Winkelbestuurder duik vermeende rower plat

(Argieffoto: Bill Oxford/Unsplash)

ʼn Vermeende rower wat ʼn supermark in Rosedale in Kamesh in die Oos-Kaap wou beroof, het sy moses teëgekom nadat die winkelbestuurder hom platgeduik en in hegtenis geneem het.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die verdagte het omstreeks 10:00 die winkel in Bloekomboomstraat binnegekom, na ʼn werknemer gestap en die 44-jarige vrou in die nek gesteek.

ʼn Klant (31) wat haar te hulp probeer snel het, is in die bors gesteek.

“Die verdagte het oor die toonbank gespring en toe hy sukkel om die kasregister oop te maak, het die bestuurder hom geduik. Ander werkers het gehelp en die verdagte is in hegtenis geneem en met hul aankoms aan die polisie oorhandig,” sê Naidu.

Die twee mense wat beseer is, is na ʼn hospitaal vir behandeling geneem.

Die verdagte is aangehou op ʼn aanklag van poging tot ʼn sakerooftog en poging tot moord. Hy verskyn na verwagting Maandag in die Uitenhage-landdroshof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jr ·

Ja en in hierdie mal land gaan die winkel eienaar seker ondersoek vir “assault” LOL

Sarel ·

Laat die saak vinnig sy loop loop….geen borg
Wonder net ofcdie Winkelbestuurder vir aanranding
Azngeklz gazn word

Misky ·

Wel gedaan aan die winkelbestuurder en die brawe vrou wat die ander een gehelp het.

Di ·

Nee wat, more loop hierdie skurk alweer skotvry buite rond, verder besig om kriminele dade te pleeg.
Dis mos die land van melk en heuning, daarom miljoene onwettige immigrante hier is.

DIABLO ·

Bravo! Kom trek asseblief hierdie Kameelperd mishandelaars plat!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.