Winkel oornag in Jhb geplunder

Die polisie beheer die xenofobie in Durban se middestad (14 April 2015) Foto: @ECR_Newswatch, Twitter

Die polisie beheer die xenofobie in Durban se middestad (14 April 2015) Foto: @ECR_Newswatch, Twitter

ʼn Winkel is Woensdagnag in Malvern, Johannesburg, geplunder nadat skermutselinge die dag tussen buitelanders en plaaslike inwoners in die sentrale sakedistrik uitgebreek het.

Supt. Wayne Minnaar, polisiewoordvoerder, het gesê dit is nie duidelik of die winkel deur ʼn buitelander besit was nie. “Afgesien van die geplunderde winkel, was die sentrale sakedistrik gisteraand rustig,” het hy gesê.

Hy kon nie bewerings bevestig dat motors in Jeppestown met klippe bestook is nie. Twee groepe het bakstene na mekaar gegooi al langs Jeppestraat en winkeleienaars moes hul winkels sluit uit vrees vir moontlike plundering. Volgens Minnaar is niemand in hegtenis geneem nie.

Intussen is 74 mense teen Woensdag in hegtenis geneem weens geweld in KwaZulu-Natal, ná ʼn vlaag xenofobiese aanvalle in die provinsie oor die afgelope tyd waartydens verskeie buitelanders aangeval en hul winkels geplunder is. Die geweld, veral in die groter Durban-omgewing, het reeds die lewe van vyf mense sedert die begin van April geëis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pierre Celliers ·

Ja man, plunder alles wat julle kan! Julle sal geen teestand he nie, Lekkerrrr!!!
Terwyl julle plunder gooi sommer die karre wat verby kom met klippe, lekkerrrr!
Hoekom gooi julle klippe? O, sommer net om te sien en hoor hoe glas en goed breek,lekkerrrr man! En omdat niemand julle keer nie, ne? Lekkerrrrr om so vry te wees en doen wat jy wil sonder enige “probleme” van enigiemand. Vrye teuels….lekkerrrr man!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.