Winde kondig Kaapse kabinet aan

Die nuwe kabinet. (Foto: ANA)

Alan Winde, die nuutverkose premier van die Wes-Kaap, het Donderdag sy nuwe kabinet aangekondig wat almal ingestem het om hulle aan ’n leefstyloudit te onderwerp as deel van die premier se onderneming om ’n standaard teen korrupsie in dié provinsie op te stel.

“Ek is bly om vandag my kabinetspan aan te kondig wat saam met my sal werk tydens my ampstermyn om die visie wat ons aan die inwoners van die Wes-Kaap voorgelê het, uit te voer,” het hy gesê.

Volgens Winde het sy span ingestem tot ʼn leefstyloudit omdat hulle as openbare verteenwoordigers die hoogste standaard van integriteit behoort te handhaaf. Dié oudits sal dus nou en aan die einde van sy ampstermyn uitgevoer word, het die premier verduidelik.

Winde het tydens sy inhuldiging gesê hy beoog ook om departemente in die Wes-Kaap te verminder. Hierdie veranderinge sal in die komende maande geskied na aanleiding van ’n hersieningsproses, wat ministers en amptenare insluit. Winde sê dít sal verseker dat die regering meer vir die provinsie se inwoners kan doen met die openbare geld wat aan hom toevertrou word.

Winde se kabinet sluit Albert Fritz in wat as LUR vir gemeenskapsveiligheid aangestel is. Fritz oorhandig die rol van maatskaplike ontwikkeling aan Sharna Fernandez. Bonginkosi Madikizela skuif vanaf menslike nedersettings na vervoer en openbare werke, met Tertius Simmers wat as die nuwe LUR vir menslike nedersettings by Madikizela sal oorneem.

Ivan Meyer sal nou aan die stuur van die departement van landbou in die provinsie wees nadat hy vroeër LUR van die departement van finansies was. Debbie Schäfer behou haar amp as LUR vir onderwys saam met Nomafrench Mbombo wat vir die tweede termyn vir die departement van gesondheid in provinsie verantwoordelik sal wees.

Anroux Marais het ook haar posisie as LUR van sport en ontspanning behou saam met Anton Bredell wat by die departement van plaaslike regering en beplanning aanbly. Donald Grant is aangestel as ’n spesiale adviseur vir die kantoor van die premier, terwyl David Maynier as LUR van finansies en ekonomiese geleenthede aangekondig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Genieve ·

Julle sien wat by Good gebeur het neem asb jou kabinet in ag Alan en werk saam.

jaco ·

Te veel wit kolle in die kabinet. en om te sê “ja maar baie is vroue” tel ook nie meer nie. regstellende aksie wette neem ras in ag OOK as na geslagsgelykheid gekyk word.

is die provinsiale demografie dan nie in ag geneem nie. die DA is dan ten gunste van regstellende aksie. Waarom is die premier n wit man? is daar dan GEEN bekwame kleurlinge en swartmense in die DA wat ook die pos kan vul nie?

Dié kabinet is n belediging vir al die kleurlinge en swartmense wat DA gestem het.

Wessie ·

Hoekom is kleur vir jou só groot issue?
Dat hy die beste ou vir die job is maak nou nie aan jou saak nie?
Kyk hoe lyk die ander provinsies waar nie-wit mense in beheer is.

Cindy ·

Daarsy….mag die Wilde Woeste Weste Winde,die Kaap begin mooi SKOONWAAÍ

aj ·

Winde weet waar die grootste gevaar lê vir die Weskaap …

…… oes waar jy nie gesaai het nie!

Rissiepit ·

Ek is glad nie ‘n DA aanhanger Jaco, maar dar is uit my oogpunt absoluut nix verkeerd met Winde kabinet inteendeel, nog meer in sy kleur so ook nie saak gemaak het nie. Kyk hoe lyk die ANC se kabinet, net CR se mense. So Allan se kabinet lyk goed geskommel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.