Wildtuinhek die naweek gesluit

Die Paul Kruger-hek. Foto: http://greater.krugerpark.co.za/

Die Paul Kruger-hek. Foto: http://greater.krugerpark.co.za/

Wildtuinbesoekers wat beplan het om die naweek deur die Paul Kruger-hek op die R536 die Krugerwildtuin in of uit te gaan, is gevra om van ander hekke gebruik te maak.

William Mabasa, woordvoerder van SANParke, het in ʼn verklaring gesê die Paul Kruger-hek sal die naweek gesluit wees weens ʼn diensleweringbetoging in die gebied. “Ons is nie seker of die betogings al opgehou het of steeds aan die gang is nie en daarom word gaste aangeraai om eerder nie van hierdie roete gebruik te maak nie,” het Mabasa gesê.

Inwoners van Mkhuhlu betoog oor swak dienslewering in die gebied.

Mabasa het motoriste aangeraai om die Phabeni- of Numbi-hekke te gebruik tot verdere kennisgewing. Die Phabeni-hek is sowat 10 km vanaf Hazyview op die R536 terwyl die Numbi-hek ongeveer 31 km vanaf Witrivier en 52 km vanaf Nelspruit op die R40 is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Josua Keys ·

Nou het ek al alles gehoor, kan jy nou meer, 7( SAI) Suid Afrikaanse Infantarie eenheid hoop dit is nog wat die eenheid bekend staan is reg langs Kruger hek jy ry regvoor die eenheid verby om by Kruger hek in te gaan, stel die weermaglede saam die Phalaborwa Polisie daar aan diens om die paaie in en om Phalaborwa te beskerm en te patrolleer. Sodra mense wil Toi Toi oor een of ander ongelukkigheid moet iets mos gebrand, verniel,gebreek of ontwrig word, ek was in Phalaborwa in die eenheid vir diensplik en kan julle belowe as daar net gerugte sou wees van so ‘n aard was ons lankal op ‘n gereetheids gronslag geplaas of was dadelik ontplooi en het met patrollies begin, wat van die Lughawe, regoorkant die eenheid????? so dit moet ook mos beskerm word, ek hoop regtig die DA verslaan die ANC met die volgende verkiesing of stig koalisie regerings wat werk want die ANC het nie die vaagste benul van hoe ‘n land se veiligheid en die van sy burgers asook besoekers van die buiteland werk nie. In ons tyd het ons seker gemaak dat die tipe van ontwrigtings nie sou plaasvind nie ONS KON DIT BESTUUR HET!!!!!

Johann ·

Joshua Keys, ek dink jy het so effens verdwaal. Die Kruger hek is, soos die kraai vlieg, 120km Suid van Phalaborwa. Jy verwys seker na die Phalaborwa hek wat langs 7SAI is.

Frederik ·

Bietjie baie verdwaal. Maar andersins stem ek met Josua saam. Ons sal van die ANC moet ontslae raak om die land te red. Wat sal ‘n besoekende buitelander aan die Kruger Nasionale Park dink as iemand vir hom sê om nie die Krugerhek te gebruik nie, want daar’s oorlog aan daai kant van die park ?

Ander Koos ·

Diensleweringbetoging? Hoe rym dit? Het die gemeenskap wat nou betoog nie enkele dae gelede vir dieselfde regering waarteen hulle nou weer betoog, gestem nie? Of is dit ‘n verskuilde agenda?

Stemdom ·

Ja ek dink aan dieselfde ding, as ons op die kaart van stemresultate Kyk glo ek ons sal sien hie sterk hierdie mense maar net weer vir dieselfde party gestem het.

Lance ·

Maak nie saak nie waar nie …hulle kan ry tot daar en hulle werk doen goeie jimmel !

barend ·

josua,enige person wat dink dat die D.A die oplossing is lewe n droom word wakker die D.A IS DIE EERSTE WAT SAL VLUG AS DIE PAW PAW DIE FAN STRIKE ,hulle is n klomp vroue en pompom boys wat net kan praat en dans en skreeu .ons oplosings le in dade en mense wat visie het en wat kan werk en wat gelovig is .nie almal kan dit verstaan nie .alles wat die boere volk opgebou het gaan vernietig word ALLES wat westers is sal venietig word ,kyk op tv hulle dra al almal hulle uniforms met die rooi sterertjie op ,dit gaan n groot oorlog wees van korte tyd.die boere volk is n gelofte volk onthou dit en nie almal is n boer nie ,net ons kan dit verstaan

Wern ·

barend, jy is reg maar wees versigtig nou. Ek glo Cherokee gaan saamstem met wat jy sê maar hy gaan kwaai wees oor jou taalgebruik.

Arie ·

Wat ek nooit sal verstaan nie is dat die “mense” steeds anc stem,

Eugene ·

Barend, Wern, Arie en Eend. Julle is van die pad af en lewe in julle eie droomwereld!

Eend ·

Nou waarom bly die gepeupel stem vir die einste party wat hulle so oor kla? Is dit maar nie net plein domkopgheid nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.