Ongelukkig het die ANC verval in die narratief wat die struggle as die enigste en saakmakende geskiedenis van Suid-Afrika uitbeeld.
“Suid-Afrika se geskiedenis is veel meer kompleks as dit, omvat baie meer as die struggle, sluit baie meer in as die ANC en hulle beperkte deelname in die geskiedenis,” sê Jan Bosman, hoofsekretaris van die Afrikanerbond.
Dit kom nadat daar aangekondig is dat William Nicol-rylaan in Johannesburg se naam amptelik verander na Winnie Mandela-rylaan. Die amptelike bekendstelling vind vandag, wat Madikizela-Mandela se 87ste verjaardag sou wees, plaas.
“Die haas waarmee die ANC in Erfenismaand nou skarrel om William Nicol-rylaan se naam te verander na Winnie Mandela-rylaan sou vroeër dalk wenkbroue gelig het of selfs ernstige beswaar. Die regerende party het egter al telkens deur sy optrede laat blyk dat die diversiteit van Suid-Afrika slegs deur lippediens bevorder word, maar deur aksies benadeel word.”
Die wyse waarop naamsveranderinge deurgeforseer word, bring onwillekeurig die vergelyking met die ou-Sowjet-era na vore, meen Bosman. “Die verandering van name was toe ook ʼn gunstelingtydverdryf ná die kommunistiese oorname. Aanvanklik was dit daarop gerig om die verwysing na die tsariste-periode te verwyder. Mettertyd het dit ook ʼn wyse geword waarop leidende figure in die revolusie vereer is, insluitende leiers in die bestel van daardie tyd. Die simboliek in dié ideologie was om diegene wat verloor het in die politieke stryd te verguis en mettertyd uit die hoofstukke van die Sowjet-geskiedenis te skryf. Dit is in 2023 in Suid-Afrika eweneens die geval.”
Eens trotse strate spog in 2023 met nuwe name van struggle-leiers maar is ook ʼn toonbeeld van veel meer – stukkende verkeersligte, sypaadjies wat vervalle is en slaggate wat die norm eerder as die uitsondering geword het. “Dit strek dr. William Nicol en ander leiers uit die verlede nie tot eer om hulle name te verbind aan hedendaagse verval, vandalisering en vernietiging nie. In ʼn tyd van brandende geboue, strate wat inplof en vele diensleweringprobleme verstom die ANC se prioritisering van naamsveranderinge ʼn mens telkens.”
Volgens Bosman sal die Afrikanerbond voortgaan om Nicol se nagedagtenis te eer. “ʼn Vervalle straat is hom nie waardig nie.”
Dr. William Nicol (23 Maart 1887 – 22 Junie 1967) was NG predikant, teoloog, kultuurmens, opvoedkundige en administrateur van Transvaal en het ʼn groot rol in die ontwikkeling van Afrikaners en Afrikaanse skole aan die Witwatersrand gespeel. Hy was ook die tweede voorsitter van die Afrikaner-Broederbond vir die termyn Junie 1924 – 13 Maart 1925. Hy is op 22 Junie 1967 op 80-jarige ouderdom oorlede.
Ongelukkig sal dit geskiedenis nie ons ongelukkigheid oor die skade aan ons verlede koester nie. Net die straatnaam-bernoeming na Winnie sal behoue bly. Afrikaners het hulself uit die annale gewerk. Ons is nie meer nie… wat toekomstige Afrika-geslagte betref. Dit sal so wees as ons net kla en nie behoudende planne beraam nie,
Genhoeg om van te braak !
Lagwekkend! Die land val uitmekaar,daar is nie geld vir instandhouding en noodsaaklike dienste nie,maar name wil hulle verander.Die wêreld lag hulle uit.
Hoe behou jy n geskiedenis as jy nie in beheer is van jou land en mense nie, dieselfde sou gebeur as Europa een land was sonder onafhanklike lande om verskillende volke te beskerm.
Dis maklik om naambordjies te verander, geen kennis nodig daarvoor nie. Om ‘n land te bestuur en om welvaart te skep vra verstand, wysheid en beplanning. So duidelik doen die ANC waarvoor hul toegerus is.
Skerp!!!
Die verhaal, vertelling, storie, sprokie…soveel mooi Afrikaanse woorde, maar julle kies die anglisisme “narratief”!…en “struggle” hoort in aanhalingstekens.
Regtig? Is dít Afrikaans?!
Ek stem!!
en ons aanvaar alles maar net gelate.
Ons het reeds in 1990 alles gelate aanvaar.
Kan in alle optegtheid sê ek was nie deel daarvan nie. Ek het NEE gestem.
Gelukkig kan ek ook met trots aan my kinders vertel dat ek met my NEE stem nie deel was van die verraad nie.
Mooi so nou kan ons oor haar ry elke dag.
Goed gesê. Het nie so daaraan gedink nie.
So jy het elke dag oor William Nicol gery?
Het nie so na Willian Nicol gekyk soos vir haar.
Haar man wou haar nie hê nie nou moet ons met haar op geskeep sit!!!
Ware woorde daai.
Lekker man. Nou ry hy lekker.
Wel ek persoonlik dink die feit dat ons eerbare geskiedkundige persone se name verwyder word uit die oog van n vervalle land is dalk eerder n teken van respek en ek sou verkies dat verval n etiket dra van die ANC misdadigers as die werklike nasie bouers. so baie dankie ANC dat julle onbewustelik die WERKLIKE helde se name uit julle maalkolk van boewery verwyder!
Dit is nou wel kenmerkend dat daar geld in die kas is om doellose arrogansie na te jaag- aangesien so ‘n naam verandering ‘n duur proses is- as wat daar geld is om om te sien na die misdaad en verval van die area wat nou ‘n nuwe naam kry!
Name sal weer êrens in die toekoms verander.
En watse waarde het sy tot die land toegevoeg? Sy het moord op haar kerfstok.
Miskien was sy ook erg depressief. Dan is dit mos reg om te moor volgens baie mense hier.
Ja, vra vir Stompie Sepei ….
Die uiteinde van name sal wees dat dit verander gaan word. Is maar die logiese uitkoms veral in Gauteng waar die populasie reeds in demoagrafieverander het.
Die mense in beheer kan nie regeer nie so naams’ verandering is n soort self prestasie trofee wat alle korrupsie, diefstal , wanbestuur, swak bywoning, agterslallige en onbevoegde werk onder n mat in vee .
Hulle is nie bevoeg om nuwe projekte te loods en te voltooi om dit na die kaders te kan vernoem nie en gebruik bestaande strukture, viva.
Dit was die plan vanaf dag 1 dat die ANC alles sal uitvee wat te doen het met die Afrikaner, alles te doen met wit mense – geskiedenis, kultuur, ens. Maar dis ok, iemand sal ‘n Facebook bladskep en/of ‘n aanlyn betoging skep.
Die doelwit is dat die Afrikaners se voetspore moet teen die einde van hierdie eeu uitgewis wees. Die ANC het al dekades gelede met die beplanning begin.
anc Never built anything. Nooit iets gebou nie, so hernaam dit en dan kan jy glo dit hoort aan julle. En glo my hulle glo dit
Tyres and matches liberation?
Belaglik. Sal steeds daarna verwys as William Nicol siek Vir die nonsens en geldmoes.
Strate en woonbuurte wat verval kan maar tydelik vernoem word na terroriste. Wanneer iemand rond kyk en wonder waarom dit so lyk hoef hy slegs na die naaste straat naambord te loop om die antwoord te kry.
Die ANC is ‘n sirkus. Ons land kan nie skuld terug betaal. Daar is nie geld vir SASSA…… Hulle leen geld reg oor die wereld. Mense krepeer van hongersnood ens maar hulle het fippen tyd en geld om straan name te verander. Wys jou net die mentaliteit. Om van siek te word
Vernoem na die moeder van ellende en verval in SA.
Sies tog. Bestaan hul geskiedenis uit so min mense, dat hul dieselfde name re-sirkuleer regoor SA? Betreuenswaardig.
Ek wonder wat se antwoord ek sal kry se nou ek kom se maar van Mexikoe en vra die vraag “wat het Winnie Mandela vir SA gedoen?
Die lewe is n aaneenlopende proses, en elke regering verander strate, voorstede, dorpe, ens se name. Roberts Heights is verander Voortrekkerhoogte, en nou weer na n ander naam. Eintlik is dit n goeie spieelbeeld van die geskiedenis.
Ag wat dis maar een van daai dinge wat gebeur as ‘n ander regering oorvat. Hulle verheerlik hulle helde. werk maar oral so. Persoonlik heg ek nie veel waarde aan straatname nie, hinder my ook n ie as die name verander nie.