Pa doodgeskiet terwyl hy gesin probeer beskerm

Wimpie Gadney. Foto: Facebook

Wimpie Gadney. Foto: Facebook

Wimpie Gadney (41) is Maandag ten aanskoue van sy gesin tydens ʼn kaping in Glen Marais aan die Oos-Rand doodgeskiet.

Kapt. Jethro Mtshali, woordvoerder van die polisie, het gesê Gadney is in die bors geskiet en is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

“Die gesin het omstreeks 17:00 by hulle huis aangekom waarna drie verdagtes die erf betree het. Gadney was in die huis toe hy sy vrou hoor skree en hy het gaan ondersoek instel. Hy het in ʼn struweling met die drie mans betrokke geraak en is geskiet,” het Mtshali gesê.

Die egpaar se twee jong dogters was in die motor saam met hulle ma. Mtshali het gesê die drie mans het van die toneel gevlug. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Elizabeth ·

Maar nou wil die regering strenger vuurwapen eienaarskap wette instel – dis nie die wettige eienaars van vuurwapens wat moorde pleeg nie. Hierdie tipe van ding ruk handuit – die man is nog jonk en kyk nou…’n Gesin sonder ‘n pa en by dit al die trauma wat hulle moes beleef.

anet ·

Dit is so tragies en skokkend. My innige simpatie aan die gesin en familie.Die duiwel is absoluut los hier in Suid-Afrika en ‘n mens se lewe is niks werd nie.

Annetjie van der Grijp ·

En so word ons elke dag by honderde uitgemoor, en die moordenaars NOOIT gesoek en gevang nie. Alles glo ek is in noue samewerking tussen die ANC en die EEF.

Theresa ·

Sal dit ooit ophou? Dankie Anet, maar dit sal GEEN aandag geniet nie en sal net weggegooi word. Dit nie op sy prioriteitslys nie.

marietjie ·

anet dankie, maar dink jy hy gaan ag slaan op dit. Nee wat vir hom is dit net nog een minder, dit is so so wreed

CAV ·

Sterkte aan die oorblywende gesin. Ek wonder of die regering vir sy begrafnis ook gaan betaal

Linnie ·

Ek wonder weer of daar ook ‘n beloning aangebied gaan word vir inligting om die boewe te vang. Nee moord en doodslag sal voortduur. Vanaf 1999 toe Mbeki moordenaars verdedig het dat hulle maar net honger arm mense is, was daar al ‘n stille goedkeuring en vrypas vir hierdie misdade geskep. Dit was ook toe die spesiale eenhede een vir een afgestel was. Ons moet gedurig hoor dat misdaad oral en teen almal gepleeg word. Dit mag so wees want misdadiders sal wel hulle eie aanval wanneer die geleentheid nie daar was vir ‘n “korrekte” aanval nie. Dit het die beleidmakers nie besef toe hulle die vrypas na uitwissing makliker gemaak het nie. Ook nie dat as jy ‘n nasie kweek wat lekker leef deur te vat wat hulle wil hê, jy nie hierdie boewe later kan verander nie.!! Nou gaan hulle begin vat en moor van die wat het en dit sluit nou veral self die wat gedink het hulle is veilig ook in.

Grassie ·

Te oordeel aan die man se foto is hy wit, goed geklee, netjies, ooglopend beskaafd en goed opgevoed. Die feit dat hy goedsmoeds en sonder rede deur barbare doodgeskiet is, is baie moeilik om te verwerk.
Ek betuig my meegevoel met sy familie en bid dat die Skepper hulle sal onderskraag in die moeilike tyd wat voorlê.

Trieste, Suid-Afrika.

Pieter de la Rey ·

Hi Grassie Ken hom persoonlik. Jou opsomming is in die kol. Dan was ‘n nog ‘n baie aktiewe pa vir sy kinders. ‘n Mooi familie wat in ‘n oogwink verwoes is.

Riaan Venter ·

Ek wil net se hulle moet gehang word anders gaan hulle dood wees dis my stief broer ek gaan hom baie mis

Rieks ·

Ek het geen woorde nie :-( weet net dat ons op die afdraande pad is en niks gaan verander indien die doodstraf nie weer terug gebring word nie. Daardie gesin wat alles moes aanskou is die ergste wat mens kan sien en nie in staat om hom te help nie! Mag ons Vader vir julle help om hierdeur te werk en hopelik eendag berusting kry. RIV

HEVW ·

Sal die mense wat gedurigdeur die wonder van die reenboognasie besing uiteindilik kom tot die werklikheid en besef dat n pragtige land SA in n oewerlose tragedie ontaard het? Daar is sepies en advertensies, en ook die totale oorbeklemming van sport en gemak wat voortdurend ons aandag wegtrek van hierdie werklikheid waarin ons vasgevang is. Dit kondisioneer die mens om saam met hierdeie ontaarding te leef asof alles normaal is. Die werklikheid soos tans, eis stryd op alle tereine.Is jy daartoe bereid . Indien nie, waarom nie/

Ansie ·

Daar sal niks kom van enige ondersoek nie. Hy was nie ‘n sport ster/LP of iets nie. Hy was net ‘n man wat die beste vir sy gesin wou gee + doen. Innige meegvoel aan sy gesin en familie. Weet net God slaap nie.

monique ·

Ek se ook dagvaar…ons moet die regering verantwoordelik hou…en om te dagvaar vir alle verlies moet hulle maar opdok…elke gesin wat n broodwinner verloor, moet die regering na kyk,,,, en die soort dinge moet wereld wyd nuus word….laasweek 2 onskuldige ma en dogter , kan nie eers uit kar klim om in hul eie huis in te gaan, neeee nie hier nie, dan se regering dis nie net blankes wat vermoor word nie, en wel maar duidelik pla dit nie anderkleuriges nie as n ouma ma pa sussie van 9 op n ashoop soos n stuk vrot aval met haar handtjies vas en mondtjie toe geplak geraak nie…..hoe wreed…boikot s.a vir toerisme…..geen een moet sy voet hier sit…..

Ed ·

Ons moet ‘n referendum hou om die doodstraf terug te bring. Dis net eenvoudig te maklik om iemand se lewe te neem, en skotvry weg re kom.

Nonnie ·

Ja en ek wonder waar is die polisie nou met hulle honderde duisend rand vir inligting oor die duiwels wat die wrede daad gepleeg het. O ja ek het vergeet, dit was nie ‘n “agter geblewene” wat geskiet is nie…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.