Windskermklipgooier kry 10 jaar tronkstraf

Argieffoto

ʼn 27-jarige man is vandeesweek in die Durban-streekhof gevonnis nadat hy in Februarie vanjaar ʼn motor vanaf ʼn brug met ʼn klip gegooi het.

Kol. Thembeka Mbhele, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Vrydag gesê die man, Nkosinathi Mthalane, is tot tien jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van opsetlike saakbeskadiging.

“Die slagoffer het op 17 Februarie omstreeks 06:45 in sy VW Polo op die N3-snelweg gery. Hy was naby die Tollgate-brug toe hy ʼn onbekende man op die brug opgemerk het. Hy was by die brug toe hy ʼn harde geluid gehoor het,” het Mbhele gesê.

“Hy het besef sy windskerm is stukkend gegooi en het dadelik sy voertuig gestop. Die slagoffer en van sy passasiers het die verdagte sien weghardloop en hom agternagesit. Hulle kon daarin slaag om die man aan te keer.”

Die Mayville-polisie is ontbied en het die saak ondersoek.

“Met nadere ondersoek is daar vasgestel dat die beskuldigde verbind is met twee ander klipgooivoorvalle wat by die Mayville-polisie aangemeld is. Hy het sedertdien verskeie kere in die hof verskyn voor hy Donderdag gevonnis is,” het Mbhele bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Andre ·

Hy wou beskaafde mense beseer of vermoor om hulle te roof, maar dis opsetlike saakbeskadiging? Ons sogenaamde regstelsel. Hy stem beslis weer ANC volgende jaar vanuit die tronk.

willie ·

Andre verseker was dit poging tot moord! Hy moes lewenslank gekry het! Dubbel standaarde!

HP ·

En hy kry minder jare vir 3 misdade as die doodskis video. Dit is n aktiewe poging wat tot die dood kan lei…….

Appel teen hierdie fonnis asb!

Ann ·

Dan wonder die anc hoekom blankes nie wil saamwerk in ‘n bestel wat slegs hulle party bevoordeel

thinus ·

Presies, wys hoe min die SAPD va vandag weet/waartoe hul instaat is.
maar Snoefie sal seker nie saamstem nie.

Selfbeskikking ·

Die tipe dinge gebeur nerens anders in die wereld nie. Wat het geword van daardie gevalle waar mense dood is, ook in kzn as ek reg onthou? Die land en ANC is die bose, ons moet skei. Ons kan nie meer in hierdie anargie leef nie en moet onderhandel vir ons eie land voor ons als verloor.

Liz ·

So ruk terug in die USA het drie blanke seuns lewens lange tronk straf gekry vir presies dieselfde oortreding. Een van die kinders het nie eers die cinderblock gegooi nie maar as medepligtige gaan hy saam sit. DIT is mos geregtigheid.

Carl ·

Mooi man!! Tien jaar is reg so. Julle ouens wat hom gevang het, baie geluk.

LB ·

Dit is goeie nuus dat die niksnuts gevang en gevonnis is! Nou wag ek om te hoor van die talle paaie wat verspêr word en motoriste met klippe bestook word elke dag van die week vir afgelope paar maande, wie gaan die klomp aankeer of wag hulle vir een ou wat te vêr gedryf gaan word en wie dan verhoor sal word vir sy daad? Dit is onaanvaarbaar dat selfs snelweë ‘n oorlogsone is van sogenaamde protesoptredes. Hierdie is blote politiekery en misdaad na ‘n sinistere einddoel.

MANIE ·

Die wetteloosheid in die land het begin toe die doodstraf afgeskaf is. Kyk maar in Botswana daar is respek vir jou medemens omdat die staat nie aan die neus rondgelei word deur kriminele

Cherokee ·

Maroela, julle het mos ‘n afdeling genaamd ‘Goeie Goed’. Hierdie berig kan gerus daaronder sorteer.
Ek ry byna daagliks onderdeur daardie “Tollgate’ oorweg (soos ook twee ure gelede) en enkele jare gelede, toe ek enkele sekondes van onderdeur ry was, het mense iemand van bo gegooi. Arms en bene het reg voor my kar wanhopig geswaai en ek wat in die linkerbaan was (en geluk bo geluk ‘n skoon regterbaan, het reg geswaai en die liggaam het my kar met duime (nie sentimeters maar duime – miskien 12 of 18 daarvan) gemis. My uitswaai en terugswaai na my baan was ‘n stewige afstand en toe ek terugkyk was daar hope karre wat stil gehou het. Ek is steeds spyt dat ek nie terug geloop het en gekyk het wat aangegaan het nie. Die liggaam het gehop reg voor my kar. Ek dink nie ‘n mens se liggaam sal hop nie. Ek het impulsief besluit om aan te hou ry. Miskien was dit ‘n pop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.