit blyk dat malaria op die randjie van ʼn uitbreking is alhoewel dit amper winter is, met sommige van die land se provinsies wat honderde gevalle aanmeld. Daarom waarsku ons gaste om voorsorgmaatreëls te tref in oorleg met hul dokters omdat die wildtuin bekend is as een van die malaria-endemiese gebiede in Suid-Afrika,” het Mabasa gesê.

Mabasa het gesê deur muskietweerder op die vel te gebruik, gaas voor vensters en deure toe te hou en die binnekant van die blyplek met afweerder te spuit kan die risiko vir malaria aansienlik verminder word.

Mabasa het ook gesê dat alhoewel malaria-seisoen gewoonlik van Oktober tot April is, dit hierdie jaar ’n bietjie anders is.

“Ons het mediese dokters aan diens in Skukuza, die KNP se hoofkamp, en die publiek is enige tyd welkom om hulle telefonies te raadpleeg by 013 735 5638 voordat hul die wildtuin besoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

marous ·

Die reen het niks te doen met die feit dat die virus toegeneem het nie. Die regering het 3 jaar gelede opgehou met spuit , en nou is dit buite beheer. Die grootse navorsings instituut het geen toets apparate nie want ….. daar is nie geld nie. Die area is nie lae risiko nie … die hoeveelheid bevestigde gevalle die laaste maand en sterf syfers word nie vermeld nie , want dan gaan dit die toeriste afskrik.

Marthinus ·

Die grootste probleem is die konvooi vragmotors op die R40 tussen Phalaborwa en Maputo. Hulle oornag in dorpe op die roete en muskiete vlieg dan letterlik onder inwoners in. Die malaria word daagliks aangery uit die buurland en beland op plekke wat kwansuis lae risiko is. Draers kry saamry geleentheid en help met verspreiding. Die owerhede het totaal beheer verloor weens die feit dat onkundiges nou die uitbreek probeer keer. Hulle konsentreer op gebiede wat reeds voorvalle aanmeld en geensins op voorkoming nie. Bespuiting word nie meer gedoen nie. Die vragmotors moet ook van die roete gehaal word en treine weer gebruik word. Dan sal malaria en verwoeste paaie beide aangespreek word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.