Winde van verandering in Wes-Kaap

Alan Winde

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het sy beleidsprioriteite vir sy ampstermyn van vyf jaar aangekondig.

Hy het in Kaapstad gesê daar is ʼn paar kwessies waaroor hy baie sterk voel. Dit is werksgeleenthede, vervoerkwessies en gemeenskapsveiligheid, en daarom het hy dus besluit om spesifieke doelwitte te stel waaroor die provinsiale ministers wat met die portefeuljes toevertrou word, gereelde verslae moet opstel om hul vordering te meet.

Winde het oudminister Donald Grant as spesiale adviseur in sy kantoor aangestel met die uitsluitlike doel om die tasbare vordering op daardie vlak te meet.

“Die premierskantoor sal ook ʼn ekonomiese operasionele sentrum huisves om die uitdagings te takel wat ondervind word om sake-ondernemings in ons provinsie te laat groei, insluitende in gebiede waar daar nie tans soveel sakegeleenthede is nie,” het Winde onderneem.

“Hul eerste taak sal wees om rompslomp uit te skakel wat die private sektor en private beleggers verhoed om ons groeidoelwitte, doelwitte met werksgeleenthede en beleggingsmoontlikhede te haal.”

ʼn Verdere program wat uit die premierskantoor bestuur sal word fokus op ʼn regstreekse poging om binne die provinsiale staatsdiens ʼn kultuurverandering te skep en innovering in die hand te werk.

Winde se doel is om die Wes-Kaapse regering ʼn gesogte werksplek te maak sodat die regte vaardighede aangetrek kan word om beter dienslewering te verseker.

“Ek glo dat, as ons ons personeel reg hanteer, hulle ons landsburgers reg sal hanteer. Om te verseker dat ons ʼn oopkop-administrasie is, sal alle ministeriële kantore in Kaapstad elke eerste Donderdagaand van die maand oop wees sodat die publiek met ministers kan kom gesels,” aldus Winde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

KrokodilBotha ·

Second thoughts, never mind. Your party will still lose support whatever your promises is.

kolla ·

Korrek. Dis ook geen wonder hoekom Lesufi Engels wil bevorder onder Afrikaners nie. Die standaard moet definitief verhoog word.

kolla ·

Hou net aan met die goeie regering in die Wes-Kaap, dis hoekom ons hier vir julle stem. Verhoog die belasting van die ondankbares wat oorgeloop het na die VF+

pit ·

Ek hoop nie die wit populasie word uitgesluit met werk, taal en
alle ander beloftes nie soos wat die laaste paar jare die neiging was vanaf die DA regering .

kolla ·

Verhoog net die belastings van VF+ lede in die Wes-Kaap. Maak dit onaangenaam vir hulle hier sodat hulle Orania toe kan trek.

jaco ·

was daar regtig GEEN kleurling of swarte in die DA wat ook premier kon wees nie? Waarom nou n wit man? Die DA weet tog sekerlik watse gevolge dit gaan hê. het hulle dan NIKS uit die drama met Trollip in Nelson Mandelabaai geleer nie?
Die DA is dan SELF ten gunste van regstellende aksie en BEE. Ek sien nie juis dat Winde in die verlede benadeel was of nou economic empowerment benodig nie.

Dirk ·

Die Winde van verandering in die DA se weskaap is n toonbeeld van bevoegde administrasie waaroor die ANC/eff erg ongelukkig en jaloers op is. Die ANC/eff het reeds die DA beheerde provinsie geteiken en gaan hulle aanslag versterk om die Winde van verandering te probeer stuit deur te probeer om die provinsie onregeerbaar te maak! Ten minste geniet die DA darem die steun van die sogenaamde kleiner partye, daar doer in die weskaap!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.