Wildtuinbesoekers moet ID’s wys

Argieffoto Foto: godiscoverabroad.com

Die bestuur van die Krugerwildtuin het besoekers gewaarsku dat hy binnekort ʼn bykomende toegangsbeheerstelsel by sy hoofhekke in werking gaan stel.

Glenn Phillips, die park se uitvoerende hoof, het in ʼn verklaring gesê daar gaan van alle besoekers van 18 jaar en ouer verwag word om ʼn amptelike identiteitsdokument of bestuurslisensiekaart te toon wat geskandeer sal word om toegang tot die suidelike dele van die wildtuin te bied.

Toeriste en inwoners wat nie ʼn Suid-Afrikaanse identiteitsdokument het nie, se paspoorte sal geskandeer word.

“Die nuwe stelsel het ten doel om mense se beweging in en uit die wildtuin te monitor. Inligting wat verband hou met enige persoon wat die wildtuin binnekom sal op ʼn sentrale plek aangeteken en gemonitor word,” het Phillips gesê.

Phillips het gesê die stelsel geld almal wat die wildtuin binnegaan, van personeel tot diensverskaffers. “Ons verwag dat die stelsel ons proaktiewe bewaring, vroeë waarskuwing en opsporing gaan verbeter. Ons sal voortgaan om van toepaslike veiligheidstegnologie gebruik te maak in ons strewe om deurgaans die veiligheid van ons besoekers en wild te verbeter.”

Besoekers sal steeds op die gewone manier moet in- en uitteken by die hekke voordat die ID’s geskandeer gaan word.

Phillips het gesê veiligheidspersoneel word reeds opgelei om die nuwe stelsels te bedryf en om te verseker dat so min moontlik vertragings plaasvind as die nuwe stelsel in werking gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Hannes ·

Solank dit net vir almal geld. Almal in bakkie en taxies ook

Ronel ·

Hannes, as jy reg onthou uit vorige berigte, was daar al renosterhorings en olifanttande in mercedeses en ander sedan voertuie ook uitgesmokkel. Sommer onder die enjinkap.

anton ·

Wat n grap!!!
Maar die werklike skelms wat daar doenig is sal nie geraak word nie want hulle beweeg daar rond sonder dat die wildtuin daarvan weet.
Nou gaan die wettige besoekers net meer gepla word met nog reels.
Dankie tog ek gaan nie daarheen nie.

Leon ·

Nee Anton, ons het dit almal verkeerd! Die onwettiges kom mos heel rustig by die hek in en sê:- Hallo julle, ons kom haal net gou ‘n paar renoster horings, dankie en lekker dag vir julle ook” Daar is mos nie sprake van onwettiges wat deur of oor heinings inkom nie, Dit is net ‘n “rumour”

o ·

Net soos jy se, Anton: Sluip liewer oor die grens vanaf ‘n ander land en stroop wild na willekeur. Geen ID of paspoort nodig nie

Nita ·

Dis n baie goeie idee. Enige iets wat kan help om hierdie erfenis te bewaar moet gebruik word. Die stelsel behoort wettige besoekers glad nie te verontrief nie.

Chris Ws ·

Gelukkig sal dit ons nie affekteer nie.Ek en my vrou is lankal klaar met die KNP agv van hul uitbuiting.

Anna ·

Ons kamp toe vroeer die jaar reg langs die Kruger Wiltuin by Pafuri tente kamp. Die eerste oggend oppad pafuri hek toe gewaar ons dat n Ollie die nag oor die draad kom kuier het en so ent pad af weer oor die draad terug is na eie bodem. So kom ons agter dat die elektriese heining , te oordeel aan die verwering, al baie lank nie meer werk nie en dat dier en mens heel maklik deur die heining kan breek. So meld ons dit by Pafuri hek aan. Nodeloos om te sê 4 dae later le die heining nog net so plat op die grond. Nou wonder ek maar net of dit rerig sinvol vir n stroper is om deur die park se hoofhekke te sluip? O ja, en wat word met die gemeenskapsfonds (1% van berblyfskoste) gedoen? Maar ja, ek steun elke moontlike poging wat stropery die hok kan slaan!

Lee ·

Die ID’s klink vir my na ‘n goeie en logiese idee en moes lankal terug al besin geword het.
Hoop maar net die doel heilig die middelle.
Alles moet gepoog word om ons renosters te bewaar.
Dankie KNP !

Liza101 ·

Enige iets wat kan bydrae tot die bewaring van ons geliefde Kruger Nasionale Park. Ons is gereelde besoekers en doen jaarliks aansoek vir ons “Wild card” Hierdie reeling sal nie pla nie, ons weet waaroor dit gaan. Sien julle sommer gou weer!

Carel ·

Ek wil net weet hoe gaan dit help om kriminele uit die KNP te hou die krim gaan ook maar net sy ID wys

LF ·

Blink! Hopelik kan die ID gekoppel word aan ‘n voertuig registrasie en kan die wat so uit hulle motors klim opgespoor word.

Swart Piet ·

Sluit dit nou die voetgangers wat te voet uit die ooste kant inkom ook in???? Ek gaan eerder see toe of kyk my eie wild al is dit net n paar duikers en n klomp jakkalse.

Man ·

As die personnel goed opgelei en eerlik is kan dit seker help, maar toe ons in Julie daar was het dame by toonbank ons as 2 instede van 4 persone op die ingangs vorm aangedui na sy tweemaal gevra het hoeveel mense ons is. Hulle het ons natuurlik by die hek laat omdraai sodat sy dit kan regstel.
Onbeholpenheid en oneerlikheid kan die beste planne in die wiele ry.

Johan ·

Nou wat van die hekke wat nie die Suidelike gedeeltes hanteer nie. Of is daar nie genoeg skanderings-toerusting nie…..

Pieter ·

As die dokumente geskandeer word, wat is die waarborg dat ID bedrog nie sal plaasvind nie?
Kan SanParke waarborg dat inligting veilig sal wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.