Wildvanger erg verniel in wrede plaasaanval

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

’n Wildvanger en sy vriendin is Saterdagoggend helder oordag wreed aangeval by ’n lodge in die Beestekraal-omgewing in Noordwes.

Eddie Kritzinger (44) en Audrey van der Merwe (50) is omstreeks 10:00 by hul huis oorval terwyl sy wasgoed opgehang het en Eddie die boorgatpomp in ’n buitekamer gaan aanskakel het.

Hennie Klopper, eienaar van die lodge, het gesê Eddie is erg verniel. Hy moes steke aan sy kop kry en sy liggaam is oortrek van rou wonde soos die aanvallers hom oor die sement rondgesleep het. “Hy het hom teëgesit, maar die drie was te veel vir hom. Hulle het hom baie seergemaak.”

Volgens Klopper is daar groot kommer in die gemeenskap oor die hoeveelheid rondlopers in die omgewing. Gedurende die Paasnaweek het verdagtes die drade geknip en deurgekruip om toegang tot die lodge te kry. Verskeie gaste se besittings, waaronder selfone, kameras en skootrekenaars, is gesteel.

“Ons is weerloos en magteloos. Iemand het onlangs ook by ons bure ingebreek, waar die boosdoeners met vuurwapens weggekom het.” Klopper het gesê hulle kry goeie samewerking van die polisie en hy hoop die verdagtes word gou aangekeer.

“Dit maak mens egter moedeloos as daar soveel aanvalle in jou omgewing is. Jy wonder elke keer wanneer dit jou beurt gaan wees.” Volgens Klopper was die lodge sy groot droom om ’n plekkie in die natuur van sy eie te hê. “Ek weet egter nie of dit die moeite werd is nie. Ek dink maar daaraan of dit nie beter sal wees om te emigreer nie.”

Die aanval op Kritzinger en sy vriendin is een van drie in die omgewing die afgelope naweek. Monique van den Berg (24) het skedelbreuk en breinbloeding opgedoen en haar man, Christo (26), is in die been geskiet nadat twee aanvallers hulle op ʼn plaas net buite Rustenburg oorval het. Nog ʼn egpaar is Vrydagaand op ʼn plaas in die Elandskraal-omgewing buite Mooinooi deur sewe gewapende rowers oorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ben ·

Ek dink ons kan hierdie verskerpte toename in plaas aanvalle voor die deur van die EFF en sy leier Mal emma le
Sy uitsprake is erg rassisties en gee eintlik goekeuring aan wetteloosheid veral teen witmense
Iemand sal hom tot verantwoording moet bring

Johan ·

Ben, ek dink die rede vir die aanvalle lê voor die deur van de Klerk en die wat vir hom gestem het. So jammer dat so baie van hulle gevlug het na die gemors wat hulle veroorsaak het. So jammer dat ander die slagoffers moet wees en nie die wat dit veroorsaak het nie.

Jakoba ·

Johan mense wat die keuse gemaak het om vir hulle kinders se veiligheid na ‘n ander land te emmigreer is nie noodwendig die Ja stemmers nie. Hou nou op om mense te blameer wat hulle kinders en hulle veiligheid eerste gestel het. Bring die bewyse dat elke een wat daardie groot stap gedoen het wel JA gestem het. Ek daag jou uit! Staan eerder op en doen iets vir jou medemens as om ‘n KEYBORAD NINJA te wees. Daardie mense oorsee kan die buiteland bewus maak wat die situasie is hier vir hulle medeblankes maar as jy en ander gaan aanhou met die gasanik en op daardie eensnaar kitaar gaan bly slaan gaan dit hulle ontmoedig om JOU en Ander te help. Met ander woorde jy steek jou eie stert toe.

irene ·

Stem saam met jou Ben dis Malema maar moet nie regering se mense vergeet nie
al die negatiewe dinge net wit en afrikaans is op hul lys

Greg ·

Nog n dag, nog tien aanvalle op ons mense! Nie meer vreemd nie!
VOLKSMOORD word goedgekeur!

Dra julle wapens by julle elke dag en nag!

Gerhardt ·

Kom ons begin prakties. As ‘n persoon buite jou kultuur bedel, hou op gee, hou op help, help jou eie mense. Hou op meer doen en betaal as wat nodig is. Gee ou goed vir jou eie mense. Doen jou eie huis en tuin, of leef bietjie vuiler. Leer jou eie mense in jou eie taal, moenie die vyand bemagtig nie. Hou op om hulle jammer te kry. Help jou eie mense.

Joan ·

Ek stem saam. Ons moet ons eie mense help. Ek gee wel vir oues en gestremdes.

Tania ·

Hi Gerhardt dit is iets wat my al vir baie lank pla. Ek stem saam met jou.
Ons is ‘n trotse volk, ons wil nie vra nie en kry skaam om te vat, maar daar is net so baie van ons mense wat sukkel en hulp nodig het.

pieter ·

Ek stem saam met Gerhard. Se dit soos dit is: ons wit mense is sleg en is verantwoordelik vir al die huidige regering se gemors. Ons word barbaars vermoor soos vliee . Dit is tyd dat ons ophou aan die arme minderbevoortiges te gee en altyd hulle te moet ondersteun. Na soveel jare is dit nog steeds die wittes wat aan hulle werk moet gee. Ondersteun eerder ons eie arm mense. Kanse is 1000% dat hulle jou nie sal vermoor nie.

Louis ·

Kan ons nie n Ultimatum, aan regering stuur en se dat van n sekere datum af sal alle mense op privaat grond wat nie daar hoort nie geskiet word vir beveiliging van gemeenskap as n geheel?

Susan ·

Ek kan dit nie verstaan nie. Al die aanvalle deur 7 aanvallers en nog niemand is inhegtenis geneem nie. Ek is seker die SAP doen nie hulle werk nie. Iemand rondom moes al mense gesien van die goed ontslae raak of selfs by hulle gekoop het!!!!! Selfs die werknemers moes al iets gesien het. Nie in een van die gevalle is die werknemers naby nie. DIt klink bietjie verdag of nie.

Eddie ·

Ek is nou al mooi keelvol om te hoor ek is bly julle is nie ernstig beseer en daai een is so dankbaar dat hulle nie gemoor is nie. Die een skryf alle voorspoed met die herstel. Weet julle hierdie goed was in die eerste plek nie eers nodig om te gebeer nie. Ons blankes moet dankbaar wees om die son te sien opkom more. Weet julle dit is ons reg om nie gemoor te word en saans te gaan slaap sonder om te worry of ons nie gaan geroof of vermoor gaan word deur die nag nie. Ons is en sal altyd deel wees van Suid Afrika. Ons as blankes het nie nodig om toe stemming van Zuma of enige ander kleur nodig om hier te bly nie. Ons sweet en bloed is in hierdie land geploeg en sal nog vir baaaie jare hier wees. So as ons blankes iets wil se se dit soos dit is. Ons sal nie opgee om te fight wat net soveel ons sin is as wat ander dink dit is nie. Tyd om op te hou jammer se en staan op en doen iets aan dit.

Muller ·

Weet julle ek het altyd iets te se gehad oor die mense wat immigreer en ons land verlaat. Maar vir die eerste keer voel ek ook al so. Ek wil oud word, ek wil my kinders sien groot word ek wil Afrikaans kan praat en weet my kind word geestelik gevoed in die skool. Ek wil teen skemer gaan fiets ry en met oop vensters gaan slaap. Ek wil buite op die stoep kuier sonder om te worry of ek my voordeur en hek gesluit het. EK WIL LEEF!! Maar op die oomblik het ons ‘n stryd om te oorleef! Ons kinders en ons verdien dit nie, ons oer oupa’s en ouma’s het nie geveg vir ons om nou elke dag in vrees te lewe nie. Ons land is weggegee en die goddelose regeer, my hart is so seer vir my geliefde Suid Afrika

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.