Wildtuin wil dalk renosters skuif

Foto:  Brocken Inaglory, Wikimedia Commons

Foto: Brocken Inaglory, Wikimedia Commons

SANParke het Sondag ontken dat die Kruger-wildtuin 500 van sy renosters uit die park wil skuif en aan privaatkopers wil verkoop.

“Die saak word tans deur die raad van SANParke bespreek en dit is voortydig om daaroor te berig,” het Wanda Mkhutshulwa, woordvoerder vir SANParke, in ʼn verklaring gesê.

Die Sunday Times het berig die wildtuin wil 500 renosters na ʼn geheime ligging ontruim in ʼn laaste poging om die diere van stropers te red.

Vier bronne het glo aan die publikasie gesê dat 250 renosters vir ongeveer R60 miljoen aan privaatkopers verkoop is. Die ander 250 sal na ʼn veilige omgewing geskuif word wat deur SANParke beheer word.

Mkutshulwa sê die skuif van die renosters vir hul beskerming is nie iets nuut in die land nie. Hy sê die renosters wat tans in die wildtuin te sien is, was deel van ongeveer 350 renosters uit Hluhluwe Mfolozi-park in St Lucia, KwaZulu-Natal. Die renosters was in die 1960’s byna uitgesterf in die park.

Die koerant berig daar is binnegevegte in SANParke wat die beplande skuif verhoed. Mkutshulwa het dit as gerugte verwerp. “Ons weet nie waar hierdie inligting vandaan kom nie, en glo dit is net gerugte deur anonieme bronne en ons sal ons weerhou om daarop te reageer,” het hy bygevoeg.

Hy sê ʼn raadsvergadering is belê om voorstelle te bespreek om die renosters te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

se-net ·

dit gaan die probleem v stroopers nie oplos nie. Hul gaan waar die renosters is!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.