Winkel by Centurion Mall beroof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Groep gewapende mans het Woensdagoggend op ʼn winkel by Centurion Mall in Gauteng toegeslaan en dit van nagenoeg R150 000 se elektroniese ware beroof.

Ao. Hero Gumbu, woordvoerder van die Lyttelton-polisie, het aan Maroela Media gesê ses mans het omstreeks 05:00, voor die sentrum vir die publiek oop was, twee veiligheidsbeampte oorweldig en aangerand toe hulle een van die toegangshekke oopgesluit het.

“Hulle het daarna ʼn klein deur oopgebreek en toegang tot die House and Home-winkel verkry,” het Gumbu gesê. “Hulle het agt televisiestelle gebuit en in twee voertuie van die toneel gevlug.”

Buiten die veiligheidswagte is niemand anders tydens die voorval beseer nie. Een van die wagte is na die Unitas-hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van besigheidsroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andre ·

Lyttelton polisie kry NOOIT die skelms nie. Ek twyfel of ooit een van die kameras werk. Onlangs is ook by ons kompleks ingebreek. Tot vandag toe het iets daarvan gekom nie. Pateties!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.