Wildtuin-werkers se staking uitgestel

Argieffoto: Sanparke

Die bestuur van SANParke het Woensdag bevestig dat ʼn aantal van sy werknemers in verskeie afdelings en by verskeie parke begin staak het.

Die staking is egter gou uitgestel ná ʼn vergadering tussen die partye, SANParke en die vakbond Hospersa by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA). Albei partye het ingestem dat die staking tot 24 Julie uitgestel word.

SANParke het Vrydag reeds gesê hy het ʼn amptelike kennisgewing van die vakbond Hospersa ontvang dat sy lede gaan staak nadat onderhandelinge oor salarisverhogings ’n dooie punt bereik het.

“Alle nasionale parke is geëvalueer en ons het bevind dat daar sekere plekke is waar personeel nie vir werk aangemeld het nie, of wel aangemeld het en toe as gevolg van die staking weg is,” het Janine Raftopoulos, hoof van kommunikasie by SANParke, vroeër Woensdag gesê. “Ons het gebeurlikheidsplanne in alle parke in werking gestel en sal die situasie noukeurig monitor.”

Raftopoulos het gesê die polisie, weermag en vrywilligers van Working for Water is Woensdag na alle ingange ontplooi om besoekers se veiligheid te verseker.

Hospersa dring aan op ʼn 9%-salarisverhoging vir hul lede, terwyl SANParke bereid is om ʼn 6% plus 1% se betalingsverhoging toe te staan. Hospersa het vroeër in ʼn verklaring gesê SANParke het in die vorige boekjaar ʼn wins van R1,29 miljard aangeteken, en dat ʼn 9%-verhoging dus in hul mening geregverdig is.

Die KVBA het albei partye versoek om terug te keer na die onderhandelingstafel om voor dan te probeer om die kwessies op te los.

SANParke het die KVBA bedank vir sy volgehoue poging om ’n werkbare oplossing te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dave ·

85% besoekers aan die wildtuin is van een bevolkingsgroep. Hulle geld is goed genoeg om die wildtuin te besoek, maar hulle mag nie daar werk nie. Seker minder as 10% van die weknemers is van die wat by verre die meeste die wildtuin besoek. En of dit nie genoeg is nie, dan staak daardie ander ook nog. Toe die mense wat meeste die wildtuin besoek het ook daar gewerk het, het hierdie stakings nie plaasgevind nie.

Hans ·

Ja daar is duisende mense wat smag om te werk en dan kry mense wat allerhande onrealistiese eise stel. Sou Sanparke aan die eise toegee styg tariewemet die gevolg minder besoekers die parke besoek-dan moet mense afgedank word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.