Wimpy: ‘Geen tekens van peuter met kos’

Wimpy i’langa Mall in Nelspruit, Mpumalanga, het reageer op bewerings in die sosiale media dat ʼn klant ontlasting in sy kos by dié tak van dié restaurantgroep gekry het.

Wimpy Suid-Afrika het in ʼn verklaring gesê hulle is bewus van ʼn klag van ʼn klant in die betrokke restaurant op 7 September 2018. “Die kwessie het later op sosiale media verskyn, en daar was bewerings dat daar met die kos gepeuter is. Dié bewerings het egter nie van die klant self af gekom nie. Die oorspronklike Facebook-plasing is intussen ook reeds verwyder,” lui die verklaring.

Sarel Celliers, franchise-eienaar van Wimpy i’langa Mall, het die restaurant binne ure ná die voorval besoek en het ʼn verslag saamgestel oor die kwessies wat die klant ervaar het.

ʼn Volledige ondersoek oor bewerings dat daar met die kos gepeuter is, is dadelik deur Wimpy i’langa Mall van stapel gestuur, insluitend analise van die kringtelevisiebeeldmateriaal en omvattende ondersoeke met die personeel. Wimpy i’langa Mall kon nie enige bewyse kry dat daar met die kos gepeuter is nie.

“Ons bly verbind tot kliëntewelvaart en om die hoogste gehalte van kosstandaarde met elke ete te handhaaf,” het Celliers bygevoeg. “Ons beskou bewerings van wangedrag in ʼn uiters ernstige lig en ons stel dadelik ondersoek in. Ons kon egter nie enige bewyse vind om die bewerings te staaf wat op sosiale media die ronde gedoen het nie. Ek is vol vertroue dat ons restaurant teen die hoogste etiese standaarde bedryf word en ons sal dit in die toekoms ook doen.”

Maroela Media het vroeër berig Mildri Ferreira het op Facebook gesê haar man (Jakes) het iets in sy kos gevind wat na ontlasting geruik het. “Toe hy die kelnerin en die kombuispersoneel konfronteer, het hulle gelag en gesê: ‘Ons het ʼn wit man gevang,’ onbewus daarvan dat hy kon verstaan wat hulle sê,” het Ferreira geskryf.

Ferreira beweer die bestuurderes het haar man ook uitgelag toe hy met haar oor die vreemde reuk in sy kos wou praat. “Ek kan my net voorstel wat daarin was.”

Ferreira het Maroela Media by navraag na haar man verwys. Hy sê hy volstaan by sy vrou se inskrywing op Facebook en verkies om nie verder kommentaar te lewer nie. Hy het wel bevestig dat Wimpy hom genader het om verskoning te vra en in daardie stadium gesê hulle is nog besig met hul ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

86 Kommentare

Lees weer ·

Lees weer mooi ……….. 2 de paragraaf die bewering het nie van die klant gekom wat gekla het nie. Die was fopnuus!

Corne ·

Oe nee. Ek is nou finaal genees van enige uiteet. Verskillende braais en Fondue by my huis eerder.

Willem ·

Daar is dus of fout met sy reuksintuig, of die windjie het van die verkeerde kant af gewaai.

tamboti ·

Ga ontken alles né. Maar sal jul die video opname vrystel waar die klient kla en uitgelag word.
Die meeste kitskos plekke se personeel is in elk geval ongeskik met my as klient.

Abe ·

Ek kan nie verstaan waarom n internasionale kosvoorsiener met opset iets aanstootliks in hulle kos sal sit nie. Ek glo ook nie dit het gebeur nie. Dit lyk my na een of amder soort disinformasie. Vergeet daarvan.

Nel ·

Abe dis nie die internasionale kosvoorsiener per se wat gemors in die kos sit nie, maar wel diegene/personeel wat met die kos werk. Dit word ‘waiter rant’ genoem.

Rissie ·

Sal natuurlik ontken, maar as die kleur omgedraai was, sou dit hoofnuus wees!

Monica ·

O ja, verseker sou dit ‘n groot storie gewees het…ek val nie vir Wimpy se ontkenning nie…. waarom het die personeellid dan gesê hulle het ‘n witman gevang….? Klink baie suspisieus.

Anoniem ·

Ons gaan nie by i’langa Mall se Wimpy eet as ons deur Nelspruit ry Kruger toe nie, ons gaan lekker vars brood, spek en eiers, by een van die kettingwinkels, koop en ons eie ontbyt maak by een van die Piekniek plekke in Kruger ! Die eienaar gaan nie in die openbaar erken wat regtig gebeur het en dat iemand met ‘n slapriem gevang is nie MAAR DIT GAAN JOU BAIE ‘KOS’ MENEER (Dank hulle af !) ‘n siek Joke kos BAIE GELD)

Paul ·

Ou vriend, wanneer laas was jy in Die Kruger? Ek woon sommer neffens.

Ouvrou ·

Ek sal graag wil weet aan hoeveel mense verskaf hierdie Wimpy werk? Dink daaraan voor jy aan mense se kos peuter.

thelsa ·

Anoniem jy sal seker op jou rug val as jy weet hoe brood en varkvleis hanteer word wat die publiek nie sien nie. Geniet jou piekniek in plaas van Wimpie kos.

AP ·

Ek eet nie wegneem etes nie, en is al lankal bekommerd oor uiteet…..maak liewer self kos.

JSG ·

Kan dit gelukkig nie meer bekostig om uit te eet, om nie eens te praat van vakansie en rondreis.

Henk ·

Natuurlik sal julle dit ontken. En dan belaglike stellings maak soos die klagte het nie van die klient gekom nie.

Anne ·

Ek stem! Die kliente sal mos nooit die waarheid hoor nie. Sies man

@ ALIDA ·

Wat se bewyse moet hulle kry as hulle die burger klaar geeet het en wie is JY om bewyse te vra? Die man het iets stinks geproe en toe het hy VERSTAAN wat die kelners se, iets wat die mense nie ding witmense verstaan nie … toe verstaan hy hulle taal en toe is hulle uitgevang, NIEMAND hoef aan JOU bewyse te verskaf nie. Wat se aandag soek hulle? Hulle het vir die kos betaal en dit NIE verniet gekry nie, ook nie erens aandag gekry nie, hulle wil net hulle ontevredenheid bekend maak aangesien die BESTUUR GEWEIER HET om die aangeleentheid aan te spreek.

SAnik(s) ·

Eet maar lekker en glo jouself. Ek verkies om die waaskynlikste scenario te glo. Wat agterna gesê en (nie) gedoen is was nie normaal nie.

Jack Daniel ·

Liewe Sarel Celliers. Ons het eenkeer daar gaan eet n toe die bestuurder kom vra of als in orde was het daar a kokkerot op sy skoen gesit. Hy was nie eens bewus daarvan nie toe ons hom uit gewys het v d kakkerlak nie. Van toe af was ons nog nooit weer in a wimpy nie. Ons was al ‘n paar keer verby daardie wimpy en jou nog nooit daar gesien nie. Ons het al verskeie kere gesien hoe v d jou kelnerinne buite by die bankies gesit het en mekaar se hare gevleg het n Dan luiddrugtig gelag n gesels of Te wel vir mekaar geskree het. En dit in a mall se hoof in gang?? Dankie tog Ons ondersteun glad nie en GEEN wimpy nie.

P J ·

Ek ken die eienaar en hy sal so iets nooit ooit toelaat nie. Kry eers bewyse voor julle iemand se besigheid verwoes!

Katerina ·

Ja maar is die eienaar alomteenwoordig by elke kosmaker, elke sekonde vandat daai Wimpy oopmaak tot toemaak? Onmoontlik. Hy moet seker ook soms toilet toe gaan, indien niks anders nie. Hy kan onmoontlik elke sekonde elke kosmaker dophou.

NEe PJ ·

PJ jy is NAIEF as jy die EIENAAR Ken beteken dit nie die KELNERS kon nie iets op iemand se kos gesit het nie .. HOE NAIEF is ons Suid Afrikaners nog? Die mense saboteer hulle eie mense se besighede, hulle voel NIKS vir die klient nie .. dit kan jy aan die diens agterkom . so NEE jy kan NIE met sekerheid se omdat JY die BESTUURDER ken sal so iets nie gebeur nie. NATUURLIK het HY dit nie gedoen nie maar sy PERSONEEL Het.

Gerda ·

Terwyl julle almal kla oor fopnuus, glo julle al te lekker wat een of ander vrou op facebook geskryf het. Regtig? Sy het geen bewyse nie. Die eienaar het dit ondersoek en daar is geen bewyse nie. Iemand het aandag gesoek en nou speel almal te lekker saam.
Almal wil dit mos altyd omdraai en se “as die velkleur nou anders was…” So kom ons doen dit. Dan was almal se kommentare dat daar geen bewyse is nie en dat dit nou weer iemand is wat aandag soek en en en.
Dink bietjie volgende keer, as julle kla oor die regering, aan julle eie dubbele standaarde ook.

Domvraag ·

Abe dit gaan oor die mense wat daar werk nie of dit n internasionale naam is nie. Hier maak n klant beswaar oor die kos en jy wat nie daar was nie glo nie dit het gebeur nie. Beskik jy dalk oor ander inligting dat jy die storie in twyfel trek .

Sophia erasmus ·

As niemand meer uit eet nie verloor die werkers hul inkomste! Kan of sal hulle so dom wees om hulle eie brood en botter te vernietig? Ek weet darem nie…hier moet jy alles met ‘n knippie sout neem.

GM ·

Ja, party sal so dom wees. Kyk hoe word dieselfde plekke altyd afgebrand wat vir hul werk verskaf. ‘Cut off the nose to spite the face’.

Renier Lubbe ·

Sekerlik is die eienaar ‘n goeie mens maar kan dit van al die werkers gesê word?

Natuurlik sal die werkers nie hul eie brood en botter vernietig nie maar moontlik het hulle gedink dat hulle nie uitgevang kan word nie.

Wimpy kan sonder my klaarkom en ek sonder hulle.

Willem ·

Ek het verlede week middagete daar “geniet”. Die hoender was OK maar die ‘boerewors’ droog. mens het stukkie van die brood gesny en dit op ‘n puntjie van die wors met die vurk probeer vassteek.

Katerina ·

Wimpy sien my gesin nie weer nie. Hulle kos is in elk geval belaglik duur vir baie klein porsies. Ons witmense moet maar oppas waar en wat ons eet deesdae. En Wimpy vra te duur vir te min om die kans vat. Nee dankie wat.

Anna ·

Gelukkig eet ons glad nie by eetplekke nie. Ek gaan eet by my huis. Waar ek weet dit is veilig. So geen weg neem etes vir ons nie…

joan labuschagne ·

Die klaer moes net die kos geneem het en laat toets het, dan kon niemand hom as leunaar uitgemaakhet nie. Indien positief getoets kon hy die instansie dagvaar vir die kostes.

Gemaskerde Sopbeen ·

Goeie probeerslag Joan, maar as jy daardie kos by die deur uitneem, gaan hulle sê jy het SELF die bymiddels waarvoor jy laat toets het, ingevoeg…..en wat dan?

Mags ·

My ma het my geleer om nie gemors in my mond te sit nie. Siesa

Spark Plug ·

Wimpy..rerig, wie eet nog by wimpy. Die kos is smaakloos en daai rooi goed wat hulle op burgers gooi is slegter as hulle smaaklose karton chips.

corne ·

wimpy hier is vir julle n maklike vraag
Hoekom wou niemand die nommer van die eienaar gee nie?Indien daar niks vout was nie sou dit mos nie n probleem gewees het nie.CCTV kan nie orals dophou nie. Hier is iets aan die gang.Ek ruik n rot of dalk ….

Hannes ·

Jou HOOGSTE kosstandaarde beteken ZERO as dit nie gehandhaaf word nie Mnr Wimpy

karen ·

Tata Wimpy …. Engen …. Spar Rustenburg…. Sasol…. Clicks …. Spur …. wie is volgende ….

Willem ·

Hierdie is nou op ALLE kistkoseetplekke van toepassing: Tensy mens spesifiek vir hulle vra om die koffie, ens, saam met die ete op te dien, bring hulle dit onmiddelik na mens die bestelling geplaas het. Die gevolg is die koffie of tee is al op, dan kom die ete eers daaraan. EN DIT HAAK MY UIT. Dus moet mens dit elke keer vir hulle vra. Geen kistskosrestaurant se kelner vra jou ooit wat jou voorkeur daaromtrent is nie. Swak opleiding!

Ag ou Willem ·

Die Hele punt van jou drankies kry voor die kos is sodat jy iets het om te doen terwyl jy wag… Ons was opgelei dat drankies binne 4min by die klient moet wees. 10min vir starters en 20 min vir mains. As jy die cycle wil breek Dan moet jy natuurlik sê want daar is n standaard hoe dit gedoen word. En jy is letterlik die eenigste persoon Wat ek Al ooit van gehoor het Wat n probleem daarmee het.

phillipvandyk ·

Willem, dis juis die punt dat jy n tweede drankie moet bestel. ek se vir die waiters om my drink goed saam met my kos te bring, maar ek geniet meeste van die tyd n koffie voor die tyd en een na die tyd. net nie by wimpy nie dis te duur hahaha

Cheers Wimpy ·

neewat WAAR DAAR ‘N ROKIE TREK SAL DAAR ‘N VUURTJIE WEES. Hoekom sal hierdie paartjie dit opmaak? Dit is nie asof hulle ‘n finansiele voordeel daaruit gekry het nie? Die man kon hulle taal verstaan waarop hulle nie voorbereid was nie, en hulle is uitgevang. Dit is OBVIOUS dat geen restaurant (se bestuur) nog OOIT ‘fout’ gesien het met hulle werkers se optrede nie veral nie in SA nie, so het die Spur ook wal gegooi tot meeste van hulle toegemaak is .. neewat . as jy twyfel .. BLY liewer weg.

Johannes ·

Dis sover ek weet ‘n Afrikaanse gespreksforum. Obvious = uiteraard, vanselfsprekend!

Martin ·

Dis hoekom ek al jare nie by Wimpy eet nie. Swak diens en kos met hare in Wimpy in die Kaap en nog swakker behandeling van hulle sogenaamde “hoofkantoor”. Eet eerder by huis.

Realis ·

Hierdie plasing voldoen aan al die eienskappe van valsnuus en opstokery. Daar is geen bevestigbare inligting nie. Dis as hoorsê geskryf, geen dag, datum of tyd nie. Geen name van werkers of “bestuurder” nie. Daar is nie eers ‘n naam van die slagoffer nie. Dit sal waarskynlik binnekort net so herhaal word as iets wat by ‘n ander plek gebeur het. Oor ‘n jaar of twee pop die berig weer op as iets wat by KFC, Spur of watter plek ook al gebeur het. Ignoreer asb.

Kryger ·

@Realis – indien die insident nie gebeur het, nie onlangs plaas gevind het of nie by Wimpie nie, sou die eienaar dit wyd verkondig het.
Op kring televisie kon hy sien hoe hulle die klient uitlag. Hy sou ook sien dat daar ‘n insident was wat nie na hom verwys was nie. Hoekom word dit nie genoem in sy antwooed nie?

Leser ·

Whatever “Realis”! Waar of de not, Wimpy sien my nie weer nie…net ingeval. En glo my, ek is nie die enigste een wat so dink nie.

Wel 'n realis ·

neewat ‘n gewone couple wat geen finansiele of ander voordeel hieruit gekry het nie het GEEN rede om te jok nie. Jy eet ‘n burger, dit stink, jy vra die kelner, hulle begin jou uitlag, hulle weier om die bestuurder se naam te gee, hulle weier om enige aandag aan die saak te gee en hy kom agter dat hulle in hulle taal se “hulle het ‘n witman uitgevang”. Neewat realis jy is nie nou realisties nie, hierdie paartjie het NIKS gehad om te wen nie, waarvoor ‘n storie opmaak? Jy kan nie die bewyse indien nie, soos ‘n kommentator al hier gese het sodra jy die kos by die deur uitneem kon JY dit self besmet het en is niks meer geloofwaardig nie. Wie roep jy om daar en dan ‘n ondersoek te kom doen? Neewat .. die dinge gebeur en mense dink ons wittes is fools .. no more!

Jannie ·

Dis nie so seer die kitskos wat verkoop word wat die probleem is nie,dis die personeel wat by sulke plekke werk wat die probleem is.Daar word soos almal weet die laaste 20 jaar erg teen blanke mense gediskrimeneer asv die apartyds era en nou ontgeld blankes dit vandag.Oral word daar n rasse voorval van enige geval gemaak waar wit teen swart iets doen maar as dit swart teen wit is is daar niks mee fout nie…..die werkers by enige tipe besigheid gebeur die dinge wat nou by die wimpy gebeur het…..dis n daaglikse ding die,ek het sondag oggend by ons dorp se wimpy gaan eet en baie goeie diens en vriendelike personeel daar gekry,ons het mekaar met respek bahandel,so dis nie almal wat hier skuldig is nie,maar wel sommige personeel by besighede.

ASHLEY ·

Ek is so hartseer om te se my Wimpy eet dae is ook verby. Julle kon die video opname geplaas het sodat ons julle ondersoek kan “glo”, julle verloor baie deur my wat ontrek. My familie van 8 eet elke naweek by Wimpy en ons sal nou nie weer ons voete daar sit nie!

Conrad ·

Wat my die meeste van alles pla, is die woorde: ‘Ons het n wit man gevang”.

Johannes ·

Ek dink nie hierdie is fopnuus nie. Fopnuus word naamloos of onder ‘n vals naam versprei. Hierdie man is billik ontstoke en staan by dit wat hy beweer.

LOL ·

Mnr Klippie, Is jy seker jy is nie dalk lus vir ‘n Wimpy Breakfals Bowels nie?

Stormrider ·

Ek wonder net watse bewysse sou nog oorbly later die middag? Hoe moeilik is dit vir die personeel om van enige bewysse ontslae te raak? Het die eienaar ‘n wetenskaplik-gebasseerde inspeksie uitgevoer, of het hy bloot sy gevolgtrekkings gemaak gebasseer op gesprekke met sy bestuurders? Is daar kring-televisie in die kombuis wat ‘n beeld van genoegsame kwaliteit het om te bewys dat daar nie gepeuter is nie? Dit kom alles terug na integriteit en respek vir ander mense. In die afwesigheid daarvan kan mens geen kanse vat waar iemand jou spyse voorberei sonder dat jy teenwoordig is nie.

PASO ·

ASSEBLIEF LEES DIE VOLGENDE!!!

Ek het vriende gemaak met n gewese bestuurder van Fish Aways, wat ook by n verskeidenheid ander restaurante gewerk het. Sy het met my gedeel dat indien “witmense” kla oor die kos, dit terug stuur vir opwarming of nie “tip” nie, hulle die persoon teiken en die volgende keer as hy daar eet sy kos “besmet” op die vieslikste wyses wat julle kan indink.

Sy het ook gese dat almal daarvan weet, bestuurders ingesluit, en dit vir hulle aan die orde van die dag was om die witmense te teiken. Sy het gese dat meeste kitskos restaurante dit doen waar daar swart bestuurders is.

Bly by die huis en eet julle eie kos, Spur is rasisties, Wimpy en Fish Aways mors met jou kos…

pinkie ·

Ons was 2 jaar terug in Wimpy in Margate en my man het ‘n snaakse slymsel in sy wafel se roomys gesien dryf. Ons wonder vandag nog wat presies dit was…

Anne ·

PASO , ek stem saam met jou , eet by die huis dis die veiligste !

Hendrik ·

Mense begin dan julle eie eetplekke waar jy kan vertrou. Hoe lyk dit? Dit lyk of franchises se tyd aan die verby is en dat in hierdie franchises gedwing word om personeel aan te stel volgens die demografie van die land.

Linda ·

Ek is heeltemal enkel en verkies om by Wimpy in Princess Crossing te gaan sit en eet en goeie behandeling te ontvang. Om vir een mens by jou huis kos te maak is nie dieselfde nie !

R N ·

Voor mense sulke aantyging op sosiale media laai, maak seker jy het bewyse om jou aantyging te staaf. Sit jou selfoon op record, al kan jy nie self afneem nie, gesprekke is netso goeie bewysstuk, krap van wat jy ookal suspisieus vind op ‘n servet en sit dit weg. Skop dan ‘n bohaai op, soos die madam met die’ mandjie’, laat mense maar vir jou kyk. Dit kan jou later help in jou saak. As jy nie bewyse het nie is dit ongelukkig jou woord teen hulle s’n. Die eienaar gaan hom by sy besigheid en werkers skaar en hulle verdedig. En wie ookal skuldig mog wees het seer sekerlik die bewyse vernietig en swyg nou soos die graf, sweer hoog en laag daar was nie ‘n voorval nie.

JamesBond ·

Mense, ek geniet ‘n Wimpy ontbyt en ek geniet ‘n Wimpy koffie. As julle kwansuis a lankal nie meer by enige eetplek eet nie, dan is dit julle probleem. Siestog. Ek ondersteun plaaslike besighede. En tot en met daar genoegsame bewyse is dat daar wel ontlasting in die kos is, al ek voortgaan om daar te eet.

E.K. die eerste ·

Ek sou sê as mens enige klagte van watter aard ookal aan ‘n bestuurder/personeel bring – meeste selfone het mos ‘n videofunksie of selfs net opneem van gesprekke, neem dit dan op! Jy skakel vooraf jou foon aan voor jy hul konfronteer en al hou jy dit skeef dat hul nie mooi kan sien jy neem op nie, dan het jy mos bewyse van wat gesê is of gebeur het. Selfs al is dit in ‘n ander taal dan kan dit vertaal word. Ek reken dis die enigste manier deesdae om klagtes aanhangig te maak.

Antoinette ·

Daar was verl;ede jaar ‘n inskrywing van ‘n persoon wat beweer het hy/sy het ‘n veldtog begin waarin werkers van kitskosplekke en die Spur aangemoedig word om ontlasting, semen, spoeg en ander aaklige goed in blankes se kos te plaas. Daar was ook gespog dat die “baie goed” met die veldtog gaan. Ek het nogal heftig daarop gereageer. Jammer, ek se nie wat by die betrokke Wimpy gebeur het is waar nie, maar ek stel voor dat alle eetplekke kameras in hulle kombuise plaas. Ek dink die eienaars/bestuurders sal hewig geskok wees. Ek het self eendag vanwaar ek gesit het direk in die kombuis kon kyk en gesien hoedat slaai met die kaal hand uit die bak en in die borde geskep word.

Oujongvrou ·

En nou sê die personeel met die ondersoeke “nee meneer ons peuter nie met die kos nie” of verwag hulle dat hulle gaan sê ” Ja meneer,ons het met die kos van die witman gepeuter” Belaglike spul.

Klag geignoreer ·

Ek het ‘n klag by Wimpy gele na een van hulle vragmotors ver bo normale spoed gejaag het en my van die pad af probeer druk het omdat ek normale spoed ry. Wimpy het nie eers reageer nie.

Israel ·

Ek hou nie van n Wimpy nie dis vir my n naar plek, my seun het n graad in hotelbestuur, hy sê as ons weet wat agter in kombuise aangaan sal ons net bottel water drink, ek het eendag by n plek in Knysna geeët , die waiter se naels was septies vuil, onder die skoon borde het stukke kos gesit, tussen die vurk se tande was kos , en ja dis n baie baie gewilde plek,dit is n feit dat as jy moeilik is oor jou kos en dit terug stuur die kanse sterk is dat hulle dit sal bemors, as ek oorsee gaan en ek kyk hoe die waiters daar opgelei is , dan maak dit net sin om in afrika by jou huis te eet

Like-my-wimpy ·

Ons het die oulikste wimpy in Centurion (Jean avenue). Hulle is blits vinnig, ongelooflik vriendelik en lewer verniet by ons kantoor af.

Gerhard ·

Ek het jare terug ‘n jong man geken wat saam met my gewerk het, toe ek ook nog jonk was ;-) Ek het altyd opgelet dat hy nooit kos koop nie. Ek vra hom toe waarom hy nooit kos koop nie? Hy vertel my toe dat hy in baie restaurante gewerk het en as jy eers gesien het wat mense met jou kos doen sal jy nooit ooit weer uiteet nie. Nou ja ek reken dat as jy weet daar ‘n swak gesindheid tussen die groep wat die kos maak en die groep wat dit koop is dan is jy onrealisties om te dink dat sulke goed nie gebeur nie.

ANTON STROEBEL ·

Dit is regtig walglik as dit gebeur het ,maar as dit nie gebeur het nie sal ek as eienaar van die Wimpy die beeldmateriaal of facebook sit sodat almal kan sien van waar die man die kos gemaak is in die kombuis tot waar dit bedien is en waar hy die klient op kamera wys daar is fout met sy kos, Vra egter eers vir die klant se toestemming op skrif om dit te doen en as hy weier sal die mense mos weet dit is ‘n lieg storie. Partymaal is daar ‘n baie maklike manier om sulke probleme op te los en as dit wel gebeur het fire die werknemers wat betrokke is en gee die klant ‘n hele paar gratis etes, die eienaar van enige besigheid sal nie toelaat dat daar ‘n bespotting van sy besigheid gemaak word nie of dit nou die werknemers is of klante is.

GM ·

Anton, jy verskaf goeie raad. Maar op die punt waar gratis etes verskaf moet word, indien dié storie waar is – ek dink ek sou dan maar eerder verbygehou het ?

Lizl ·

Daardie Wimpy lewer al jare lank swak diens. Was daar in 2014, en ons het besluit ons sal nooit weer soontoe gaan nie. Hulle waiters is arrogant, onbeskof en treurig. Management skitter in afwesigheid. En as jy kla, voel hulle absoluut vere!
Dalk moet die eienaar meer by sy restaurant wees. Dan sal sulke goed nie gebeur nie

Melhel ·

Ek het by n franchise gewerk jare terug as waiter op die N1(letwel nie wimpy). Eendag val n gaar eier op die grond, eienaar loop verby en se tel op dis geld wat daar le. Kombuis personeel tel toe maar op en gooi die eier terug in die bord wat moet uitgaan na klient. Scary wat in sulke kombuise gebeur.

Dereck Le Roux ·

Dis nie te se dat daar geen bewyse was dat daar met die kos gepeuter was dat die insident nie gebeur het nie, daar is nie 24/7 ‘n gesondheidsinspekteur of die eienaar aan diens nie en die feit dat die personeel alles ontken beteken nie dat hulle geloofwaardig is nie, hulle skerm vir mekaar en beskerm mekaar teen sulke aantygings maar as die eienaar van die franchise homself wil tevrede stel stel ‘n onafhanklike poligraafis aan en laat die hele spulletjie onderwerp word aan ‘n leuenverklikker toets.

E.K. die eerste ·

Ek wil ook net sê al is daar orals kameras kan dit onmoontlik nie elke liewe ding afneem. Onthou personeel is baie BEWUS van die kameras en sal, indien hul sulke vieslikhede doen, dit op so manier doen waar dit nie gesien/op kamera sal wees nie. Weereens ek bly nog altyd weg van sulke plekke, as ek sien iemand bring ‘n bord kos na my en sy duime is amper in die bord terwyl hy dit dra…nee gits, ek ly liefs honger!

Boet Fasie ·

Dit was maar seker een van die specials. of ‘ n farmhouse breakfast wat ruik na regte plaas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.