’n Beweerde winkeldief is dood nadat hy Maandag buite Lichtenburg in Noordwes gestenig en aan die brand gesteek is.
Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het gister omstreeks 07:45 ’n klagte van ’n sakeroof by ’n snoepwinkel in Barkerville ontvang. Luidens inligting ontvang het die winkeleienaar net die winkel oopgesluit toe verskeie verdagtes hom voorgekeer het.
Die verdagtes het die eienaar na bewering van selfone en kontant beroof voordat hulle in ’n wit Toyota Corolla op die vlug geslaan het.
Lede van die gemeenskap het die eienaar hoor skree waarna hulle die verdagtes agternagesit het.
Volgens Mokgwabone word daar in dié stadium beweer dat lede van die gemeenskap een van die verdagtes in die wegkommotor, wat nie ver daarvandaan geparkeer was, voorgekeer het. Hulle het hom toe met klippe bestook en aan die brand gesteek.
Die voorval is ook op kamera vasgevang en op sosialemediaplatforms versprei.
“Toe die polisie reageer op die klag van sakeroof en by die toneel opdaag, is hulle deur gewelddadige lede van die gemeenskap gekonfronteer wat die verdagtes se voertuig na bewering aan die brand gesteek het,” verduidelik Mokgwabone.
Twee van die verdagtes, onderskeidelik 37 en 46 jaar oud, is in hegtenis geneem. ’n Soektog na die ander verdagtes duur voort.
Volgens Mokgwabone is ’n afsonderlike saak van moord geopen en niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval van boendoegeweld veroordeel.
Sy het die publiek gewaarsku dat dit onwettig is om reg in eie hande te neem en dat voorvalle van dié aard nie geduld sal word nie.
“Die publiek moet verstaan en aanvaar dat hoewel ons hul steun nodig het in die stryd teen misdaad, die oppergesag van die reg altyd toegepas en gehoorsaam moet word. Om iemand se lewe te neem is ʼn kriminele daad en strafbaar met die wet. Die voorval van boendoegeweld wat Maandag in Bakerville plaasgevind het, kan nie toegelaat word nie,” het Motswenyane gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
As die publiek nie reg in eie hande neem nie vind daar geen reg plaas nie!
Mooi! Dis al hoe hierdie misdadigers gaan stop! Die publiek is al mooi keelvol.
Ek stem 110% saam gee die oortreder vir die publiek dat hul met hom werk
Hulle sien die polisie vat hulle tyd en as die oortreder gevang word, word hy ‘n dag later weer vrygelaat en moor of roof die volgende persoon… mens kan hulle nie eintlik kwalik neem as hulle reg in eie hande neem nie!!
Well gedaan aan die publiek mooi so