Willemse-voorval: Aanbieders praat ná eerste vergadering

Ashwin Willemse. Foto: SuperSport

SuperSport het Maandagaand laat in ʼn verklaring gesê sy eerste vergadering in verband met Saterdagaand se voorval waar Ashwin Willemse tydens ʼn regstreekse uitsending uit die ateljee gestap het, het “positief” verloop.

ʼn Vergadering is Maandag met Willemse, Nick Mallett, Naas Botha en Motshidisi Mohono gehou. Anthony Banks, die regisseur, en Mandla Ntsibande, die vervaardiger, was ook teenwoordig.

“Die vergadering het positief verloop. Almal was beleef en die aanbieders het direk met mekaar gepraat. ʼn Beduidende stap is gedoen om gemeenskaplike grond te vind,” lui ʼn verklaring van SuperSport.

“SuperSport en MultiChoice het egter alle partye versoek dat ʼn dieper ondersoekproses voortgesit word sodat die verwikkelde probleme van die verlede wat nou in die werkplek opduik, opgelos kan word.”

SuperSport het gesê Maandag se vergaderings was die eerste stap in dié proses en sal Dinsdag voortduur.

“Ons het kragtige gesprekke gehad waarin ek my standpunte gelug het. Ek is baie dankbaar vir die proses wat deur SuperSport onderneem word. Die kompleksiteit van die kwessies is baie diep,” het Willemse ná die vergadering gesê.

‘n Skermskoot uit die video.

Mallett het gesê hy was ook dankbaar vir die geleentheid om sy kant van die saak te stel. “Daar is duidelik kwessies waarmee ons moet worstel om op te los. Ek is meer as bereid om saam te werk om ʼn oplossing hiervoor te vind.”

Botha het die eerste vergadering as nuttig bestempel. “Ons het belê in ʼn proses om sake op te los en ek is vol vertroue dat ons ʼn bevredigende oplossing sal kry,” het hy laat hoor.

Calvo Mawela, uitvoerende hoof van MultiChoice, het ná die vergadering gesê daar is geen spanning tussen die aanbieders nie. “Uit vandag se gesprekke is dit duidelik dat hulle in die toekoms nog sal kan saamwerk,” het hy gesê. “Daar was geen tekens dat hulle nie sal kan saamwerk nie.”

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het vroeër gesê dit sal nie regverdig wees om oorhaastig oordele te vel nie.

Maroela Media het vroeër berig Willemse, voormalige Springbokvleuel, het Saterdagaand tydens ʼn regstreekse uitsending uit die SuperSport-ateljee in Randburg gestap.

Willemse het aangevoer sy mede-aanbieders, Botha en Mallett, het neerhalend met hom gepraat. Dit is egter nog nie duidelik wat alles tot die voorval aanleiding gegee het nie, al word daar berig dat die verhouding tussen Willemse en Mallett glo al vir ʼn geruime tyd krapperig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

99 Kommentare

hendrik ·

Ek wil nie van vooraf n swartgallige aanslag bring nie maar ek wonder wat sou gebeur het as die rolle van Mallet en Willemse omgeruil was.

Cherokee ·

Hendrik, in byna (indien nie werklik) elke berig waar ‘n blanke persoon oor iet geroskam of vervolg word vra iemand hierdie vraag wat jy nou weer hier plak. Dit mag wel ‘n geldige vraag wees maar wonder dan daaroor maar skryf iets nuuts en anders.

Siek en sat ·

Presies wat baie mense se. Dit WAS rassisme. Hulle kan nou maar se en doen net wat hulle wil. Dubbele standaarde wat nooit in hierdie land sal ophou nie.

Kaufman ·

Cherokee, ek het baie respek vir jou maar moet nie mense stilmaak wat geldige vrae vra nie, dit is vrae wat ons nie genoeg kan vra nie. Dinge in die land is verkeerd en ons moet bly vrae vra en aandring op ons regte tot ons dit kry.

stephen ·

Alles goed en wel , maar wil ons kykers dit so aanvaar .? Is sy motiewe edel en sal sy kommentaar vorentoe geloofwaardig wees

Susan ·

Ag, ek is al dik daarvoor om Cherokee se wysneus kommentaar te lees. Op elke liewe artikel het hy/sy ‘n beterweterige eiertjie te lê en dit raak nou afgesaag.

Werner ·

Wil jy my sê dat ‘n professionele aanbieder tydens ‘n regstreekse aanbieding sy mikrofoon kan afgooi en loop soos ‘n stout kind, onskuldige mense van kriminele en (tronk) strafbare dade beskuldig en daarna nog werk hê? Wow

Lerato ·

Askies Werner
Maar ek vetstaan nie wat jy wil sê nie.
Hoe kom “tronk” in die prentjie?

Pretoria Man ·

Beslis onprofessioneel, maar hy sal daarmee weg kom.

DHK ·

Dis eenvoudig, Lerato. Die punt wat Werner oorbring is dat rassisme deesdae ‘n kriminele oortreding is wat tronkstraf kan meebring vir die beskuldigde. Willemse se tirade Saterdag het tog aan die hart dat Mallet en Botha se optrede jeens hom rassisties was, dan nie? Of dink jy dat Willemse edel motiewe met sy optrede gehad het? Indien wel, sou hy nie die ou rassekaartjie uitgepluk het nie.

Poot ·

Dankie Werner. Sê ek ook mos. Waarom SS en die mede aanbieders in die verleentheid stel as die saak agter die “skerms” beredder kon word soos die tans geskied? Jammer om te sê maar kwota Willemse het ‘n platvorm gesoek om Nick en Naas te inkrimineer.
Vuilspel wat ‘n rooikaart verdien as jy my vra.

RH ·

#Lerato. Tronk kom in waar Willemse 2 manne beskyldig van rassisme wat NET op blankes toegepas word vit ENIGE rasistiese kommentare of dade gepleeg word! M.a.w. gaan willemse hiermee wegkom want dit is false beskuldigings! Hy moet ook gestraf word en van n VOORBEELD gemaak word vit die wat false beskuldig ! Fairs fair!

Al ·

Sjoe! Hy sal die eerste een wees wat sy pos sal behou nadat hy Supersport openlik verneder het met sy tirade.

Siek en sat ·

Naas Botha en Nick Mallett het vir Willemse nog die HEELTYD gedra. HULLE het SY voorbereidingswerk vir hom gedoen en toe hulle hom n EERSTE spreekbeurt gee het hy nie geweet WAT om te se nie. Toe gooi hy die apartheid karretjie uit sy kot uit.

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek is bevrees dat die skade wat Willemse aangerig het tot n ewige vertrouensbreuk gaan lei. Hoe kan ons hom ooit weer vertrou nadat hy sy ware kleure gewys het.Verder het die Minister van Sport asook Mantashe hul name met n plank geslaan.

joe ·

Gerhard, hierdie is nie sy eerste keer nie, hy is bekend om homself jammer te kry.

zeno ·

Gerhard ek stem saam met jou, Dit was kinderagtig,dit kon op `n beter plek uitgesorteer word. Hy het in elk geval sy naam ook met `n plank geslaan.

Christa ·

Willemse ly aan ‘n minderwaardigheidskompleks. Hy het professionele hulp dringend nodig!

WAT HET NOU REGTIG GEBEUR? ·

Ek verstaan nie dat die nuus mense almal net die video snit wys van waar Ashwin kwaad is en afstap. Waarom nie die snit wys in aanloop tot hy hom vererg nie? Wie het wat gesê voor die insident? Kan nie verstaan dat daar nou nie een persoon dink om nou die aanloop te wys nie.

M ·

My vermoede is dat daar nie ‘n aanloop was nie. Indien daar iets gebeur het, sou ons dit lankal gehoor het.

Assie ·

DAAR IS ‘n VOLLEDIGE VIDEO op FB gewees .. gaan soek dit net .. daar was GEEN aanloop nie.. ASHWIN is verseker opgesteek daar was geen provokasie nie .. hulle het hom die kans gegee om te praat, hy het aangehou die bal teruggooi n hulle hande waarop hulle toe begin praat het en toe voel hy minderwaardig omdat hy nie kans gehad het om iets te se nie, dit terwyl HY die bal terug in hulle hande gegooi het . SO JA daar is ‘n volledige video, al wil julle nou ASHWIN se kant kies ..

CL ·

Vinnige aannames en om daarmee op hol te gaan kan SA vinniger sink as enige van die groot probleme wat ons ondervind. ‘n Klomp mense behoort net so hard en openlik om verskoning te vra.

Wonner ·

Ek hoor oor die radio dit was nie rassisties van aard nie? Gaan die Minister van Sport omverskoning vra vir haar vinninge oordeel of kan hulle haar dagvaar oor haar vinninge uitspraak???

Ek wonner ook ·

Wonner ek wonner ook. Soos gewoonlik sal hulle seker weer n 2ure lange gehakkel en spekskiet van hoekom die minister nie sal onverskooninh vra nie. Jy weet mos dit werk deesdae so in ons pragtige land. Ons mag nie skeef kyk nie dan kry jy 3 + jaar tronk straf maar kom dit van die ander kant af dan is omverskooning vra nie in die woordskat nie.

Johann ·

Wat? Die feit dat hy in totale onprofesionele, kinderagtige tantrum tydens sy werk ongegronde aantuigings maak en “dros” van die stel, is OK met sy werkgewer?

IN YOUR FACE DSTV en SUPERSPORT. Dubbel standaarde om die minste te se

Rudi ·

Ek wil bitter graag weet hoe kan SS en MultiC se dat dit nie ras verwand is nie, maar Willemse het op stel regstreeks gese Mullet en Botha is Apartheid speelers

Danie ·

‘n Dame kry 2 jaar tronkstraf vir minder ernstig aanklagte van laster. Hy word met handskoene hanteer en kry nie eers ‘n klap op die hand nie.

Die ergste is dat mens dit as normaal aanvaar en niks daaraan wil of gaan doen nie. En almal vals beskuldig en name gee aan die wat daaraan iets wil en gaan doen.

Leeu ·

Danie, dis darm maar helemal verskillend. Sy het die k woord 48 keer rondgeslinger, willemse het homself gewip en geloop. Kan nie die twee met mekaar vergelyk nie.

Rynhardt ·

Wonder,minister van sport gaan nou al drie se koppe eis!Die rasspeletjie het nie uitgewerk nie,Anc is hoogs ontsteld!

Anni ·

Ja Willemse kon dit beter hanteer het. Uiters onvanpas. Maar ek moey bysê … Mallett sal enige iemand krap! Sy houding en “oorneem van die ateljee” met sy gesprekke krap my ook waar dit nie jeuk nie!

magda ·

skakel gerus oor na n ander kanaal, sport kanale is nie vir sissies nie

TDW ·

In enige media beroep sou die persoon wat die kanaal se reputasie beskadig het summier afgedank word. Ek het geen lus om na Ashwin te luister nie, ipv oor die leeus se oorwinning te praat, waaroor ek belang gestel het, het hy besluit om die platform te gebruik om uiting te gee oor sy griewe met sy kollegas. Dis absoluut verregaande. Hy moet nie weer die geleentheid gegun word om terug te kom nie. As hulle dit een keer toelaat sal dit die tendens skep om dit net weer en weer te doen. Die politiek veroorsaak dat malligheid plaasvind. Indien hy wil aanhou werk by SS, moet hy dit asseblief agter die skerms doen, want ek sal nooit weer na hom wil luister nie. Enige mens het griewe met hul mede kolegas, maar hy het die mees onprofessionele ding ooit gedoen, hy het sy griewe in my huis gebring.

Moeg gedra ·

Gaan ou Willemse nou vir Nick, Naas en die publiek onverskoning vra vir sy rasistiese stelling???? Ek glo nie so nie. Net so sal Mmuni van die DA ook die publiek onverskoning vra vir sy ongegronde twiet. Sies ek skaam my vir julle twee

Theresa ·

Is nogal nodig, nê? Mens gooi nie sommer jou speelgoed uit die katel so voor miljoene nogal; beskuldig jou mede-werkers voor dieselfde miljoene; veroorsaak’dat ‘n minister heeltemal te gou sommer ‘n uitspraak maak wat kwets en dan was dit skielik nie so erg nie.
Nee wat. HIerdie man is nie reg hanteer nie – maar “what’s new”. Skandelike gedrag moet sê.

Frik ·

Ek glo nie Willemse hou voor dat ras enigsins ter sprake is nie. Hy weet Mallet en Botha is nie rassisties nie. Maar ons kan nie sê dat Mallet en Botha nie soms meerderwaardig optree nie en dit laat Willemse minderwaardig voel en asof hy nie die respek kry wat hy verdien nie. Dit gaan nie net oor wat Saterdagaand gebeur het nie, dit kom al lankal aan. Hy het ‘n chip op die skouer gehad en toe kom dit tot uitbarsting. Dit was verkeerd van hom om dit op ‘n lewendige stel te doen. Ek glo hulle almal gaan waardevolle lesse leer.

Leeutjie ·

Dit kom daarvan as jy met die groot menere moet saamgesels en jy is onbekwaam… net soos met die kwotas is hierdie man te lig in die broek vir so groot pos…

Cor ·

Eerstens ek mis ou Juju se komentaar oor die aangeleentheid, want eintlik moes hy voor die agbate minister sy hand opgesteek het vir n punt van orde. Nou Aswin reken dit was n kragtige samespreking en sy standpunt is geste. Oom nNick en oom Naas sal maar die minste moet wees en hoed in die hand voorhom staan want sy standpunt en griewe tel meer as enige iets anders en die feit dat hy n apartheids kwota speler was. Daarvoor gaan Multichoice en SS hom seker beloon met aandele en n pos op die direksie.Nick en Naas gaan oor die vingers getik word met n ernstige skriftelike waarskuwinng en tydelik van die lug afgehaal word en op n kursus vir menseverhouding gestuur word.

Genieve ·

Ek is net bly hulle kan in die toekoms nog saam werk,maar hulle moet sorg dat hulle geskille nie die kykers benadeel nie vra omverskoning vir mekaar en beweeg aan want hierdie kwessie het n nare smaak in die kykers se mond gehad.

Rentia ·

Die proses wat gevolg is en die positiewe uitkoms daarvan, kan werklik as voorbeeld dien vir alle Suid-Afrikaners, ongeag die kleur. Die Sportminister het Sondag oorreageer en oordeelkundig opgetree sonder om die agtergrond of die aanloop tot die gebeure te ondersoek. Ek hoop van harte dat Willemse, Mallet en Botha al hul geskille op die tafel sal lê, op ‘n pad vorentoe sal ooreenkom en kykers nog lank in die toekoms op hoogte sal hou.

Henk ·

net na die voorval het anonieme werknemers beweer dat wieliemse nie sy werk na behore doen nie. Daar is nou weer berigte dat Wieliemse nie eens die wedstryd gekyk het nie, net voor die einde daarvan by die studio opgedaag het en toe hy moes praat oor die wedstryd kon hy nie want hy was onvoorbereid! En toe speel hy die rassekaart want dis nie die eerste keer nie en hy weet hy gaan afgedank word.!!!!!???? Komaan SuperSport, te hel met polities korrek, kom wees bietjie een keer in julle lewe eerlik!

Robert ·

Tipiese optrede in SA…Willemse was verkeerd, maar nou word hy beskerm. Was dit ‘n blanke man, was hy uit en sou sekere mediagroepe en politici die storie holrug gery het. Die laakbare en huigelary in hierdié land het geen einde nie.

Emma ·

En nou het Tobias ook sy mond vol oor witmense. Dit wil vir my se almal is nou so jammer dit is in rassistiese saak nie. Kom net by asb

SjN ·

Hoekom vra die minister van sport(s) nie onverskoning oor haar uitlatings nie, vinnig om gehoor te wil word, lyk my daar is nog n verbande byvoeging tot die k woord, nl kwota.

Hans ·

Ashwin grow up mater – jy skuld Nick en Naas n verskoning…

Judge Dredd ·

Willemse het verkeerd opgetree maar Hulle probeer alles in hul vermoe dat Willemse nog kan aanbly. As dit ‘n witte was dan was dit koebaai gewees.
Moenie enige veskoning van die mense wat beskuldigings gemaak het verwag nie..

E.K. die eerste ·

Dankbaar dat dit positief gehanteer is in plaas van om na die onnosele eise van die agbare (sic) minister te luister. Die klompie kan nou ‘n mooi voorbeeld stel hoe om enige probleme van watter aard ookal op ‘n volwasse wyse te hanteer en uit te sorteer. Laat ons nou ook somer almal hier ophou klippe gooi en kant kies of watookal. Ekself kan ook maar hieruit leer dat mens nie jou nekhare moet laat rys maar eerder volwasse optree te alle tye. Ek weet as blankes voel mens gedurig te na gekom en dat mens dadelik half aggressief wil reageer op so iets maar laat ons almal bedaar! Hierdie klomp stel nou ‘n goeie voorbeeld laat ons daaruit leer – watter kant jy ookal kies.

JAN ·

HET WILLEMSE OOIT NA DIE WEDSTRYD GEKYK ,EK GLO NIE EN DIE ANDER AANBIEDERS HET DIT GEWEET EN HOM TOE OP DIE SPOT GESIT , INDIEN DIT DIE GEVAL IS HET HY ONVOORBEREID NA DIE ATELJEE GEGAAN.DAN SOU DIT BETER GEWEES HET AS HY EERDER BY DIE HUIS GEBLY HET EN DIE” SIEK “KAART GEPEEL HET EN NOU N GEK EK VAN HOMSELF TE MAAK EN SOOS DIT IN BAIE GEVALLE IS….. ….PLAAS DIE SKULD OP IEMAND ANDERS

Joshua ·

‘Apartheid’ sal jou altyd eensydige simpatie bring al is jy hoe onprofessioneel, ne Willemse?

Sdl ·

Nou kan ek en my vrou supersport kyk. Ek die sport en sy die seepie.

Gemaskerde Sopbeen ·

The mining giant Goldfields faces big legal issues. Not only did they fail to do due diligence checks, but millions of Rands were paid to Gayton McKenzie’s cronies. Of of these is Danny Smith, a known gangster. Goldfields must now explain why the beneficiaries received the amounts they did and what value they bring to the table to warrant these amounts: Danny Smith R61,4 million, Rohna Dawson R30,7 million, Zandi Twayi R6,7 million, ASHWIN WILLEMSE R61,4 million, Quentin Eister R2,8 million, Paul Halepi R61,4 million, Veron Watson R6,7 million, Vuyani Gaga R2,8 million, Lerato Kholoanyane R30,7 million. Throwing your script down, blaming apartheid and walking off set, Mr Willemse, is NOT going to solve this one!!

AD ·

Maroela kan julle hierdie interresante saak ondersoek en skryf asb?

Wesley ·

En daar is almal nou lekker verkeerd bewys wat so op die bandwagon gespring het. Ministers, media persoonlikhede, joenaliste wat “thinkpieces” skryf, “celebs”, oud-spelers en diesmeer. Hoe lekker lag ek nou in my mou.

Hendrik ·

Soos ek verstaan wil Aswinn in die politieke wereld sy beroep voorsit. So dalk het hy dit aspris gedoen om sy “footprint” te maak.

Joe ·

Nou wat sê julle DA supporters nou oor julle rassistiese leier? Mmusi dryf die DA in die grond in.

Stem ·

Stem saam. Nou sal die DA leiertjie net sy kop in ‘n gat druk en niks twiet oor sy eie stelling wat hy as rasisties probeer afspeel het nie. Hy is ‘n verleentheid vir die wit kiesers van die DA.

Spike ·

Die rol wat willemse moes speel het hy toe verkeerd gedoen. Hoe eronies.

Grootbul ·

Derrick Hougardt is vir baie minder in die pad gesteek……..

Joey ·

Hy was wit hoor…geen genade vir blankes in die land nie. Willemse gedra hom soos ñ rebelse tiener en almal spring! Hoe pateties is dit nie. Hy moes geskors gewees het nou word hy opgehemel. Pateties!

respekloos ·

Neewat, ek het al my respek vir hom verloor – hy was baie gou om die vinger te wys – en ander anderkleuriges in die politiek ook – hy het sy waardigheid verloor en sal dit nooit ooit weer kan terugwin nie.
Die koel is deur die kerk.
Ek het geen respek vir hom nie – net meer respek vir Naas en Mallet – sal ook nie die program verder kyk nie.

H.A. ·

2 uur gelede in Kaapse nuus. Anc ,minister van sport en Cosatu ondersteun Willemse se uitloop.

Elizabeth ·

Ashwin is ‘n rolmodel vir baie tieners/jongmense uit arm gemeenskappe. Watter voorbeeld stel hy om in sy autobiografie te sê rugby het hom reggeruk nadat hy ‘n bendelid en dwelmverkoper/muil was, maar hier gooi hy ‘tantrums’ en manipuleer, nadat hy eenvoudig laat en onvoorbereid was vir werk. Dus is hy geviktimiseer omdat die ander aanbieders die program moes probeer ‘red’? Maar omdat sy stem na sy ego mening nie genoeg gehoor is nie, voel hy uitgesluit? Baie onvolwasse en onprofessioneel, onbekwaam vir die pos. Gaan die skoolprefekte dieselfde op skoolbanke begin doen tydens mondeling en eksamens of middelbestuur by direksievergadering? Belaglik skandelik! … Hy is behoort minstens tydelik geskors te word na hy behoorlik verskoning aanbied.

Josua Keys ·

Daar was geen insedent tersprake op die lig wat Willemse die reg gegee het om so op te tree nie, ek het die hele uitsending gesien en wat daar gebeur het, selfs ek was verbaas. Ek het gedink Ashwin Willemse het grapende wyse die kommentaar gelewer maar tot my verbasing gesien hy was ernstig, pateties!!! Ashwin Willemse volgens die video insetsel is absoluut skuldig aan haatspraak en rassisme en die beste van als dit was op TV waar die hele wereld dit kon sien geen verskoning nie. Twee ouens kry tronkstraf oor ‘n video op ‘ n selfoon (kis insedent) en Askwin gebruik Nasionale TV vir haatspraak en gaan daarmee wegkom??? Ek stem 100% saam dat die ‘n vooraf vooraf deur iemand beplande was maar Willemse het sy tydsberekening verkeerd gehad, sodra Naas of Mallet kwotas in die gesprek sou inbring sou hy sy opinie lig maar toe dit nie gebeur nie toe gryp hy die in elk geval die kans aan en slaan sy eie naam met ‘n plank. Willemse het nie besef wat die gevolge sou wees of omgegee nie al verloor Mallet en Naas hul werk, as ek Naas of Mallet was het ek ‘n klag teen hom ingedien maar hulle is te ordentlik gedissiplineer en sal dit oorsien maar kan nie dieselfde sê van Aswin nie. Ek sê weer hy het SA rugby, die Springbokke, Lions en Supersport in die verleentheid gestel, kry asb vir Jonathan Makwena in sy plek en die probleem is opgelos.

Nel ·

Wel ek dink hy staan na dese met ‘n hengse stuk eier op sy gesig – sommer ‘n volstruiseier.

FM ·

Ek het na n clip gekyk oor die kommentaar na die tweede toetswedstryd tussen Ierland en SA. Dis vir my opvallend aan willemse se lyftaal hoe uitgesluit hy voel.Ek kon ook hoor en sien hoe hy vir Mallet in die rede val en met n hoorbare harder stemtoon vertel hoe hy van hom verskil. Ek kry so die indruk dat willemse voel hy is nie goed genoeg nie en gooi nou n tantrum om ook gehoor wil word. Die ander manne het so lekker saamgesels. Miskien moet hy maar die politiek betree, anc , eff of sommer albei.Jammer ashi, maar ek kry daai gevoel.

Casper Labuschagne ·

Uitsaaiers sal die les moet leer dat die beproefde manier om konflik in groepsdinamika te vermy sal wees om ‘n wit dame saam met persone van kleur op ‘n paneel te plaas en nie wit mans nie.

Daar is bepaalde aspekte van groepsdinamika wat hierdie konflik amper onvermydelik sou maak. Ek sê ‘konflik’ want dit gaan nie bloot om ras nie, rugbyspelers is dominante ekstroverte en hoe groter die reputasie van die spelers, hoe groter sal die dominansie van daardie persone wees. Plaas meer as een sportmanne op ‘n paneel en hulle sal onbewustelik ‘n kliek vorm wat die ander oorweldig. Plaas twee rugbyspelers wat die status van superhelde in hul loopbaan bereik het en plaas ‘n relatiewe junior speler saam met hulle en jy het klaar ‘n probleem waar die junior eenvoudig oorweldig sal word en ‘n noodgedwonge randfiguur in die gesprek sal word. Meng nou die SA kompleksiteite van ras, politiek, en kwota spelers daarby en jy het ‘n atoombom wat gaan ontplof. Maar as daardie junior dan besluit om sy troefkaart as benadeelde swart slagoffer te speel, het jy rassepolitiek op hande wat in konteks hanteer moet word.

Supersport het hier lig daarvan afgekom. Mallett en Botha het onbewustelik opgetree, presies soos so ‘n groepsdinamika dit sou bepaal. Ek verwag egter dat Supersport nie iets anders kan doen as om stilweg vir Botha en Mallett van die die lug af te skuif nie, want Willemse is nou onaantasbaar en daardie dinamika geld andersins.

Nel ·

As Willemse enigsins ‘n greintjie selfrespek het sal hy die een wees om stilweg van die lug af te verdwyn, want wie gaan hom na dese ernstig opneem? En ook as Mallet en Botha weggeneem word gaan die herrie onder die publiek behoorlik los wees.

Casper Labuschagne ·

@Nel, jy het ‘n goeie punt daar. Op die oomblik kan SS nie bekostig om enige van die drie af te dank nie, maar hulle sal hierdie groep moet opbreek. Willemse asook Botha en Mallet se elke woord en nuanse sal dopgehou word deur beide wittes en swartes wat oorgehaal sit en wag vir die volgende fout of ootreding.

Die groot vraag is wat gaan die minister van sport hieraan doen en watter toutjies gaan getrek word sodat die uitsaairegte vir volgende jaar se Wêreldbeker aan die nasionale uitsaaier toegeken kan word, want ek vermoed dit is die eintlike agenda hier.

Derf ·

Wel, ek dog hy is ‘n kwota speler gewees en nie juis een van die betere. So ek sien waar sy minderwaardigheid gegrond is. Kan iemand vir my ook asb die Goldfields betaling verduidelik?

Drieka ·

Hy het gekies om sy pos te verlaat. Hy is die pos nie werd nie.
As iemand soos bv Voorsitter uit Vergadering stap, dan het hy uit gestap en dan verbeur hy die pos

JOHAN ·

Maak nie saak wat die oorsaak was nie. Verskille kon sekerlik ondeling en met die bestuur uitgesorteer gewees het. Ek kies geensins kant nie, maar as iemand in my besigheid nie eerste met my praat nie en in plaas daarvan ‘n baie onsmaaklike herrie voor my kliente veroorsaak wat my besigheid nadelig beinvloed, sal hy of sy nie lank meer vir my werk nie.

Anoniem ·

Wel. Esvin ou maat. Jy het besluit jy is klaar. Jy het besluit om jou kontrak op te skort. Die regte ding vir jou om te doen is om te loop. Ek meen. Jy het mos laat blyk jy kan nie saam met Nick en Naas werk nie. Hou by jou word en waai. Of wil jy nou he Nick en Naas moet gaan sodat jy kan voort pruttel.

Anoniem ·

Johan, ek stem saam met jou. Daar is kanale wat ‘n mens moet volg indien daar van jou medewerkers is met wie jy nie so lekker oor die weg kom nie. Indien daar krapperigheid was tussen hierdie aanbieders moes dit al lankal aangespreek gewees het.

Andre Kruger ·

Arrogansie is die siekte van die eeu.
Die 3 menere ly ook aan die siekte.
Ons lewe tans in ‘n sensitiewe tyd en alhoewel die 3 menere groot welslae op sportgebied behaal het behoort hulle profesioneel op te tree.
Ek hoop van ganser harte dat ek hulle nooit weer op TV sal sien nie.

Piet ·

Andre, ek het altyd gedink dat dit moet lyk of jy weet waarvan jy praat as jy op TV verskyn. Dalk moet Naas en Nick eers verskoning vra dat hulle lewe voor hulle iets se en dan moet hulle die persepsie skep dat hulle geen idee het waarvan hulle praat nie. Ek ek seker is dat hulle minderwaardig voel gaan ek beslis elke episode kyk.

MK ·

As jy net vir ‘n quota gekies is en speel, gaan jy nooit weet of jy regtig daar moes wees nie. As jy nie die mas opkom nie, loop jy die heeltyd met ‘n chip op jou skouer rond en sodra jy die dag met jou klein selfbeeld ‘n hobbel tref, dan gebeur wat met Willemse gebeur het. Dit voel vir my of hy nog altyd ‘n selfbeeld probleem het en hierdie nou as ‘n geleentheid gesien het om sy stem duk te maak. Ongelukkig het hy onprofesioneel opgetree. Ek hoop hy was darem geroskam oor sy optrede. Die details kan mens, soos nou met die besprekings, uitsorteer.

respekloos ·

Nee wat – hou verby – ek het alle respek vir Willemse verloor.

Niklaas ·

Daar sal seker baie ongemak wees met Saterdag se paneel besprekings na die wedstryde. Kom ons hoop die saak word regverdig afgehandel en als keer terug na normaal. Daar is geen alternatief nie !

Andre ·

Nou wil Super Sport die middeweg vat en die mede aanbieders tevrede stel. Wat van die blatante rassistiese aanmerking deurWillemse ?

Ben ·

Jip jy gaan die koue skouer kry Willemse en dit deur jou eie toedoen.

mors jors ·

Waarom word die die kern van die probleem misgekyk? Dit is mos die anc wat met kwotas begin het. Indien dit nie afgedwing was nie sou Geen speler van kleur dit eers oorweeg het dat hy ‘n KWOTA speler is nie. Die ANC is die pa van die probleem.

Snaphaan ·

Gerugte loop nou in SS se gange dat Willemse gladnie na die wedstryd gekyk het nie,nou verstaan ek dinge heelwat beter.Sy medeaanbieders het moeg geword daarvoor en stel hom toe onverwags in die kollig .Maklikste manier om uit te kom speel die rassekaart.As hierdie gerug waar is moet SS dit nie vir die kykers verswyg nie.Enige saak het 2 kante.

Nefie ·

So nou is alles vergete? Gaan hulle Saterdag handjies vashou en kumbaja sing? Klink te goed om waar te wees.
As rassisme niks te doen het met die voorval nie, dan het Ashwin mos Naas en Nick valslik beskuldig en onprofessioneel opgetree. Gaan dit sommer net oorgesien word? Het hy dan carte blanche om ‘n tantrum op stel te gooi. Hierdie hele ding bewys net dat rassisme teenoor witmense nou ongekende hoogtes bereik het, neem maar die minister as voorbeeld.

Mielie ·

Is dit waar dat Castle sy lable afhaal tgv solidariteit met AW sonder dat hulle weet wat aanleiding daartoe gegee het? n Saak het tog 3 kante, joune, myne en die waarheid. Wat van mense wat rassekaart speel net om aandag te trek, dit gebeur wel. As dit so is dink ek dit is in uiterste swak smaak gedoen. Daar kan baie meer aandag getrek word deur iets meer positief. Word hulle vroulike personeel dieselfde as mans betaal……baie voorbeelde. Hierdie land het nie net een ras nie, hier is baie ongelykhede waarop jy kan fokus. Miskien hoop hulle vir n boost in verkope

Reguit ·

Al vir etlike jare nog voordat ek die wonderlike Azaniese Reënboog-Paradys verlaat het, het ek geen TV in my huis gehad nie, en die patetiese rugby-afgod het geen plek in my lewe gehad nie – ook nie nou nie.

Jan ·

Willems is oneerlik.
As hy met die waarheid sou uit kom sal die pebliek hom nooit weer vertrou nie.
Wat sleg is hy weet dit, wonder net of dit hom sal pla. Wat hy ook al in die toekoms op TV se niemand gaan hom vertrou of glo nie

Johan ·

Die paneel bied puik kommentaar. Ek sal graag wil sien dat hulle hul probleme op n volwasse wyse hanteer en oplos. Niemand moet hulle werk verloor nie, solank dit n eenmalige gebeurtenis is….

Johannes ·

Dit is duidelik dat Ashwin breekpunt bereik het toe hy gevra is om eerste kommentaar te lewer. Hy was heel waarskynlik nie voorbereid nie en die enigste uitkomkans vir hom was om tot die aanval oor te gaan en die rassekaart te speel.
Ek dink die speel van die rassekaart op lewendige TV is lankal beplan – met behulp van Ashwin se politieke vriende. Nogal iets soos die vroue wat in 2016 op nasionale TV met hulle plakkate teen Zuma betoog het oor die Kwezi aangeleentheid .
Ek dink Ashwin het die plan voortydig tot uitvoering gebring, want sy woorde het nie by die omstandighede gepas nie. In hulle beplanning sou die situasie seker anders ontvou het. Dit het nie sin gemaak vir Ashwin om te se dat dit goed is dat die ding op nasionale TV is en dat die publiek nou vir hulleself kan sien nie, want daar was niks om te sien nie behalwe sy optrede – beslis nie enige verkeerde optrede van Nick of Naas nie!

Koos ·

Hahahaha, n siek besigheid, ek kyk in elk geval nie meer rugby op n rugbystadium nie

SUE HULLE ·

Dit sal NOOIT weer dieselfde wees nie. Terwyl supersport EN DSTV wat altwee deur gekleurde mense ondersoek is GEEN RASSISME gevind het nie DRING die MINISTER aan op hulle skorsing en op rassisme. PERSOONLIK dink ek NICK en NAAS moet hulle tot die gelykheidshof of MRK wend om die MINISTER aan te kla !! JY MAG NIE iemand onregverdiglik en onregmatig AANKLA van RASSISME as daar geen RASSISME gevind is nie .. SY het hulle EER en goeie naam AANGETAS .. ek sou VERSEKER MMUSI en die MINISTER aangekla het . .dit is BELAGLIK dat ASHWIN kon se wat hy wou se maar Nick en Naas wat ONSKULDIG Is word as rassiste gebrandmerk. PERSOONLIK dink ek as iemand jou ‘n APARTHEIDSPELER Noem is dit MEER rassisties as ‘n KWOTA speler aangesien laasgenoemde deur die NUWE regering ingestel en uitgedink was.

erika ·

Ashwin was rassisties…maar ek dink hy is voorgesê deur die ANC dit is hoekom hy op die verkeerde tyd die verkeerde goed gesê het… Sal definitief nie vir DA stem nie!!

ChrisE ·

Ek weet regtig nie hoekom almal nou op hul perdjies spring nie. Willemse het slegs openbaar wat en wie hy werklik is. Gun die man sy oomblik van genialiteit. Ons (ek inkluis) is geneig om te vinnig te reageer. Dit gaan nou al beter. Die grootste fout war ek gemaak het is om my bloeddruk en woede opgejaag te kry. Hy voel niks vir niemand nie. Sodra ‘n minderwaardige persoon iewers blootstelling kry en hy knoei, probeer hy sy emosie na iemand anders verplaas om sy reaksie te regverdig. Dit is tans met alles in die land so. Wat egter nie maklik verwerk word nie is as jy sulke optredes ignoreer. Dit verdien absolute minagting. Die ergste reaksie wat jy aan enige persoon kan openbaar is apatie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.