Winkeleienaar in sentrum-rooftog doodgeskiet

Daar was Maandagoggend ‘n gewapende rooftog in die Centurion-winkelsentrum (Foto: Yusuf Abramjee, Twitter)

ʼn Winkeleienaar is Maandagoggend tydens ʼn gewapende rooftog by ʼn juwelierswarewinkel in die Centurion-winkelsentrum doodgeskiet.

ʼn 55-jarige man, glo die eienaar van die juwelierswarewinkel, is tydens die rooftog noodlottig gewond.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 11:06 na die toneel ontbied.

“Die man is in die maag geskiet en het nie meer gereageer nie. Paramedici het hom probeer bybring, maar hy het ongelukkig op die toneel aan sy skietwond beswyk,” sê Herbst.

Die Tshwane-nooddienste en Emer-G-Med is ook na die toneel ontbied.

Meer inligting oor die voorval was nie dadelik bekend nie. Maroela Media het ook ʼn navraag aan die polisie gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anel ·

Dit is so onodig! En nog erger is die nuuskierigs wat die toneel vertrap het! Innive meegevoel aan die familie en vriende. Dit gaan ook nou meer gebeur want Kersfees is om die draai en die spul werkloses dink mos ons goed behoort aan hulle om net te vat.

Pierre ·

se lankal winkel sentrums moet metaal verklikkers by toegangs punte sit en streng beheer uit oefen.

Toy ·

So kan dit mos nou nie aangaan nie, die tyd van die jaar sal daar polisie sigbaar moet wees by winkels. Mens moet net nooit aanvaar dit is hoe dit gaan in ons land.

Anoniem ·

Polisie sigbaarheid is wat ons graag sal wil sien, maar dis onmoontlik om by elke winkelsentrum Polisielede ontplooi te hê. Die gebrek aan respek vir menselewens en morele waardes is wat aangespreek moet word en dit sal nie in ons leeftyd in SA gebeur nie, inteendeel ek twyfel sterk of dit ooit sal gebeur.

Harley Davidson ·

Waar is die polisie dan ,ek sien hulle nêrens nie.

battleaxe ·

Ons wat meer as ‘n jaar sonder werk is Sal dan mos ook moet vat wat ons kan! Gelukkig bly ek liewer sonder voordat ek iets vat wat nie myne is nie en veral ‘n lewe ???? slegte nuus.

Arendsoë ·

Dit is onaanvaarbaar dat die sekuriteit nie by alle winkel sentrums regoor ons land opgeskerp word nie. Veral vanaf September tot en met Februarie, sal ek voorstel om ekstra beveiliging in te stel.
So hartseer vir hoe daar nie genoegsame beskerming vir besigheids mense asook die publiek is nie.

anniekiewiet ·

Mag sy familie ook Troos van Bo kry in hierdie hartseer tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.