Winkel buite Malamulele afgebrand

'n Gebou by 'n hoërskool in Malamulele is Maandagaand, 2 Februarie 2015 moontlik aan die brand gesteek Foto: Twitter

‘n Gebou by ‘n hoërskool in Malamulele is Maandagaand, 2 Februarie 2015 moontlik aan die brand gesteek Foto: Twitter

ʼn Winkel is Dinsdag buite Malamulelein Limpopo afgebrand nadat die persone glo daar wou inbreek.

“ʼn Onbekende aantal verdagtes wou by die winkel inbreek toe ʼn veiligheidswag hulle onderbreek het,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die veiligheidswag is met ʼn mes aangeval en die winkel is aan die brand gesteek.”

Een persoon is in hegtenis geneem in verband met die voorval.

Otto het gesê alhoewel die winkel buite Malamulele geleë is, hou die voorval na verwagting nie verband met die betogings in Malamulele nie.

Malamulele is nou al vir vyf weke lank afgesny terwyl inwoners steeds hul eie munisipaliteit eis. Die betogings het al in Mei 2014 begin, maar ʼn maand gelede weer opgevlam. Vier skole is al sedert Januarie aan die brand gesteek.

Betogers het verlede week paaie versper en bande aan die brand gesteek nadat die Munisipale Afbakeningsraad aangekondig het dat Malamulele nie kwalifiseer vir sy eie munisipaliteit nie. Die inwoners voer aan die Thulamela-munispaliteit kanaliseer sy dienste na die Tshivenda-sprekende dele, eerder as hul eie Xitsonga-dele.

Lees alle vorige berigte oor Malamulele op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hennie B ·

Die kanalisering van dienste na die Venda sprekende inwoners in die munisipaliteit, is in baie opsigte die waarheid.
Indien jy as Tsonga sprekende aansoek doen vir werk in die munisipaliteit, word jou aansoek summier van die tafel gevee. Ongeag.
Dieselfde gebeur in die oorheersende Pedi sprekende munisipaliteite.
Dat praat ek nie eers van Afrikaans sprekendes nie.

Asjas ·

As hulle so aanhou gaan hulle een van die dae nie ‘n Munisipaliteit nodig he nie. Daar gaan niks oor wees om ‘n eie Munisipaliteit te regverdig nie. Dan wil ek nog verder gaan en se, self al kry hulle nou een gaan hulle dit seker ook afbrand …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.