Winde verwelkom ondersoek oor Overstrand

Alan Winde (Foto: Courtney Africa/ANA)

Alan Winde, wat binnekort as premier van die Wes-Kaap aangewys sal word, het Maandag ʼn kennisgewing van die polisie se ombudsman verwelkom dat hy polisiebedrywighede in die Overstrand-gebied sal ondersoek.

Dit kom ná die polisiestasies in Gansbaai, Hermanus, Kleinmond en Stanford glo nie in staat is om hul grondwetlike mandaat uit te voer nie, weens ʼn gebrek aan hulpbronne. “Polisiëring is ʼn nasionale mandaat en die minister van polisie, Bheki Cele, moet seker maak dat stasies al die betrokke hulpbronne beskikbaar het wat hulle vereis,” het Winde gesê. “Ons het verskeie klagtes van inwoners ontvang oor die toestand van dienslewering in die gebied en hoe daar nie enige reaksie is op hul klagtes nie.”

Volgens Winde word die ondersoek gedoen kragtens die oorsigtelike meganismes wat die Wes-Kaapse regering in plek gestel het om nasionale polisiedienste te monitor. Dit sluit die kantoor van die polisie se provinsiale ombudsman in wat die Wes-Kaapse regering ingestel het.

Die provinsiale regering het op 27 April ʼn interregeringsdispuut met die ANC-geleide nasionale regering verklaar oor sy versuim om die provinsie se polisiëringsbehoeftes en prioriteite (PnP) te takel. Wind het gesê die Wes-Kaapse regering het tot dusver nie enige gepaste reaksie van minister Cele ontvang nie en hy het nou minder as ʼn week oor om te reageer. “ʼn Gebrek aan hulpbronne in die polisie bly kommerwekkend hoog. Die provinsie het een beampte vir elke 509 inwoners. Kaapstad is nog erger – 1:560. Die nasionale gemiddeld is 1:375,” het Winde bygevoeg.

“Dit beteken die provinsie het ʼn bykomende 4 500 beamptes nodig om te voldoen aan die nasionale gemiddeld. Dit is veragtelik dat minister Cele en die nasionale ANC-regering steeds versuim om die polisiëringskrisis in die provinsie te pak.”

Diegene wat insette wil lewer kan die polisie se ombudsman kontak by 021 483 0669 of stuur ʼn e-pos aan [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Boerboel ·

n’ Polisieman het my vertel dat daar jaarliks meer as 10 000 lede bedank. So die Polisie kan net sowat 7000 oplei per jaar maw. daar is meer wat bedank as wat vervang word. So die kans dat hy 4500 polise beamptes gaan kry is baie skraal. Daar is tans reeds n’ tekort van 60 000 lede landwyd.

Eben P ·

Die verkiesing is verby nou gaan hoedjie cele net terug sit… niks gaan daarvan kom.

aj ·

Privatiseer polisiëring in die Weskaap!

Die ANC regering sal SWAK VERTOON teenoor die Weskaap regering as lg. misdaad suksesvol bestry.

Verwag eerder dat die ANC regering misdaad sal aanstook om die Weskaap regering se misdaadbestryding sukses te ondermyn!

DA BO ·

Alan Winde ek hoop jy kry iets uitgerig met die treurige spul. Cele is die slegste van die hele lot. Dis hoekom die poisie so verval het.

Pieter Schoombee ·

Verval die polisie wel, maar die oneerlike onderbediening van die Wes-Kaap is politieke magsmisbruik deur die ANC.

Andre ·

En nou sit Hermanus met duisende onwettige grondbesetters op privaatbeleggers se eiendom , miljoene rande se infrastruktuurverliese ,werksverliese ,besighede wat sluit en niks word daaromtrent gedoen nie

sandra ·

Gaan daar ook dan iets gebeur met die perlemoen stropers op Pearly beach en Gansbaai? Hulle loop vryelik op die dorp en in strate rond sonder vrees van vervolging.

Ek stem dat Weskaap moet afstig en eie staat vorm.

Willie ·

As die statestiek bo waar is, is daar dan nou baie krimenele op straat wat ietwat opgelei is…
Dis eindelik skokend…

Attie. ·

Kapenaars, die DA daar by julle het daar gekom met die Afrikaanse en Afrikaanssprekendes se hulp. Stem almal in 2024 DA maar by nasionaal vra ek dat julle VF+ stem. Koester jul provinsie en stig af van SA. Dan kan julle jul eie polisie en staatsdiens aanstel wat uit jul eie geledere kom. Jul kan dalk ook die Noordkaap saamneem. Dink net, ontslae van Cele en sy bende. Dit klink baie goed en is prakties haalbaar. Dan sal ek beslis trek Kaap toe.

Attie. ·

Met Alan Winde as premier kan die Kapenaars uitsien na ‘n Eerste Wêreld woonomgewing wat net deur vreemde werklose plakkers ontwrig kan word. By Hermanus het die Ooskaap se inwoners die gaos veroorsaak. Ons hier in die Noorde stry nog oor wat ons moet stem maar dit lyk of die VF+ die regte keuse is. Die probleem is net dat hier geheel en al net te veel mense is.

Ouma van ·

Dis nie net in die Weskaap nie. My 2 kleinseuns wou by die polisie aansluit maar het uieindelik na hulle ‘n 3de keer by Kempton Park polisiestasie weggewys met die antwoord dat hulle nie weet wanneer aansoeke vir nuwe rekrute opmaak nie, maar besluit het om sekuriteitskursusse te volg en liewer hulle loopbane in daardie rigting te stuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.