Willem Kruger: Uitslag van nadoodse ondersoek bekend

Willem Kruger (Foto: Facebook)

Die uitslag van die nadoodse ondersoek op Willem Kruger is bekendgemaak.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê volgens die voorlopige uitslag was dit ʼn moontlike verdrinking. “Ons wag egter vir die finale gedetailleerde verslag en dit kan ʼn wyle duur. Die polisie gaan intussen voort met sy geregtelike doodsondersoek.”

Niemand is in verband met Kruger se dood in hegtenis geneem nie en Mohlala het vroeër gesê dit is onbekend waar beweringe oor sy dood vandaan kom.

Maroela Media het vroeër berig die raaisel om Kruger (29) se dood verdiep en dat daar bewerings is dat die feite van die voorval verdoesel word. Sedert Kruger se dood in November word verskeie bewerings onder meer op Facebook gemaak en daar is talle vrae wat gevra word oor die presiese omstandighede van die voorval.

Kruger was by ʼn ramparty by Henbase Lodge, naby Morgenzon in Mpumalanga, toe hy in die vroeë oggendure spoorloos verdwyn het. Sy liggaam is ʼn week later in sy Toyota Hilux-bakkie in die Vaalrivier gevind, naby aan waar hy die laaste keer gesien is.

Sedertdien word talle vrae gevra oor hoekom dit so lank gevat het om sy liggaam te vind en hoe dit moontlik was dat sy bakkie in die water beland het daar waar dit gevind is. Daar is ook ander bewerings oor ʼn moontlike bakleiery en selfs ʼn skoot wat moontlik afgevuur is.

Henbase Lodge het na aanleiding van berigte gesê daar kan nie op elke aantyging wat op sosialemediaplatforms en in berigte gemaak word en wat nie deur feite gestaaf word nie, reageer word nie. “Henbase Lodge is egter te alle tye bereid om hulle volle samewerking aan die SAPD te gee en het ook as sodanig in die verlede hulle volle samewerking aan die SAPD gegee met hulle ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Maggies ·

Die riem telegram is ‘n aaklige ding. Mense moet die familie se gevoelens in ag neem.

Misky ·

Ek volg die hartseer storie van die begin af. Dinge is beslis baie deurmekaar en maak nie sin nie. Ter wille van die familie hoop ek werklik die waarheid kom uit en hulle kan berusting vind.

Hennie ·

Hoekom moet daar altyd iets duistere aan n voorval soos die gekoppel word. Ram partytjie, gedrink, ry per ongeluk’ in rivier in…. Wat is nou so moeilik om te verstaan?

Aai ·

Facebook is baie gevaarlik soos julle kon sien is Mark Pilgrem vanoggend oorlede mense respekteur die ondersoek asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.