Niveshen Govender, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Windenergievereniging, was Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, se spesiale gas by sy 27ste Energy Digicon.
In ʼn provinsie met wind in oorvloed is die benutting van hierdie hernubare energiebron van kardinale belang en bied dit geweldige geleenthede.
Met 36 projekte wat reeds aan die gang is en ʼn geïnstalleerde kapasiteit van 3442 MW opwek, is die windenergiesektor besig om stewig in die land se kragstelsel verskans te raak.
Volgens Govender is windenergie tans verantwoordelik vir die grootste deel van hernubare energietegnologie in die energiemengsel.
“Dit is die ekwivalent van die krag van meer as 3 miljoen huishoudings landwyd,” sê hy.
“Oor die volgende sewe jaar word verwag dat windenergie ʼn bykomende 14G W tot die land se kragstelsel sal bydra.
“So belangrik as wat hierdie bron van alternatiewe energie in Suid-Afrika en die Wes-Kaap se strewe is om die kragopwekkingsleemte te vul en die oorgang na skoon energie ʼn hupstoot te gee, so is sy werkskeppingspotensiaal ook.
Govender het beklemtoon dat die sektor byna 23 000 werkgeleenthede geskep het in die konstruksiebedryf en instandhouding van windplase regoor die land.
“Dit sluit nie in die werkgeleenthede wat geskep word in projek-ontwikkeling, finansiering, konsultasie en ander loopbane wat sentraal is tot die ontwikkeling van hernubare energieprojekte nie.”
Winde sê verdere benutting van windkrag bied die provinsie heelwat geleenthede.
“Die ontwikkeling van die vaardighede wat nodig is om hierdie sektor ten volle te benut is dus van kardinale belang. Deur inisiatiewe soos die premier se raad op vaardighede, teiken ons hierdie behoefte om meer vaardighede in die sfeer van hernubare energie te ontwikkel.
“Deur dit te doen kan ons help om meer werkgeleenthede in hierdie opwindende sektor te skep, terwyl ons terselfdertyd by ons verbintenis tot hernubare energie hou.”
Hier in die Wes-Kaap berei ons voor vir ‘n lewe sonder Suid-Afrika. Ons kan en ons gaan!
Alan Winde se winde waai anders oor die lewe sonder SA.
Dis pragtig.
Die wind turbines is vieslike onooglike goed in ‘n andersins pragtige landskap.
Wind turbines is ook verantwoordelik vir die dood van baie voels. Min of geen impak studies voor voels se vlugroets word deesdae gemaak nie. Alles gaan net oor geld in die eienaars en kotrakteurs se sake.
Ry maar net verby en moenie kyk nie. Dit is goed vir ons .
Ons gebruik ons gratis energie, wind,son en water bronne te min in SA.
Een streek wat darem vooruit beplan. Iets wat cANCer nog moet leer – op die harde manier!
Die DA as ‘n Suid-Afrikaanse party het ‘n massiewe fout begaan on by Biden te gaan skinder en hul soos die beherende party te gedra en ook met Zelensky te verenig. Die party is nou in ‘n godsdienstige geveg geknoop en sal sy einde sien in 2024. Sad maar so.